Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Nuwe lekker lees eBoek deur Piet Schoombie

Die Afrikaanse eBoek bevat vyftien lekker lees kortverhale en artikels oor ’n verskeidenheid van onderwerpe en situasies. Drie daarvan is al voorheen in die gedrukte media gepubliseer. Die ander word vir die eerste keer in boekvorm uitgegee.

Hierdie lekker lees Afrikaanse eBoek van Piet Schoombie maak mens weer lus om Afrikaans te lees!

Die temas in die boek kan opgesom word as verteenwoordigend van die eeu-oue stryd tussen goed en kwaad. Daar is verhale met ’n Bybelse agtergrond, verhale met ’n evangeliese strekking, misdaad in verskillende vorms, so wel as sosiale euwels en probleme van die hedendaagse lewe. Daar is selfs ’n verhaal met ’n sterk wetenskapfiksie-inslag.

 Uittreksel uit die kortverhaal uit die vars Afrikaanse eBoek: Doodstyding

Dries het eers laataand uit die gemeente by die pastorie teruggekom. Hy was moeg en emosioneel gedreineer na verskillende sieke-besoeke. Die laaste daarvan was by oom Flip Koekemoer. Hy en sy twee susters woon in ’n beskeie kliphuisie in die middel van hierdie klein dorpie tussen die berge. Nie een van hulle was ooit getroud nie en het in hulle jonger jare as bywoners op ’n plaas in die distrik gewerk. Nou is hulle oud, arm en alleen en baie op mekaar aangewese.

Oom Flip is die afgelope tyd ernstig siek en swak en word deur sy susters versorg met behulp van die klinieksuster, wat hulle een maal per dag besoek. Dries en die plaaslike dokter het al gesoebat en gesmeek, maar die susters weier dat hy in die buurdorp se hospitaal opgeneem word. Hulle glo dat ’n mens in jou eie bed moet sterf. Geen ordentlike mens behoort in die onpersoonlike kliniese atmosfeer van ’n hospitaal dood te gaan nie! Dit is die gedagtes wat in Dries se kop ronddraai nádat hy in die bed geklim het. Die susters het belowe dat hulle hom sou bel as die einde aanbreek. Dries sug terwyl hy sy moeë lyf dieper tussen die warm lakens inwikkel.

Dit is winter en die sneeu lê spierwit op die bergpieke rondom die dorpie. Hy hoop maar dat oom Flip nog dié nag sal oorleef. Dit is ’n marteling om in die ysige koue jou warm bed te moet verlaat om ’n sterwende en sy familie te gaan bystaan nie! Terwyl hy dieper en dieper in die salige newels van die slaap wegsink, was daar tog êrens in sy brein ’n wekkertjie gestel. ’n Meganisme wat soort van gewag het dat die telefoon êrens in die nag-ure moes lui. Toe die telefoon wel lui, het Dries outomaties gereageer en die gehoorstuk vinnig opgetel, sodat sy vrou nie sou wakker word nie. “Flip is op sy laaste, dominee. Kom asseblief?”

 

Kliek hier om die lekker lees Afrikaanse eBoek te koop!

Image: FreeDigitalPhotos.net

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment