In ‘n oogwink Afrikaanse eBoek

Afrikaanse eboek In n oogwink

Afrikaanse eboek In n oogwink

Die Afrikaanse eBoek: In ‘n oogwink

Sarah Harper sal enigiets doen om sukses te behaal. Sy staan nie vir enigiets of enigiemand terug nie. By die werk moet sy net eenvoudig bo uitkom; by die huis dryf sy haarself om ‘n superma te wees. Die pas waarteen sy leef is so vinnig soos die motor waarmee sy ry. Die lewe is bedoel om geleef te word, en Sarah Harper is daarop uit om alles uit die lewe te haal wat sy kan.
Vir haar kinders is Sarah so lief dat haar asem skoon wegslaan as sy daaraan dink. Sy het haar man ook baie lief, maar ongelukkig voel dit vir hom hy moet met haar werk kompeteer vir haar aandag. Dit laat haar skuldig voel, maar die begeerte om ‘n sukses te wees is allesoorweldigend.
Tot een koue, reënerige herfsoggend.
Soos gewoonlik jaag Sarah werk toe en wanneer sy ‘n brug oorsteek, begaan sy ‘n berekeningsvout. En so verander haar lewe in ‘n oogwink. Haar motor verlaat die pad en sy beland in die rivier. Die kanse dat sy kon oorleef, is skraal en reddingsbeamptes begin naarstiglik soek na haar liggaam.
Wat hulle nie besef nie. Is: Sarah leef nog.
Dit wat Sarah in hierdie oomblikke beleef, beïnvloed haar hele uitkyk op die lewe – die verlede, die hede en die toekoms. Haar wêreld sal nooit , ooit weer dieselfde wees nie.

In ‘n oogwink is ‘n meesleurende roman geskryf deur Joyce Meyer en Deborah Bedford. Verdiep jou in die verhaal van ‘n vrou wat die dood moes ervaar om die lewe te verstaan.

http://myafrikaans.com/in-n-oogwink.html

Hoekom dit sin maak om ‘n Professionele eboek te publiseer

Hoekom dit sin maak om ‘n Professionele eboek te publiseer by myafrikaans.com!

Die publikasie van ‘n beroepsgerigde eboek is ‘n uitstekende bemarkingstap en met die hulp van myafrikaans.com nou makliker as ooit. ‘n Eboek kan dalk net die kompeterende voordeel verskaf wat jou onderneming laat uitstaan teen mededingers. ‘n Beroepsgerigde eboek is ‘n toonvenster van die kundigheid van die outeur en moontlikhede van die nuwe besigheid wat dit kan inbring is legio.

Die voordele om jou eie eboek te publiseer is oorweldigend, maar daar is ook sekere slaggate! Om jou beroep/besigheid te ken is een ding, maar om dit oor te dra op ‘n wyse dat die leser dit interessant sal vind is heeltemal ‘n ander ding. Die doel van die eboek moet eerstens verkope wees en tweedens om die markaandeel van die besigheid te vergroot.

Vyf nuttige wenke om ‘n Professionele eboek op myafrikaans.com te publiseer:

1. Kies ‘n nis-mark. Daar is baie self gepubliseerde boeke op die internet en dit is moeilik vir kopers om die regte een te kies. Deur jou onderwerp baie spesifiek te maak sal jy kopers aantrek om jou eboek te koop. Deur  jou onderwerp te fokus op ‘n spesifieke aspek van jou kundigheid word die geleentheid geskep om in detail die onderwerp te bespreek en die lesers die waarde van jou kundigheid te laat besef. Voorbeelde van gewilde eboeke is: Hoe om jou eie lapa te bou of Ontwikkel jou eie webwerf.

2. Skryf die eboek persoonlik maar moet dit nie self taalkundig versorg nie. Jy is ‘n kundige in jou veld maar nie noodwendig ervare met die versorging van dokumente nie, wat ‘n spesialisveld is.

3. Ontwerp ‘n voorblad wat die oog vang. Die voorblad kan dalk net die rede wees hoekom jou boek gekies word bo ‘n ander.

4. Die groot klagte teen Afrikaanse eboeke boeke is dat dit te duur is. Bemark jou eboek met ‘n onder die markwaarde koopprys. Dit beteken ‘n laer wins maar ‘n goeie sirkulasie wat meer besigheid en kontakte sal beteken.

5.Bemark die boek op myafrikaans.com te plaas! Image: FreeDigitalPhotos.net

Deon Meyer Afrikaanse eBoeke

Agt van Deon Meyer se gewildste Afrikaanse eBoeke is nou beskikbaar as Afrikaanse eBoeke by myafrikaans.com!

Deon Meyer word op 4 Julie 1958 in die Paarl gebore. Toe hy 18 maande oud is, verhuis die gesin na Klerksdorp in die ou Wes-Transvaal. Hy begin sy skooljare aan die Laerskool Meiringspark en matrikuleer in 1976 aan die Hoërskool Schoonspruit. Deon is die middelste van drie seuns. In standerd 6 (deesdae se graad 8) moes hy sy twee broers Bertus en Francois afpers om sy eerste storie te lees. Hulle raad aan hom was dat hy nie dadelik met ’n nuwe boek moet begin nie.

Deon sal sy Engels-onderwyseres, Valerie de Bruyn, altyd onthou as iemand wat hom voortdurend aangemoedig het en met haar positiewe terugvoer oor sy opstelle ’n sekere selfvertroue vir skryf by hom gekweek het.

Deon beskou sy pa, Neil, as die wonderlikste storieverteller wat hy ken, en sy ma, Francis, as die beste resensent van sy pa se stories – sy het van almal gehou.

Ongelooflik, 30% korting met Deon Meyer Afrikaanse eBoek naweek.

Een speurder. Ses Slagoffers. Sewe Dae …

Ek sal elke dag ‘n poliesman skiet, tot julle die moordenaar van Hanneke Sloet aankla, lees die dreigbrief aan die SAPS. En dan begin hy hulle afmaai. Bennie Griessel is die een wat die dossier moet heropen. Die saak is 40 dae oud, die spoor is koud. Daar’s geen motief nie, geen leidrade nie, net ‘n reeks naakfotos, ‘n hoogs ingewikkelde saketransaksie, en onmenslike druk van topbestuur, die media, en die meedoënlose, onpeilbare sluipskutter. En deur dit alles moet Griessel sy nuwe vriendin, die sangeres Alexa Barnard, weghou van die bottel voor haar groot terugkeer-konsert, sy seun keer om nie skandes te maak nie, sy kollegas weerhou om die ondersoek te kelder, en sy eie, verterende lus vir die helende kragte van die drank in toom probeer hou. Sewe dae van hel.

Kliek hier om die gewilde Afrikaanse eBoek Sewe dae te koop!

The Boeke Prys Fanatics Choicetoekenning vir 2011 is die jongste eer vir ‘Dertien Uur’, net twee weke nadat die boek aangewys is as die Beste Spanningsroman in die Barry Awards by Bouchercon in St Louis, VSA, op 15 September 15. “Dit was ‘n reuse-eer om tuis en oorsee dié soort erkenning te kry,” sê Deon. Dié roman was ook op die kortlyste vir die 2011 Macavity Award vir Beste Speurroman, die Britse CWA International Dagger-toekenning en die Suid-Afrikaanse Sunday Times-letterkundeprys. Dit het in 2009 die ATKV-Prys vir Beste Spanningsroman en die Mees Filmiese Roman-toekenning van M-Net ontvang.

Kyk na die Afrikaanse eBoek 13 uur!

Spoor was vir twee maande die nommer een topverkoper in Suid-Afrika, en word in 2011 in Engels in die VSA, Brittanje en Kanada uitgereik met die titel ‘Trackers’.

In Duitsland sal dit in Oktober beskikbaar wees (Duitse vertaling: ‘Rote Spur’) en in Frankryk teen September. Die Franse titel is nog nie bekend nie. (Loer gerus op die Engelse blad na die voorblaaie van die buitelandse uitgawes.)

Die boek sal ook in 2011 en 2012 in Sweeds, Noorweegs, Nederlands en Italiaans beskikbaar wees.

Kliek hier om Deom Meyer se Afrikaanse eBoek te koop.

Nuwe lekker lees eBoek deur Piet Schoombie

Die Afrikaanse eBoek bevat vyftien lekker lees kortverhale en artikels oor ’n verskeidenheid van onderwerpe en situasies. Drie daarvan is al voorheen in die gedrukte media gepubliseer. Die ander word vir die eerste keer in boekvorm uitgegee.

Hierdie lekker lees Afrikaanse eBoek van Piet Schoombie maak mens weer lus om Afrikaans te lees!

Die temas in die boek kan opgesom word as verteenwoordigend van die eeu-oue stryd tussen goed en kwaad. Daar is verhale met ’n Bybelse agtergrond, verhale met ’n evangeliese strekking, misdaad in verskillende vorms, so wel as sosiale euwels en probleme van die hedendaagse lewe. Daar is selfs ’n verhaal met ’n sterk wetenskapfiksie-inslag.

 Uittreksel uit die kortverhaal uit die vars Afrikaanse eBoek: Doodstyding

Dries het eers laataand uit die gemeente by die pastorie teruggekom. Hy was moeg en emosioneel gedreineer na verskillende sieke-besoeke. Die laaste daarvan was by oom Flip Koekemoer. Hy en sy twee susters woon in ’n beskeie kliphuisie in die middel van hierdie klein dorpie tussen die berge. Nie een van hulle was ooit getroud nie en het in hulle jonger jare as bywoners op ’n plaas in die distrik gewerk. Nou is hulle oud, arm en alleen en baie op mekaar aangewese.

Oom Flip is die afgelope tyd ernstig siek en swak en word deur sy susters versorg met behulp van die klinieksuster, wat hulle een maal per dag besoek. Dries en die plaaslike dokter het al gesoebat en gesmeek, maar die susters weier dat hy in die buurdorp se hospitaal opgeneem word. Hulle glo dat ’n mens in jou eie bed moet sterf. Geen ordentlike mens behoort in die onpersoonlike kliniese atmosfeer van ’n hospitaal dood te gaan nie! Dit is die gedagtes wat in Dries se kop ronddraai nádat hy in die bed geklim het. Die susters het belowe dat hulle hom sou bel as die einde aanbreek. Dries sug terwyl hy sy moeë lyf dieper tussen die warm lakens inwikkel.

Dit is winter en die sneeu lê spierwit op die bergpieke rondom die dorpie. Hy hoop maar dat oom Flip nog dié nag sal oorleef. Dit is ’n marteling om in die ysige koue jou warm bed te moet verlaat om ’n sterwende en sy familie te gaan bystaan nie! Terwyl hy dieper en dieper in die salige newels van die slaap wegsink, was daar tog êrens in sy brein ’n wekkertjie gestel. ’n Meganisme wat soort van gewag het dat die telefoon êrens in die nag-ure moes lui. Toe die telefoon wel lui, het Dries outomaties gereageer en die gehoorstuk vinnig opgetel, sodat sy vrou nie sou wakker word nie. “Flip is op sy laaste, dominee. Kom asseblief?”

 

Kliek hier om die lekker lees Afrikaanse eBoek te koop!

Image: FreeDigitalPhotos.net

Eboek oor Oorlogstories

Al J. Venter se insiggewende eBoek dek vele van militêre gebeurtenis van die onlangse geskiedenis. Hy skryf vier hoofstukke oor Afganistan, drie oor Somalië en heelwat oor hoe Portugal geveg het in die koloniale oorloë van Angola en Mosambiek. 

 In Sierra Leone is die oorlogverslaggewer Al J Venter gewaarsku dat die rebelle hul harte sou uitsny en eet indien hulle gevang sou word. Al J. Venter (73) is ’n veteraanskrywer wat al 40 jaar verslag doen en skryf oor Afrika.

Al J Venter is ‘n kenner oor die rol van die huursoldaat in konflikte.’

“Huursoldaat” is ’n gelade term. Wat is jou siening?

Ek het geen probleem met die mense waarna die media as “huursoldate” of “mercenaries” verwys nie. Dit is dieselfde beroepsoldate wat verskeie oorloë in Angola en Sierra ­Leone omgedraai en in die proses talle lewens gered het. 

Daardie ouens is almal ervare, gedissiplineerde troepe wat in oorloë betrokke was – en party van hulle is steeds in die Midde-Ooste en Sentraal-Asië en meer onlangs in en om Somalië.

Westerse weermagte (en die Israeli’s, neem kennis), met enkele uitsonderings, val nie in dieselfde kategorie nie. Hul troepe is ondoeltreffend opgelei vir ongenaakbare omstandighede, die veeleisende woestyn- of oerwoud­omgewing, en het sag geword. 

Hulle het hul selfone nodig, iPods en baie, baie rus en ontspanning. Die meeste van dié troepe is huiwerig om inisiatief te neem tydens oorlog. 

Nie daardie Suid-Afrikaanse veterane wat die wekroep beantwoord het en respek afdwing vir hul kundigheid oorsee nie – hoewel jy ver sal moet soek na ’n Brit of Yank wat dit in die openbaar sal erken. Maar dis net hoe dit is.”

Lees die volle berig in Beeld.

Kyk na die boek by myafrikaans.com.

 

Fotos: Beeld.com

Originally posted on paidContent (old):

Califa, California’s largest library network, is about to strike an ebook deal with self-publishing site Smashwords, Library Journalreports. The partnership would bring about 10,000 self-published ebooks into Califa’s 220 libraries.

Califa would “purchase about 10,000 of the company’s top titles for about $3 a title.” Some of the titles could cost less, though: Smashwords CEO Mark Coker recently told me that the company will soon allow its authors to set their own ebook prices, and said “a lot of them are going to want to offer libraries lower pricing…or will want to offer their books for free to libraries.”

Califa and Smashwords are also working on a self-publishing program for library patrons. Smashwords marketing manager Jim Azevedo explains to me how that would work:

Smashwords and Califa will collaborate to create local library publishing portals that will allow patrons to publish and distribute ebooks through Smashwords for acquisition and…

View original 127 more words

Top Afrikaanse verkopers

 

TOPVERKOPERS 11 tot 17 Junie 2012

Kliek op die titel om een van die Afrikaanse eBoek teen 80% korting te koop.

Dis ek, Anna – Elbie Lotter / Anchien Troskie

Die staat teen Anna Bruwer – Anchien Troskie

Jesus is die een – Prof. Johan Janse van Rensburg

Klein lewe – Wilna Adriaanse

Bron: Boeke 24

Graffiti-boekwinkels, Pretoria

Fiksie
1. Die staat teen Anna Bruwer – Anchien Troskie
2. Grensoorlogstories – Jeanette Ferreira
3. Dis ek, Anna – Elbie Lotter / Anchien Troskie
4. Eendagmooi – Kristel Loots
5. 50 Shades of Grey – E.L. James
6. Boere-oorlogstories 2 – Jeanette Ferreira
7. Soekend na liefde – Kristel Loots
8. Tjoklits vir die siel – Susan Coetzer
9. Klein lewe – Wilna Adriaanse
10. Karos orie duine – Hans du Plessis

Nie-fiksie
1. Riaan Cruywagen : Wat’s nuus – Riaan Cruywagen 
2. Toe slaan die tronkdeure agter my toe – Koos Swart
3. Politically Incorrect – Peter de Villiers
4. Onthou – Elria Wessels
5. Afval & Afvalligheidjies – Dine van Zyl
6. Briewe aan my kinders – Jonathan Jansen
7. Ons was daar – Jannie Geldenhuys
8. Boerekryger – Albert Blake
9. Neem beheer oor jou emosies – Joyce Meyer
10. Niklaas van Rensburg die Siener – AWG Raath

 

Protea Boekwinkel, Brandwag-sentrum, Bloemfontein

Fiksie
1. Boereoorlogstories 2 – Jeanette Ferreira
2. Grilbrigade – Fanie Viljoen
3. Om ‘n ster te vang – Elana du Toit 
4. Nova 3 Bloedbroers – Fanie Viljoen
5. 13 Spookstories – Fanie Viljoen, Jaco Jacobs en Francois Bloemhof
6. Grensoorlogstories – Jeanette Ferreira
7. Moord op Francis Victor – Jan van der Merwe
8. Gatiepie se groot grapboek – Kevin Ehrenreich
9. Games of thrones – George Martin
10. Staat teen Anna Bruwer – Elbie Lotter

Nie-fiksie
1. Boerekryger – Albert Blake
2. Politically incorrect – Pieter de Villiers
3. Wie het God geskep – Jan van der Merwe
4. Jesus is die een – Prof. Johan Janse van Rensburg
5. Boer Whore – Nico Moolman
6. Wat is my doel op aarde – Rick Warren
7. Suid-Afrikaanse alfabet – Alex Latimer 
8. Golgotha van die oseane – Jeanette Grobbelaar 
9. Boerperd – Kobus du Toit 
10. Raai raai riepa – G. van Rooyen &  S. Pellissier

Boekrak vol Afrikaanse e-lesers?

Ek het die volgende navraag van Fanie gekry:

Opmerking: Ek sukkel so effens om te verstaan hoe e-boeklesers verskil. Skynbaar is nie alle e-boeke geskik vir alle leers nie.

Weens krimpende ruimte wil ek nou oorskakel na e-boeke, maar wil nie rak vol e-lesers hê nie.

Dit wil voorkom of mens in SA probleme gaan hê met Kindle wat skynbaar een van die beste is ?

Kan iemand dalk help ?

Dit is reg, daar is twee hoof tipe e-lesers:

Die Kindle wat slegs Amazon se eBoeke kan lees. Die hoeveelheid Afrikaanse eBoeke in Amazon se winkel is besig om steeds te groei.

Dan e-lesers wat van die Adobe Digital Editions platform gebruik maak. Hierdie e-lesers kan weer nie die Kindle formaat lees nie.

Die groot en gewilde uitgewers in Suid-Afrika soos Tafelberg en Human en Rousseau gebruik die Adobe Digital Editions platform om hul Afrikaanse eBoeke te versprei. Myafrikaans.com het besluit om ook van Adobe Digital Editions gebruik te maak omdat die meeste Afrikaanse eBoeke in die ePub formaat is wat slegs deur Adobe gelees kan word en nie Kindle nie.

sony-Afrikaanse eBoek-leser

sony-Afrikaanse eBoek-leser

Die Sony Reader is die grootste teenstander vir die Kindle en in elke land is daar ‘n Sony boekwinkel waarmee boeke aanlyn met die toestel gekoop kan word. Ek besit nou twee maande ‘n Sony Reader en die toestel is net ‘n plesier, ek sal nooit weer terugkeer na gedrukte boeke nie. Die toestel weeg so min dat dit slegs met een hand vashou hoef word om gemaklik te lees. Omdat die lettergrootte ingestel kan word, kan dit so gestel word dat elke sin gelees word met een oogopslag. Die e-leser maak ook nie jou oë moeg nie want daar word van elektroniese ink gebruik gemaak wat sag op jou oë is. Die battery-leeftyd is meer as 100 ure en sonder om geheuekaart in te sit kan die toestel ongeveer 1200 Afrikaanse eBoeke stoor. Wat fantasties is dat die e-leser met twee woordeboeke gelaai is, en deur net met jou vinger op die woord te druk word die betekenis verskaf. Die leser het met WI-FI toegang tot die internet en deur op ’n woord te druk neem die e-leser die gebruiker na die wikipedia web-bladsy van die term. Wat ek die meeste geniet is die funksie as ek veelvuldige Afrikaanse eBoeke lees wat onthou watter bladsy ek laas in ‘n spesifieke boek gelees het. Die e-leser het verskillende skakerings van wit en grys skermkleure wat beteken dat dit nie ’n tablet-rekenaar is nie maar werklik ’n eBoek.

Kalahari.com verkoop ook ’n Gobii e-leser teen ’n sakpas prys wat al myafrikaans.com se Afrikaanse eBoeke kan lees.

Die kundiges voorspel dat die digitale e-leser mark deur tablet-rekenaars oorgeneem gaan word soos deur die iPad. Die Samsung Galaxy Tab is ’n slim keuse vir lesers wat ’n elektroniese biblioteek wil opbou! Die Samsung kan met die toepaslike programme alle eBoek formate lees.

Die voordele van ’n tablet-rekenaar is vanselfsprekend maar daar is ook nadele in vergelyking met ‘n e-leser:

- Die tablet-rekenaar is duurder en weeg meer,
– Die e-leser is sagter op die gebruiker se oë en
– en gebruikers wat e-boeke lees rapporteer dat hulle konsentrasie gereeld onderbreek word deur funksies van die talet-rekenaar soos byvoorbeeld epos wat opdaag.

Tog is Tablet rekenaars die boek van die toekoms!

Hoe kry mens selfvertroue?

Koop slegs vandag (19 Junie) Joyce Meyer se Afrikaanse eBoek oor selfvertroue vir slegs R15.66.

Plaas die Afrikaanse eBoek op jou selfoon of tablet-rekenaar en lees dit net waar jy is. Kliek hier om te sien hoe om maklik die dagstukke van Joyce Meyer oor te gedra na jou selfoon of tablet-rekenaar.

 

10 stappe na selfvertroue

(Hierdie is ‘n geredigeerde weergawe van ‘n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het.)


1. Kyk en leer
Hoe vroeër jy aan ‘n selfversekerde rolmodel blootgestel word, hoe beter is dit vir die ontwikkeling van jou eie selfvertroue. Maar daar is een voorwaarde: jou rolmodel moenie egosentries wees nie. Hy of sy moet ook in jou belangstel.

Kom ons veronderstel jy word saam met ‘n gladdebek-ouer broer groot; as sy selfvertroue hom selfsugtig of egoïsties maak, sal jy meer geneig wees om dit as negatief te ervaar en dit te verwerp. Maar laat daardie broer jou onder sy vlerk neem, en jy sal na hom opsien en leer uit sy sosiaal bedrewe styl.

Aksieplan: Dit is nooit te laat om ‘n mentor te kry nie. Kies ‘n vriend, kollega of familielid wat selfvertroue uitstraal en ‘n aanvoeling het vir sosiale interaksie – maar maak seker dis iemand met nederigheid wat jou beste belange op die hart dra. Dan moet jy kyk en luister en dié persoon se optrede ontleed. Gee veral aandag aan hoe hulle praat, loop en hul fisieke houding. As jy selfvertroue in aksie sien, is dit die eerste stap om jou eie selfvertroue op te bou.

2. Praat met jou lyf
Jou fisieke houding weerspieël jou bui – as jy depressief voel, is dit waarskynliker dat jy sal slenter, jou arms sal vou of sal frons. Maar dit werk ook andersom, want wanneer jy jou liggaam toevou en jouself “vashou” (deur byvoorbeeld jou arms te vou), vloei daar minder “gelukkige hormone” deur jou brein.

Dit is dus duidelik dat jou bui jou liggaamshouding kan na-aap. Wanneer jou liggaam en gesig selfversekerdheid uitdruk, word dit dikwels deur werklike selfversekerdheid gevolg.

Aksieplan: Werk daaraan om ‘n oop postuur te handhaaf. Hou jou rug reguit, skouers terug, kop regop en jou arms ongevou. En oefen om lang, sterk treë met dié oop houding te gee. Hoekom dink jy leer hulle modelle om so te stap? Omdat dit selfversekerdheid uitstraal.

Laat jou lyf vir jou werk deur reg aan te trek. As jy soos ‘n boemelaar lyk, sal jy soos een voel, maar as jy in ‘n rooi nommertjie of ‘n snyerspak verskyn, sal jy outomaties meer selfversekerd lyk en optree.

3. Praat harder
Skaam mense praat saggies, asof hulle nie gehoor wil word nie. Jy hoef nie te gil of te skree om selfvertroue op te wek nie, projekteer net jou stem – ’n bietjie harder as wat vir jou gemaklik is. Dit sal nie vir ander mense so hard klink nie en jy sal jou persoonlikheid beter laat geld.

Aksieplan: As jy in ‘n sosiaal uitdagende situasie is, wag ‘n oomblik voor jy begin praat en herinner jou daaraan dat jy iets positiefs het om by te dra. Sê dit dan. Mooi hard.

4. Spieëltjie aan die wand…
Dit help om jouself vol selfvertroue te sien – veral as skaamheid jou aan jou sosiale vaardighede laat twyfel. Wanneer jy ‘n prentjie van jouself in jou kop het as iemand vol selfvertroue, sal jy dit makliker vind om sjarmant te wees en die verskillende selfvertroue-wenke wat jy geleer het, op die proef te stel.

Aksieplan: Sit elke week ‘n bietjie eie-tyd opsy en eksperimenteer met gesigsuitdrukkings en die houding wat hier bo beskryf is. Kyk hoe ontspanne jy lyk wanneer jy oogkontak maak, glimlag, en regop staan. Sien dan daardie beeld voor jou geestesoog wanneer jy voel jy wil toeslaan.

5. Bou dit stadig op
Moenie aan die sosiale diep kant inspring voor jy reg is nie. Dit dien geen doel om by ‘n partytjie ogies te maak as jy nie die selfvertroue het om verwerping te hanteer nie. As jy jou te gou onder te veel druk plaas, kan dit jou selfvertroue ‘n knou gee eerder as om dit te versterk.

Aksieplan: Oefen jou selfvertroue in situasies wat stadigaan ál uitdagender raak. Begin met ‘n omgewing wat nie juis uitdagend is nie (alleen, voor ‘n spieël) en vorder dan na ‘n situasie wat ‘n effense uitdaging bied, soos ‘n koffiewinkel. Bou stadig op na ‘n hoogs bedreigende situasie soos ‘n toespraak, of om iemand uit te vra. Die belangrikste is om jou nie te verknies oor die foute wat jy gemaak het nie. Beloon jou liewer vir klein prestasies en persoonlike oorwinnings.

6. Speel maar toneel
Partykeer moet selfs die mense met die meeste selfvertroue toneelspeel. Hulle gesels ewe vrolik terwyl hulle eintlik onder die tafel wil inkruip. Ons kan almal voorgee. En ’n dapper front lok ’n positiewe reaksie uit, wat regte selfvertroue skep sodat jy nie meer nodig het om voor te gee nie.

Aksieplan: Oogkontak kan selfvertroue projekteer, maar as jy erg skaam is, is dit dikwels moeilik net om iemand in die oë te kyk. As jy sukkel, moenie direk in die persoon se oë kyk nie, maar fokus liewer op sy of haar voorkop. Dit skep die illusie van oogkontak sonder die angs van die ware Jakob.

7. Oefen verwerping
Ek het ‘n vriend wat genoeg selfvertroue het om enige vrou sonder vrees te benader. Sy geheim? Hy aanvaar dat hy nege uit die tien kere verwerp sál word. Maar hy weet ook dat hy een uit die tien kere ‘n positiewe reaksie sal kry. Die les: aanvaar dat die meeste verhoudings nie uitwerk nie en moenie sleg voel as jy afgejak word nie.

Aksieplan: Onthou altyd die een-uit-tien-reël. Herinner jou aan daardie werklikheid selfs vóór jy enigiets probeer. Dit sal jou help om verwerping met grasie te aanvaar en weer in die saal te klim.

8. Begin met koeitjies en kalfies
Party mense praat gemaklik met ‘n ieder en elk, ander soek na woorde en sê dikwels die verkeerde ding. Maar die waarheid is dat dit nie so moeilik is om ‘n gesprek aan die gang te kry nie.

Aksieplan: Die geheim is om met iets te begin wat vir almal van belang is – soos buitengewoon goeie of slegte weer, of die mooi dekor in ‘n vertrek. Daarna, as jy nog selfvertroue oor het, probeer ‘n grappie of gebruik die ou towertaktiek: gee ‘n kompliment.

9. Vergeet die kommentaar
As jy grootgeword het met ‘n ouer of ‘n gesagsfiguur wat kritiek gelewer het op alles wat jy doen, sal jy vanself kritiek hê op alles wat jy doen. Maar selfs sonder afkeuring van buite leef baie van ons met ‘n onophoudelike foutvind-stemmetjie wat in ons kop gons.

Wat het my besiel? Hoe kon ek so iets sê? Ek is so dom. Ek is ‘n mislukking. Laat snags en in stil oomblikke kan dié kritiese gedagtes met jou kop smokkel. En in sosiale situasies kan hulle jou laat verlep en maak dat jy jou aan ander mense wil onttrek. Om die kommentaar wat jou selfvertroue vernietig, stop te sit, moet jy sulke gedagtes in die kiem smoor. Hoe? Deur hulle uit te skop.

Aksieplan: Gaan sit en skryf al jou selfkritiese gedagtes neer – elke enkele een, maak nie saak hoe lank of hoe herhalend die lys is nie. Dit neem die gedagtes uit jou kop en plaas hulle in die werklike lewe. Kyk dan objektief na die gedagtes – is jy werklik dom, of net iemand wat ook maar foute maak?

Kry andersins ‘n buitestander se blik op die werklikheid en wys jou lys aan ‘n vertroueling. Stem hulle saam met jou interne kritikus, of is jy net te krities oor jouself? Die kans is groot dat jy dié proses bevrydend en lewensbevestigend sal vind.

10. Kies die regte gehoor
Dié punt is baie belangrik: moenie jou aan mense blootstel wat hiperkrities is of wat jou die hele tyd op jou plek sit nie. Jy sal by ‘n familie-ete tog nie kies om langs die oom of tante te sit wat gedurig lol met vrae soos “Hoekom is jy nog nie getroud nie?” of “Wanneer kry jy tog vir jou ‘n ordentlike werk?” nie.

Aksieplan: Probeer om jou te omring met mense wat vir jou lewensenergie in die vorm van lof gee. Kies die mense wat aan jou kant is en wat jou strewe na selfvertroue onderskraag pleks daarvan om dit af te breek.

Lees verder.

Image courtesy of FreeDigitalPhotos.net

Nuwe Afrikaanse eBoek: Blog 4 Sport

Koop die Afrikaanse eBoek hier!

‘n Lusmaker uit die nuwe eBoek Blog4Sport deur Conrad Brand

HALLO-WEEN

Maandagaand (31 October) was weer Halloween, die aand waar daar wêreldwyd met kindertjies tot laatnag rondgeloop is, van huis tot huis opsoek na ‘n lekkertjie, selfs vir die ouer wat die moeite gedoen het om saam te stap. Skaars fondse is gestroop vir Dracula-tanne, Heks-neuse, hoede, man enige aaklige vermomming om jou soos iets uit die dood te laat lyk. Sommiges het dit nie eers nodig gehad nie, foeitog!

Halloween is nie iets waarmee ons groot geword het nie; dit was maar ‘n dag soos enige ander. ‘n Gewonde dag waar die enigste skok wat jy dalk kon verwag, die felheid van die rooiaas koppe wat lê en ryp raak op die strand. Ons trek toe na Engeland en moes vinnig aan al dié goed gewoond raak, Halloween, Guy Fox, 13 14 Diwalli ensovoorts. Hier voel dit my skiet hulle klappers met elke geleentheid wat hom voordoen; hulle sal seker dieselfde sê oor ons braaiery. Die eerste aand was ons heeltemal onverwags gevang.

Die klokkie het gelui en voor my staan toe ‘n knie-hoë feetjie, met haar boeta in die agtergrond, ‘n mengsel van Dracula en die Frankenstein monster. Verleë moes ons hulle wegstuur en sê, “Jammer, maar Oom en Tannie ken nie dié goed nie,” als in Engels natuurlik.

Die situasie het vererger soos dit later word, want een na die ander en soos die tyd aanstap, het die kindertjies voor die deur, ouer en groter geword. Die laaste klop aan my deur was ‘n snuiter met ‘n kappie (‘n “Job” of “Hoodie” het ek later geleer), met sy maats wat halfgat oor my muurtjie hang.

Lees verder in Blog 4 Sports