Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Verbeter jou vaardighede, kry 'n nuwe werk – lees 'n Studie eBoek!

http://myafrikaans.com/my-studie.htm

Studie eBoeke

“In Suid-Afrika, waar ’n geraamde 50% van die toppresteerders in ’n maatskappy gedurig voelers uitsteek na nuwe werkgeleenthede en hoogs vaardige aansoekers soms skaars is, is dit ’n slim skuif om die vaardighede van werknemers met potensiaal te verbeter,” Anton Cabral, uitvoerende bestuurder van die prestasie-agentskap LRMG

Besoek ons Studie-eBoek-portaal hier!

“E-leer verskaf ’n lewendige en interaktiewe platform vir onderrig en die doelwit moet wees om leerlinge die heel tyd betrokke te hou in ’n les,” sê Cabral.

Hy glo ’n platform vir e-leer is die waardevolste opleidingshulpmiddel wat die sakewêreld in onlangse jare verkry het en moedig ondernemings aan om só ’n platform in hul werkplek in te stel – of die gevaar te loop dat hulle agterbly by die opleidingsrevolusie.

“Afrika het die sterkste groeikoers ter wêreld vir e-leer-produkte waar studente teen hul eie tempo beweeg. Ook in Suid-Afrika is die bedryf besig om baie vinnig te verander.”

Die belangrikste voordeel van e-leer in die werkplek is dat werknemers toegang tot kennis kry waar en wanneer hulle dit benodig.

“Daarom is dit so noodsaaklik dat die werkgewer hulle doelgemaakte oplossings gee wat in hul behoeftes voorsien en uiteindelik hul prestasie verbeter.”

Baie ondernemings het deesdae ’n volledig toegeruste e-leer-akademie waar werknemers kursusse kan volg wat toepaslik is vir hul werk en dit in hul eie tyd kan voltooi.

Hoewel die konsep nie nuut is nie – rekenaargegronde onderrig word al dekades lank gebruik om byvoorbeeld vlieëniers op te lei – is toerusting vandag baie wyer beskikbaar.

Anton Cabral, uitvoerende bestuurder van die prestasie-agentskap LRMG stel voor dat maatskappye allerlei metodes vir e-leer beproef, soos die gebruik van visuele leermateriaal, infografika, videoskakels, rekenaarspeletjies of opleidingsmateriaal wat op werklike scenario’s gegrond is – alles maniere om die ondervinding groter trefkrag te gee.
“Dit is egter ook raadsaam om e-leer te kombineer met konvensionele klaskamermetodes om te verseker dat die nuwe kennis toegepas en beoefen word.”

Nog ’n wenk is dat ’n groot hoeveelheid teoretiese kennis aangebied word op ’n wyse wat die “muur van woorde” afbreek – hetsy deur animasie of ander infografika.
“Die grondliggende beginsel is dat e-leer jou leerling se hande en oë moet besig hou sodat sy verstand betrokke bly en die inligting neerslag vind.”

Cabral waarsku dat maatskappye moeite moet doen om e-leermateriaal van hoë gehalte in die hande te kry, aangesien dit deurslaggewend vir die sukses van die leerprogram sal wees.
’n Verdere voordeel van individueel-gestruktureerde e-leer is dat personeellede minder tyd weg van hul werkstasie deurbring en reis-en verblyfkoste ook beperk word.

“E-leer vergroot ook die reikwydte van enige opleidingsprogram aansienlik. In ’n klaskamer kan kennis met tussen 20 en 40 leerlinge gedeel word, maar op ’n gedeelde webportaal, byvoorbeeld, is daar geen perk op die aantal mense wat voordeel uit die inligting kan trek nie.”

Baie organisasies in Afrika benut ook e-leer om tekortkominge in hul werkers se taal- of syfervaardighede te oorkom deur spesifiek in visuele leermateriaal te belê wat opleiding toeganklik maak vir alle werkers, ongeag hul opleidingsvlak of maatskaplik-ekonomiese agtergrond.

“Die doelwit van e-leer is om prestasie te verbeter en gedrag te verander. Dit kan net reggekry word as die leerprogram interaktief is en die student ’n positiewe ondervinding bied.”

Bron: Netwerk 24

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment