Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

5-Boekminute met Fanie Viljoen, skrywer van Leeus met letsels #eBoeke

http://myafrikaans.com/leeus-met-letsels.html

Dié skrywer van Breinbliksem, Grilbrigade en Geraamte in die klas het al die Sanlam-prys vir jeuglektuur én die M.E.R.-prys vir kinderlektuur gewen. Hy skryf nie net nie, maar hou ook daarvan om te skilder. Hy het baie van die illustrasies in sy boeke self gedoen. Fanie, wat op Welkom grootgeword het, se boek Scarred Lions is onlangs in Afrikaans vertaal.

In Leeus met letsels ontmoet die leser vir Buyi, ’n tiener wat sy lewe lank al in Londen woon. Deesdae voel hy egter nie meer so tuis nie en sy ma besluit om hom na sy pa, wat in ’n wildreservaat in Suid-Afrika werk, te stuur. Hier moet Buyi sy vervreemde pa leer ken, vriende maak en boonop versigtig wees vir ’n mensvreter-leeu.

Die boek herinner jou aan die probleme waarmee vandag se tieners dikwels sukkel. Dit beklemtoon ook die waarde van vriendskap.

Waar het jy aan die idee vir Leeus met letsels gekom?

My uitgewer in Engeland het gevra vir ’n tienerboek met ’n swart karakter. Die boek moes in Afrika afspeel. Om nie die Engelse lesers te vervreem nie het ek besluit om die verhaal te skryf van ’n outjie wat sy lewe lank in Londen bly, en dan by sy vervreemde pa in Suid-Afrika gaan woon. Ek wou Suid-Afrika nuut deur sy oë sien. Dis hoe Scarred Lions en uiteindelik die Afrikaanse vertaling Leeus met letsels die lig gesien het.

In Leeus met letsels is daar baie verwysings na taal. Watter tale kan jy als praat?

Ongelukkig net Afrikaans en Engels. Ek kan ’n paar Sotho-woorde herken van laerskooldae se skoolvak. Die taal- en kultuurverwysings in Leeus met letsels is danksy navorsing.

Is jy lief vir die Bosveld?

Ek ken die Bosveld maar net van besoeke aan wildtuine, maar ek verwonder my aan die ryke skat van plante- en dierelewe wat Suid-Afrika bied. Ek verhuis binnekort na ’n wildlandgoed aan die randjie van Bloemfontein. Ek sien baie daarna uit, want daar loop diere en die plek het ook ’n paar staproetes.

Beskryf jouself.

Ek is passievol oor skryf, skilder en musiek. ’n Bietjie van ’n introvert wat die lewe van die kantlyn af bekyk en wonder oor mense en die dinge waarmee hulle hulself besig hou.

Wou jy nog altyd skryf?

Ek het goeie opstelle op skool geskryf, maar nooit kon dink dat ek ’n skrywer sou word nie. Ek het altyd net gereken “ander mense” skryf boeke.

Hoe voel jy wanneer jy skryf?

Wanneer ek skryf, probeer ek die emosies beleef waardeur die karakters gaan, seker soos ’n akteur in die lyf van sy karakter klim. Ek sluit my dan af van die res van die wêreld.

Koop die eBoek

Koop die eBoek

via 5-Boekminute met Fanie Viljoen, skrywer van Leeus met letsels | SARIE.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment