eBoeke op jou foon

 

Van papier en e-boeke na jou foon

2010-10-16 15:24 in Beeld

Deur Carolyn Meads

Byna die helfte van Suid-Afrika se huishoudings besit nie ’n enkele boek wat vir ontspanning gelees kan word nie, het die navorsingsmaatskappy TNS ’n jaar of vier gelede bevind. Maar sowat 90% van alle Suid-Afrikaners het volgens die Internasionale Telekommunikasie-unie ’n selfoon.

Bring dié twee werklikhede by mekaar uit en ’n nuwe verskynsel word gebore: die sogenaamde mobi-boek, oftewel die selfoon- of m-boek.

“Die jeug lees en skryf reeds op selfone en ons wou kyk of hulle aanklank by langer tekste op selfone sou vind,” sê Steve Vosloo van die Shuttleworth-stigting wat verlede jaar begin het met die boek-op-selfoonkonsep met die doel om ’n leeskultuur en geletterdheid te bevorder.

So kon lesers van September verlede jaar oor 21 dae die verhaal Kontax hoofstuk vir hoofstuk van ’n selfoonwebtuiste en van MXit, ’n sosiale kletsnetwerk, aflaai.

In Mei het die tweede verhaal in die reeks gevolg en is albei verhale al 34000 keer gelees. Met die sowat 4000 opmerkings van die lesers is die verhaal aangepas, ontwikkel en uitgebou.

Gaan loer gerus na die Shuttleworth-stigting se nuwe “aanlyn-biblioteek” van selfoonstories, genaamd Yoza. By http://www.yoza.mobi en op MXit kan jy elke dag nuwe hoofstukke van onder meer die liefdesverhaal Sisterz, die sportstorie Streetskillz en ’n storie oor groepdruk en MIV, Confessions of a Virgin Loser, lees.

Al wat jy nodig het, is ’n selfoon met internettoegang.

Kyk net wat het onder meer in Japan gebeur waar m-boeke al ’n paar jaar gewild is. Daar kan jy op selfoonwebtuistes soos MobaMingle ’n wye verskeidenheid boeke aflaai en op jou selfoon lees.

En jy kan jou eie verhale op so ’n webtuiste plaas.

Soms is daar pryse vir die gewildste stories en dit gebeur dikwels dat ’n gewilde m-verhaal in druk uitgegee word. So is vyf van die tien top-verkoperboeke in 2007 in dié land oorspronklik vir die selfoon geskryf.

In Suid-Afrika gebeur dit al hoe meer dat boeke wat eers in gedrukte vorm verskyn het nou digitaal en op selfone beskikbaar is, soos William Shakespeare se Macbeth en die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

Of die Bybel in m-vorm, wat volgens Bertus Preller van Christian Mobile en sy Cellbook-tegnologie al byna 500 000 keer (en heeltemal gratis) oor die wêreld heen afgelaai is.

Cellbook verkoop verskeie m-boeke wat in ’n meer volwasse smaak val, soos Paul Holden se Arms Deal in Your Pocket en Ligdans deur Jeanne Els. Al wat jy moet doen om Els se boek op jou selfoon te kry, is om die kode “cmld” per SMS na 31990 te stuur. Dit sal jou R40 kos.

En van die selfoon na die papierboek… Sam Wilson, die skrywer van Kontax, ondersoek die moontlikheid om sy m-verhale te laat druk, al beteken dit hy sal sy m-boeke vir die gedrukte weergawe moet uitbrei.

Die hoofstukke van sy mobi-boeke is tans net sowat 400 woorde lank.

“Jy kan nie woorde (vir ’n selfoon-verhaal) mors nie en jy moet jou lesers vasgevang hou. Ek gebruik baie raaisels en eindig elke hoofstuk op ’n hoë noot,” sê hy.

Maar die voordeel van korter skryf is dat hy elke woord oorweeg en só sy skryfvaardighede slyp.

M-boeke, meen hy, is ’n doeltreffende aanvulling by gedrukte boeke.

En omdat lesers die stories aanlyn kan bespreek, wek dit ’n gevoel van samehorigheid en skep so ’n lesersgemeenskap. Teen veel minder as wat (nuwe) papierboeke kos.

Aangesien Yoza ’n geborgde projek is, is die m-boeke in dié aanlyn-biblioteek gratis. Lesers betaal slegs datakoste vir selfoon-internetgebruik en ’n storie kan so min as ’n paar sent kos.

Karen Brooks se fantasieboek vir jong mense Emily and the Battle of the Veil is eers gedruk en daarna digitaal op MXit uitgereik. Die tweede boek in die reeks is gelyktydig op MXit en in gedrukte vorm gepubliseer. Op MXit betaal jy slegs R1 per hoofstuk (R23 vir die eerste boek), terwyl die gedrukte weergawe jou R113 sal kos.

Brooks skryf bewustelik vir selfoonskerms én papier en haar hoofstukke is daarom elk sowat 2000 woorde lank. Sowat 80000 lesers het al die Emily-hoofstukke teen R1 per hoofstuk afgelaai, sê Brooks.

En wat wonderlik is, is dat die “kinders (tydens haar besoeke aan skole) steeds vra waar hulle die gedrukte boeke in die Emily-reeks kan koop!”

Vir Fiona Snyckers, wat Sisterz vir Yoza skryf, beteken die “honderde opmerkings” by haar selfoonstories alles wat goed is vir die toekoms van lees en die boek in die land.

“Dit lyk of jong mense, as hulle stories op hul selfone kry, al hoe minder weerstand teen die lees van boeke het.”

En as hulle die m-boek geniet, begin hulle hopelik gedrukte boeke lees, sê sy.

En aankoop.

Carolyn Meads is ’n  vryskutjoernalis.

Een stad, drie rooikoppe, sewe dae

Een stad, drie rooikoppe, sewe dae

via Uittreksel: Een stad, drie rooikoppe, sewe dae | Maroela Media.

ʼn Dowwe slag tref die kar, so hard dat die sleutels skoon uit my hand ruk. Wat de…?

Nog ʼn slag. Hard en sag terselfdertyd, die geluid te gedemp vir die geweld van die impak. Pffutt.

En toe sien ek hom: ʼn groot man met reusebakore, so paar treë van die kar af. Wat met ʼn vuurwapen in sy hand na ons toe mik, en toe koel en kalm die derde skoot skiet.

Pffutt.

Ek weet nie wat toe gebeur het nie.

Mense sê dit altyd in die flieks, en dan dink jy hulle praat nonsens. Maar ek kan regtig nie vir jou sê presies hoe die volgende paar minute verloop het nie. Ek onthou dat die kar geruk het, weer, en toe weer. Ek het glas hoor spat en iemand het geskree. Hoog en histeries en aanhoudend. Op ʼn manier moes ek die sleutels in die hande gekry het, want toe ek weer sien, was ek besig om weg te jaag. Daar was swart rook soos die kar se wiele gespin het. Alles was baie stil, behalwe vir die bande wat skreeu, en die vrou wat gil, en daai dowwe slae. Die reuk van rubber was baie sterk. Rubber en nog iets anders.

Pffutt. Pffutt. Pffutt.

Ek dink ek was miskien die vrou wat so geskree het.

Instink is ʼn snaakse ding. Want toe ek weer sien, is ek alreeds op De Waal Drive, my gedagtes gefokus op net een ding. Ek moet huis toe. Ek wil lewe. Asseblief tog, ek wil lewe.

Ek kyk net voor my. Ek dink nie. Ek trap net daai petrol so hard as ek kan. Dit is baie belangrik dat ek nou net op die pad voor my fokus. Ek dink aan niks anders nie. Ek ry net.

Dis soos ʼn droom. Is dit ʼn droom?

Ek ry Heleen se kar teen 120 kilometer per uur om die draaie en ek sukkel om te sien, want daar’s trane in my oë. Dit neem my ʼn rukkie om te besef dis omdat die wind so in my geisg waai, want meeste van die kar se vensters is uitgeskiet. Of miskien is dit omdat ek so huil. Ek ry bietjie stadiger; probeer die geluide, wat ek nou seker is uit my eie keel kom, bedwing. Ek probeer asemhaal. Ek wil lewe.

Dis eers toe ek die gerusstellende, konkrete vieslikheid van Gardens-sentrum voor my sien dat ʼn mate van helderheid terugkeer.

Ek is lewendig. Ek het oorleef.

By die robot kyk ek af na my lyf, net om seker te maak. Daar is ʼn groot rooi kol op my wit T-hemp. Vir ʼn oomblik kan ek net daarna staar. Ek voel geen pyn nie. My vingers voel-voel aan my maag. Dit is nie seer nie. Is iets seer? Ek voel nie pyn nie.

En toe weet ek.

Lees verder hier.

Originally posted on Sholaajani's Blog:

In our search for dominance and relevance we risk irrelevance by dissipating energy fighting each other. Yes, we were created to dominate, but not each other. Dominate your space not your neighbour! It is this crisis of understanding that leads to under development in our society. Perpetuating the gap between the ruled and the rulers.

 To many, the yawning gap between the have and have not is a confirmation of societal status and superiority.

I say a rich man in the abundance of poverty is himself poor– when you amass all to yourself because you never ever want to be poor again…truth is you are still poor!

The fight between you and I is because we have been forced to scramble for crumbs, the crumbs will never increase, so let’s bake our own cake.

 In the midst of our difficult situations, there are abundant opportunities to come up with creative solutions…

View original 201 more words

Soos ‘n windpomp…

Maak ‘n windpomp nie deel van ons almal se herinnering uit nie?

Afrikaanse Windpomp Gauteng

flickrhivemind.net

Suid-Afrikaanse Windpomp

outdoorphoto.co.za

Soos ‘n Windpomp van Vreugde (Lizelle Faber)

‘n Dagboek vol afsprake, gespreksgeleenthede en verantwoordelikhede maak dat stil word en reflekteer, nie iets is wat sommer maklik en gereeld gebeur in my lewe nie ….. MAAR vandag, wel vandag het ek tyd uit oorlê.  Gewapen met ‘n lekker lang glas koue koeldrank, ‘n paar ou tydskrifte en ‘n kombers maak ek myself gemaklik onder die groot boom in ons tuin.

Die blare lê gestrooi op die gras, maar ek ignorer dit – nou gaan ek bietjie rus en ontspan.

Ek tel die eerste van die hopie tydskrifte op – Leef  – November 2008.  Ek kan tog nie so ver agter wees nie, ek glimlag vir my gedagtes en begin deur die boek blaai.  My oog vang die artikel van Lizette Murray getitel – Abba.  Heel onder aan die artikel lees ek die volgende:  “Op 4 Junie 2005 is Henri, die middelste van George en Lizette Murray se vyf seuns, in ‘n haai-aanval dood.  Hy was 22 jaar oud. Lizette deel haar reis in die volgende paar uitgawes”

In hierdie artikel skryf Lizette, hoe nuuskierig hul kinders is of soos George dit stel erflik belas met nuuskierigheid.  Hoe hulle twee dus Vroeg-vroeg die kinders in ‘n ruksak getel het en vanwaar hulle dus die hele wêreld rondom hulle rustig kon bekyk. Sy vertel in die storie dat op Pa se rug word die bangmaak wêreld van woeste honde en donker skaduwees, mak en vriendelik. 

Hierdie artikel raak aan my siel – Byna drie jaar nadat dit geplaas is en 6 jaar na Henri se dood, kom spreek God tot my siel deur hierdie artikel.  En ek besef God praat met my selfs deur artikels in ou tydskrifte.

En ek dink aan my eie verhaal, waar ek paaie moes stap van verwerping, seer, verliese, onsekerheid, alleenheid en gevaar.

Lizette skryf verder in haar artikel – “Tydens Henri se dankdiens in die NG Moederkerk op Stellenbosch sit ons gesin styf teen mekaar ….. Ek sien hoe ‘n sterk arm van ‘n broer om ‘n ander een se skouer gaan, of ek vol ‘n hand bo-oor my en George s’n.

In hierdie beelde wat sy beskryf onthou ek die mense in my lewe, wat sirkels kom vorm het, wat help vashou het, wat pleisters geplak het, ook aan my siel, toe my eie verhaal soos ‘n riller gelees het.  Lizette beskryf dit mooi:  “ek besef dat God ook medemense wil gebruik om ons rond te dra as ons nie self kan stap nie ……”

En daar tussen die blare op die gras, onder die groot boom in ons tuintjie sien ek ‘n stukkie van my lewe raak, ‘n legkaart stukkie wat in plek val.  Tussen al die seer – abba God my, dra Hy my in Sy rugsak deur die seer, na waar dit veilig is, en strategies op die regte plekke plaas Hy mense, mense om my te help, mense vir wie ek kan help en word hy ons – Abba Vader.

Lizette skryf dat die kerkbank waarin sy sit om afskeid te neem van haar kind, dieselfde bank is waar sy as klein dogtertjie gesit het, in die Sondagskool, en skryf sy “ondaks die oorweldigende pyn van hierdie saamwees, ervaar sy, nes kleintyd, God se teenwoordigheid”.

Aan die einde van die artikel – net so beskrywend, vertel sy toe Henri so om en by een jaar oud was, hulle as gesin betroke was by ‘n musiekblyspel.  Die ander kleingoed het rondgehardloop maar Henri het rustig en doodtevrede in die dra sak op haar rug gesit en na die jubel klanke om hulle geluister.   Sy skryf, sommer gou het hy opgewonde sy arms in die lug gegooi en uit volle bors saam met die koor “Halleluja” gesing!!!

Toe Henri, ongeveer drie jaar oud is, gaan kuier hulle as gesin by ouma-hulle in die Bloemfontein omgewing, en daar tussen ‘n klompie windpompe met draiende lemme, skop die klein mannetjie, wat agter op sy pa se rug sit, sy beentjie styf vas, gooi sy arms in die lug en skreeu ekstaties- Halleluja!!!!

Dit is Lizette se laaste woorde wat my seker die meeste raak:  Na sy dood het ek hierdie prentjie dikwels in my gedagtes herleef:  Henri in die veilige beskutting van die drasak op sy pa se rug – groot oog, sy gesig in verwondering gelig na die draaiende windpomp-arms.  Ek wil ook so in kinderlike vertroue op my Hemelse Vader se rug sit.  Ek wil ook jubelend “Halleluja” uitroep, al verstaan ek nie hoekom nie.  Ek wil die wêreld vanaf Sy rug dophou en uitsien na alles wat Hy vir my beplan.  Sorgloos – soos ‘n kind wat onwrikbaar glo sy pa weet die beste!

Ek besef weer, God het ‘n plan met elkeen van ons.  Hy plaas ons strategies op ‘n spesifieke paaie – in hierdie verhaal is ek geinspireer, het ek hoop geskep om verby die seer, uit te reik, God te ontdek en ‘n verskil te gaan maak, in die lewens om my na waarheen Hy my lei en om te lewe soos ‘n Windpomp van Vreugde – Halleluja!!!!

Gepubliseer deur Jan Venter 

‘n Aangrypende Afrikaanse eboek

Anchien Troskie: Afrikaanse skrywer 

Dis ek, Anna het onder Troskie se skuilnaam, Elbie Lötter, verskyn in 2004. Dié boek was in 2005 ontvanger van die Booksellers’ Choice-toekenning. Daar is reeds meer as 50 000 eksemplare van dié boek in Afrikaans verkoop. Laat ek myself voorstel: Ek is op 11 Julie 1968 in Virginia, ’n klein dorpie in die Vrystaat (GO Cheetahs!) gebore. Ná my ouers se egskeiding het ek en my ma na Bloemfontein verhuis, waar ek my laerskoolloopbaan voltooi het. Ek het in 1986 matrikuleer aan Höerskool Edenburg – met Kringe in ’n bos langs my. Op skool is gereeld ’n bohaai oor my opstelle gemaak, sodat ek myself in ’n stadium begin verbeel het dat ek ’n beroemde skrywer sal word! Ná matriek skryf ek by UOVS in vir ’n B.A in Kommunikasiekunde, maar skop op ná my tweede jaar omdat ek eerder met my skoolliefde wou trou. Ek en my man is nou negentien jaar getroud – en het twee pragtige kinders. Ons woon in die Oos-Kaap. Behalwe vir die algemene huiswerk hou ek my bedags besig met handwerk – scrapbooking, borduur, en brei. Snags skryf ek verbete in Afrikaans  uit die koudste kamer in die huis – niemand het kans gesien vir die koue vertrek nie, en nou noem ek dit met trots my “kantoor”. Ek is ’n doodgewone mens wat kan lag, huil, skinder en soms moet lieg. Ek haat enige vorm van huiswerk, ek haat dit as daar vir my gelieg word, haat rou vleis en is vrek bang vir slange. Ek word gou kwaad en is baie ongeduldig. Ek is lief vir wyn, maar darem liewer vir my man en kinders. Die reuk van ’n splinternuwe (of ou, for that matter) boek, die soutsmaak van die see, sagte deurdringende reën, koffie en pannekoek – is daar lekkerder? Een van my grootste vrese, en daar is baie, is dat ek nie genoeg tyd gaan hê om al die stories in my kop op papier te sien nie. Dis ek, Anchien Troskie, vrou vir my man, ma vir my kinders, huishoudster vir almal, finansiële bestuurder van die gesin, die kinders se gratis taxibestuurder en nou afrikaanse skrywer.

Bron: http://www.nb.co.za/authors/5759

Dis ek, Anna is beskryf as: “‘n Aangrypende afrikaanse boek en een waaroor die skoolhoof van ‘n plaaslike middestadse laerskool die wens uitgespreek het dat dit ‘n voorgeskrewe werk vir tieners kan word – sodat hulle kan leer om “nee” te sê. Afgesien van die intrinsieke waarde van die teks, is die eindbladsye ‘n indrukwekkende bonus. Die uitgewers het ‘n hoofstuk oor kindermolestering en hoe om dit te herken, ingesluit, asook voorstelle vir verdere leesstof en ‘n lys tolvrye hulpnommers. – Madeleine van Biljon, Die Burger Dis ek, Anna deur Elbie Lötter (‘n skuilnaam) vertel die ontroerende verhaal van ‘n jong vrou se traumatiese kinderjare, en hoe sy dit eindelik oorkom het. Dit is ‘n verhaal wat lesers diep geraak het. Lötter het slegs twee onderhoude toegestaan (aan Huisgenoot) en die tydskrif het na aanleiding hiervan verskeie briewe van die publiek ontvang, almal onderteken met die woorde: “Nog ‘n Anna”. Daar is al meer as 20 000 eksemplare van die boek verkoop en die vyfde druk is reeds afgelewer en op die rakke” Lees die volle artikel by:

Bron: http://www.oulitnet.co.za/newbooks/dis_ek.asp