Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Uittreksel uit die Afrikaanse eBoek: Die Franse Boer

Die Franse Boer is ‘n moet-lees vir iedereen wat ‘n belangstelling het in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Die outeur, Andrew Barlow toon uitsonderlike insig oor die hoe die legkaart van die Suid-Afrikaanse geskiedenis inpas in die internasionale gebeure. 

Voorwoord tot die Afrikaanse eBoek: Die Franse Boer

Daar was tydens die Engelse Oorlog werklik ʼn Franse Boer wat aan die kant van die Boere geveg het. Sy naam was Fritz Joubert Duquesne. Hy was vyf voet tien duim lank, skraal,sterk met donker hare en baie sjarmant. Hy het aan die universiteit in Londen gestudeer en toe aan die Belgiese Militêre Akademie waar hy toe een van die beste swaardvegters in Europa geword het. Hy was ook vlot in verskeie tale.

Fritz Joubert Duquesne se pa het in die Nylstroom omgewing geboer en toe die Engelse Oorlog uitgebreek het, het hy by die Boeremagte aangesluit. Tydens die oorlog het hy gevind dat sy suster op wreedaardige wyse vermoor was en sy ma het in ʼn konsentrasie kamp gesterf. ʼn Onverbiddelike haat jeens die Engelse het by hom posgevat en hy het hom dit ten doel gestel om vir Herbert Kitchener die Britse opperbevelhebber dood te maak.

Fritz Duquesne was verbonde aan die Transvaalse Artillerie waar hy tot kaptein bevorder is. Die geleentheid om Kitchener dood te maak het hom nie voorgedoen nie. Tydens die Eerste Wêreld Oorlog het by die Britte in diens getree. Die bronne verskil oor die presiese hoedanigheid. Maar die kruiser waarop Kitchener en sy staf op pad was na Rusland is gesink deur ʼn reuse ontploffing en daar was geen oorlewendes nie. Duquesne het later beweer dat hy die skip laat sink het.

Tydens Wêreld Oorlog II het hy ‘ʼn groot spioenasie netwerk in Amerika gestig om namens die Duitsers te spioeneer. Die netwerk is ontbloot weens die verraad van ʼn dubbelagent en Duquesne is tot gevangenisstraf gevonnis. Die bronne verskil oor die aantal jare. Van die bronne beweer dat hy in Amerika dood is ander dat hy na sy vrylating teruggekeer het na Suid-Afrika waar hy toe dood is.

Hierdie Roman, “Die Franse Boer” gebruik ʼn paar van die bekende aspekte van sy bedrywighede en soos die leser sal sien nie baie nie. Verskeie ander gebeure wat geskiedkundig juis is word ook gebruik. In die storie trou Rouget Robespierre, die Franse Boer, met ʼn meisie in die Oos Vrystaat waar die mense boer, kort voor die oorlog. Hy neem deel aan verskeie gevegte en vorder tot kommandant van ʼn kommando. Later toe die kommando by sy skoonouers se plaas verby trek vind hy sy vrou sterwend aan longontsteking nadat sy en hulle kind deur haar broer wat toe ʼn joiner was op ‘ʼn wintersnag byna nakend die veld ingejaag is terwyl die huis afgebrand is. ʼn Ruk daarna is die broer/swaer gevange geneem en Rouget se wraak is gepas.

Later is die kommando betrokke by die ontsetting uit ʼn tronk waar ‘ʼn paar ander kommando lede gevange was wagtend om tereggestel te word. So ʼn insident het te Fauresmith plaasgevind. Daar is baie ander insidente, ʼn paar waarvan op werklike gebeure gebaseer en ander weer blote verbeeldingsvlugte. Die verhaal vorder tot waar Rouget die kommando verlaat om Kitchener te Pretoria te dood en nie daarin kon slaag nie, totdat hy eindelik vir Kitchener se kruiser opblaas naby Scapa Flow aan die Skotse kus. Die verhaal eindig met Rouget se terugkeer na die plaas in die Oos Vrystaat en sy sterwe daar by sy ou maat Theo wat in daardie omgewing bly boer het na die Engelse Oorlog. Soos die verhaal vorder van die een na die ander gebeure word kwelvrae geopper wat nog steeds van baie groot belang is. Vraagstukke soos die probleem van vergifnis en wraak, die onderwerping van die eie behoud aand die belange van die groter eenheid, die van familie en volk en self respek.

Die vraag van die benutting van die swart mense as vegters in daardie oorlog en die probleme met die aanvaarding daarvan en dus hoe dit gesien is en gesien hoort te word. Ook tot ʼn mate die probleme van geloof in so ‘n stryd en hoe dit gehanteer hoort te word. Die leser moet egter die aangeleenthede self uitmaak in die lig van die omstandighede. Die vraagstukke is tans nog steeds geldig.

Kliek hier om Afrikaanse eBoek Die Franse Boer teen ‘n bekendstellingsaanbod te koop.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment