Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Protea bring hulde aan Hennie Aucamp #eboek

Die Afrikaanse skrywer Hennie Aucamp (80) is Donderdagaand oorlede. Hy is ‘n bekroonde Suid-Afrikaanse digter en skrywer van hoofsaaklik die korter teks. Daar is ook al na hom verwys as “die vader van die Suid-Afrikaanse letterkundige kabaret” en hy beklee ‘n belangrike posisie onder die beoefenaars van die Afrikaanse kontreikuns. Hennie se nuwe bundel kwatryne, Skulp, het pas by Protea Boekhuis verskyn. Sy afsterwe is ‘n groot verlies vir die Afrikaanse literatuur en Protea Boekhuis sal hom opreg mis en altyd onthou. Sy letterkundige bydraes is van onmeetbare waarde.

As ek aan Hennie Aucamp dink, kom twee woorde dadelik by my op: meester en leermeester.
Hy is die meester van die kortverhaal, kabaret en kwatryn; en hy is die leermeester van ’n hele geslag skrywers.
Soos Jan Rabie die vader van die Sestigers was, was Aucamp die vader van die Tagtigers.
Sonder sy baanbrekerswerk is die seksueel bevryde verhale en gedigte van skrywers soos Koos Prinsloo en Johann de Lange ondenkbaar.

– Daniel Hugo

 

Koop die eBoek hier!

Koop die eBoek hier!

 

‘n Paar aanhalings van Aucamp:

Skinder op sigself mag ‘n nederige vorm van narrasie wees, maar as voedingsbron vir literatuur het dit geen gelyke nie.

Kies jou vyande met groot oorleg. ‘n Toegewyde vyand is ‘n onuitputlike inspirasiebron.

Beskawing staan op twee bene.
Die een heet Dankie en die ander Ekskuus.
En aan die manier waarop ‘n volk
(en ‘n individu) “dankie” en “ekskuus” sê,
kan sy beskawingspeil afgelei word.

– Pluk die dag, 1994

Bron

 

 

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment