Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Jy sal hierdeur kom #eBoek

http://myafrikaans.com/jy-sal-hierdeur-kom.html

Iewers in ons lewe beleef almal van ons situasies waardeur ons vrees ons nie gaan kom nie – ons vrees dat die depressie nooit sal lig nie, die geskree nie gaan stop of die pyn nooit gaan ophou nie.

In die put van ellende, omring deur hoë mure en pynlike herinneringe, wonder ons: Sal die son ooit deur hierdie grys wolke breek? Sal hierdie las ooit ligter raak? In Jy sal hierdeur kom, herinner Max Lucado lesers dat God nie beloof dat ons vinnig en pynloos deur ons swaarkrytye sal kom nie.

Dit was nie die geval vir Josef nie. Hy is deur sy broers in ’n put gegooi, in slawerny verkoop, verkeerdelik in die tronk gegooi, vergeet en afgeskryf. Maar sy verhaal is in die Bybel met ’n rede: om ons te leer om God te vertrou om die bose te fnuik. Met die omgee van ’n berader, die hart van ’n storieverteller en die vreugde van iemand wat gesien het waartoe God in staat is, kyk Max na die storie van Josef en die waarheid van Genesis 50:20: ‘Wat Satan wou gebruik om ons kwaad aan te doen, laat werk God in ons guns.’ Hy herinner ons aan sekere kernbeginsels wat dalk net die stamperige rit kan vergemaklik en jou kan help om aan te hou totdat jy eindelik die redding wat God van die begin af beplan het, sien deurbreek.

Van die beginsels sluit in: Jy is dalk eensaam, maar jy is nooit alleen nie Wag op God terwyl Hy werk Dankbaarheid maak ’n groot verskil Bly kalm en hou aan Een dom besluit maak nie ’n ander dom besluit reg nie Behou die regte gesindheid Weerwraak maak nie dinge beter nie Jy sal hierdeur kom sal jou help om te onthou: God sal jou swaarkry ten goede laat meewerk.

via Jy sal hierdeur kom.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment