Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Waar is God as goeie dinge gebeur?

Have you ever thought, “Where was God on 9/11 when the World Trade Center and the Pentagon were attacked?” Well, I know where my God was on the morning of September 11, 2001, and He was very busy!

http://www.swapmeetdave.com/United/Where.htm

Stephan Joubert vra: waar is God as goeie dinge gebeur?

Niemand het nog ooit in my eie omgewing gevra wat is die doel daarmee as goeie dinge met mense gebeur nie. Toe my oupagrootjie op negentig oorlede is, het niemand gesê alles gebeur met ‘n rede nie. Maar laat daar net iets sleg gebeur, dan is hierdie tipe taal aan die orde van die dag. Dan praat die Here hard. Dan hoor ons om elke hoek en draai dat ons later sal verstaan. Dan pluk die Here die mooiste blomme eerste vir die hemel. Nooit dink die Nuwe Testament egter in sulke kategorieë oor God nie. Hoekom nie? Want niks of niemand kan gelowiges nou reeds van God se liefde skei nie.

Solank as wat ons na die lewe en na God kyk vanuit ons eie perspektief, sal ons lewenslange gevangenes wees van idees soos dat God een of ander robotagtige, voorafvervaardigde bloudruk oor ons elkeen in die hemel het. Dan moet dit God uiteindelik tot die Oorsaak van sonde en slegte dinge maak, wat terloops volgens Jakobus 4 nooit op sy rekening hoort nie. Slegte mense, wat deur die Bose self aangevuur word, is die oorsaak van oorloë, moord, bedrog, ensovoorts. Daarom moet ons elke dag bid dat God ons van Sataniese aanslae sal bewaar en dat God se wil sal geskied.

As Jesus ons Heer is, dan kyk ons na die lewe deur sy oë. Dan bely ons saam met Paulus: “Vir my is om te lewe Christus” (Fil 1:22). Dan is die vraag nie waar is Jesus as ons in ‘n motorongeluk of ‘n kaping is nie, want ons weet dan dat Christus ons herder is en dat niks of niemand ons uit sy hand kan ruk nie (Joh 10:28-30). Wanneer ons in doodsgevaar verkeer en dit lyk asof almal van ons vergeet het, dan hou ons ons geloofsoog op Jesus, soos Paulus in Filippi se tronk daar in Handelinge 16 en sing tot sy eer. Wanneer ons neergegooi word op die grond en soos ‘n slagskaap voel, dan weet ons niks kan ons van God se liefde skei nie (Rom 8:31-39).

eKerk

Image(s): FreeDigitalPhotos.net

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment