DOING BUSINESS IN THE EU


Doing business in the EU

Soos 'n windpomp…

Maak ‘n windpomp nie deel van ons almal se herinnering uit nie?

Afrikaanse Windpomp Gauteng

flickrhivemind.net

Suid-Afrikaanse Windpomp

outdoorphoto.co.za

Windpomp Karoo

http://www.cbosss.com

Soos ‘n Windpomp van Vreugde (Lizelle Faber)

‘n Dagboek vol afsprake, gespreksgeleenthede en verantwoordelikhede maak dat stil word en reflekteer, nie iets is wat sommer maklik en gereeld gebeur in my lewe nie ….. MAAR vandag, wel vandag het ek tyd uit oorlê.  Gewapen met ‘n lekker lang glas koue koeldrank, ‘n paar ou tydskrifte en ‘n kombers maak ek myself gemaklik onder die groot boom in ons tuin.

Die blare lê gestrooi op die gras, maar ek ignorer dit – nou gaan ek bietjie rus en ontspan.

Ek tel die eerste van die hopie tydskrifte op – Leef  – November 2008.  Ek kan tog nie so ver agter wees nie, ek glimlag vir my gedagtes en begin deur die boek blaai.  My oog vang die artikel van Lizette Murray getitel – Abba.  Heel onder aan die artikel lees ek die volgende:  “Op 4 Junie 2005 is Henri, die middelste van George en Lizette Murray se vyf seuns, in ‘n haai-aanval dood.  Hy was 22 jaar oud. Lizette deel haar reis in die volgende paar uitgawes”

In hierdie artikel skryf Lizette, hoe nuuskierig hul kinders is of soos George dit stel erflik belas met nuuskierigheid.  Hoe hulle twee dus Vroeg-vroeg die kinders in ‘n ruksak getel het en vanwaar hulle dus die hele wêreld rondom hulle rustig kon bekyk. Sy vertel in die storie dat op Pa se rug word die bangmaak wêreld van woeste honde en donker skaduwees, mak en vriendelik. 

Hierdie artikel raak aan my siel – Byna drie jaar nadat dit geplaas is en 6 jaar na Henri se dood, kom spreek God tot my siel deur hierdie artikel.  En ek besef God praat met my selfs deur artikels in ou tydskrifte.

En ek dink aan my eie verhaal, waar ek paaie moes stap van verwerping, seer, verliese, onsekerheid, alleenheid en gevaar.

Lizette skryf verder in haar artikel – “Tydens Henri se dankdiens in die NG Moederkerk op Stellenbosch sit ons gesin styf teen mekaar ….. Ek sien hoe ‘n sterk arm van ‘n broer om ‘n ander een se skouer gaan, of ek vol ‘n hand bo-oor my en George s’n.

In hierdie beelde wat sy beskryf onthou ek die mense in my lewe, wat sirkels kom vorm het, wat help vashou het, wat pleisters geplak het, ook aan my siel, toe my eie verhaal soos ‘n riller gelees het.  Lizette beskryf dit mooi:  “ek besef dat God ook medemense wil gebruik om ons rond te dra as ons nie self kan stap nie ……”

En daar tussen die blare op die gras, onder die groot boom in ons tuintjie sien ek ‘n stukkie van my lewe raak, ‘n legkaart stukkie wat in plek val.  Tussen al die seer – abba God my, dra Hy my in Sy rugsak deur die seer, na waar dit veilig is, en strategies op die regte plekke plaas Hy mense, mense om my te help, mense vir wie ek kan help en word hy ons – Abba Vader.

Lizette skryf dat die kerkbank waarin sy sit om afskeid te neem van haar kind, dieselfde bank is waar sy as klein dogtertjie gesit het, in die Sondagskool, en skryf sy “ondaks die oorweldigende pyn van hierdie saamwees, ervaar sy, nes kleintyd, God se teenwoordigheid”.

Aan die einde van die artikel – net so beskrywend, vertel sy toe Henri so om en by een jaar oud was, hulle as gesin betroke was by ‘n musiekblyspel.  Die ander kleingoed het rondgehardloop maar Henri het rustig en doodtevrede in die dra sak op haar rug gesit en na die jubel klanke om hulle geluister.   Sy skryf, sommer gou het hy opgewonde sy arms in die lug gegooi en uit volle bors saam met die koor “Halleluja” gesing!!!

Toe Henri, ongeveer drie jaar oud is, gaan kuier hulle as gesin by ouma-hulle in die Bloemfontein omgewing, en daar tussen ‘n klompie windpompe met draiende lemme, skop die klein mannetjie, wat agter op sy pa se rug sit, sy beentjie styf vas, gooi sy arms in die lug en skreeu ekstaties- Halleluja!!!!

Dit is Lizette se laaste woorde wat my seker die meeste raak:  Na sy dood het ek hierdie prentjie dikwels in my gedagtes herleef:  Henri in die veilige beskutting van die drasak op sy pa se rug – groot oog, sy gesig in verwondering gelig na die draaiende windpomp-arms.  Ek wil ook so in kinderlike vertroue op my Hemelse Vader se rug sit.  Ek wil ook jubelend “Halleluja” uitroep, al verstaan ek nie hoekom nie.  Ek wil die wêreld vanaf Sy rug dophou en uitsien na alles wat Hy vir my beplan.  Sorgloos – soos ‘n kind wat onwrikbaar glo sy pa weet die beste!

Ek besef weer, God het ‘n plan met elkeen van ons.  Hy plaas ons strategies op ‘n spesifieke paaie – in hierdie verhaal is ek geinspireer, het ek hoop geskep om verby die seer, uit te reik, God te ontdek en ‘n verskil te gaan maak, in die lewens om my na waarheen Hy my lei en om te lewe soos ‘n Windpomp van Vreugde – Halleluja!!!!

Gepubliseer deur Jan Venter 

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

I am an International human resources consultant to multinational companies in international employment law and employee relations.

Leave a Comment