DOING BUSINESS IN THE EU


Doing business in the EU

Toerbus na die Poorte van die Hemel deur Harry Louw

Toerbus na die Poorte van die Hemel
Harry Louw

My eerste ses maande as student in Pretoria moes ek noodgedwonge in ‘n goedkoop hotel in Kerkstraat gaan bly. Dit gebeur as jy sloer met jou registrasie. Die feit dat die girltjie wat saam met my gewerk het, skielik swanger geraak het en haar studies moes kanselleer, het veroorsaak dat daar vir my ‘n plek in die klas ontstaan het. Ek onthou soos gister hoe my swaer en my vadertjie saam met my deur die nag gery het om in Pretoria te kom. Ons het so vir Kerkstraat heel van bo af gevang in Pretoria Wes en so aangekarring tot by Kerkplein. Hier het ‘n poeliesman ons gestop en gesê “Nee Meneer, hier mag julle nie deur ry nie.”… “Dis seker heilige grond”; brom my pa…. “Oom Paul staan mos daar”; lewer my swaer kommentaar.

So het ons dan weer vir Kerkstraat gekry na ‘n lang gespook met eenrigtingstrate en uiteindelik by die Eureka Hotel aangeland. My pa en en my swaer het dan die dag hier saam met my deurgebring en die volgende oggend vroeg is hulle daar weg. Ek onthou die aleen onder die ou plataanboom terwyl ek my vadertjie en my swaer in sy Skyline sien wegry. Ek was alleen in ‘n stad vol mense en motors.

Aanpassing was vinnig, want as jy jonk is, is die lewenspad besaai met eenvoud. Die Eureka Hotel was ‘n hotel wat net-net te duur was vir arm studente en ook net-net goedkoop genoeg was vir oumensies wat nie plek in ‘n ouetehuis kon kry nie. So, die oumensies was maar ‘n bekende gesig in die gange of op die voorstoep waar banke in die son gestaan het. Ek het my nie juis met die mense gemeng nie, want soos dit met student is, is jy agt uur al daar weg om betyds by die kampus te kom en dan kom jy eers weer so drie uur terug om dan neus in die boeke te sit of om die stad te gaan verken.

Donderdae was anders as die ander dae, want ek het geen oggend klasse geloop nie. So die eerste Donderdagoggend kom ek agter daar is ‘n beroering in die voorportaal van die hotel. By nadere ondersoek sien ek dan dit was teetyd en die oumensies het saam gedrom vir hulle tee. Ek het ook maar by die ry loop inval en toe vir my lekker tee ingeskink met suiker en melk. Soos ek dan omdraai staan daar agter my die tante wat my met baie skerp ogies staan en dophou. Ek was ‘n lang lummel en geklee in washed denim broek en baadtjie. In haar oë kon ek sien dat ek in ‘n weegskaal geplaas is en het toe maar rustig staan en wag om te lig gevind te word deur die tannie met haar deurdringende kyk. Tot my innerlike plesier ontspan die Tante haar skouertjies en staan nader met ‘n vriendelike gesig.

So het ek dan die Tante van die Toerbus ontmoet. Sy het dadelik land en sand begin gesels. Na ‘n halfuur van rustig sit en luister het ek dadelik geweet dat díe tante ‘n moutermond is en dat sy haar praat sal praat. Tog het dit my nie gepla nie en ek het rustig in die leunstoel daar in die voorportaal terug gesit en die tante se stem soos ‘n wintersonnetjie oor my laat skyn. Lekker warm in die wete dat ek ook hier ‘n ma gevind het so ver weg van my eie moedertjie af.

Ons het mekaar ses maande geken en ten minste een keer per week in die teekamer gesels. Ek het rowwe vriende hier gemaak, maar die opwinding wat die vriende gebring het was ‘n afleiding. Vir die volgende ses maande was ek deur die dag student tussen al die mooi meisies op kampus, in die namiddag in die geselskap van my boeke met ‘n vyftien minute breek in die teekamer waar ek en die tante dan rustig sit en gesles het. In die aande was ek dan in die geselskap van my bouncer pelle voor verskeie hotelle en nagklubs se deure. So het die afwisseling deur elke dag my aandag bevange gehou en tyd het gevlieg.

Eendag bel my ouer suster Ilze en sê dat sy wil kom kuier net voor ek terug gaan Windhoek toe. Dis toe dat tyd my skielik vang en ek besef dat my tydtjie in die hotel my ingehaal het. Ilze het lekker daar gekuier en ek het haar die hele Pretoria gaan wys. Sy was ‘n verassing vir die mense van die hotel en my een bouncer kollega wou glad by haar aanlê. Ek het maar die hotel deur ferm in sy gesig toegedruk en hy is met lammer ogens daar weg. Met die geskarrel het ek die laaste week van die tante vergeet. Sy het by elke namiddag daar in die teekamer vir my sit en wag om vir my van haar verlede te vertel , maar elke keer het ek net nie uitgekom nie, want ek was besig om vir Ilze die stad te wys.

Die heel laaste aand voor ons terug sou vlieg is daar ‘n skaam kloppie aan my deur. Toe ek oopmaak staan die tante daar verleë in die gang. “Ek hoor jy gaan more weg en het jou kom groet” Dit is toe dat ek onthou hoe ek die tante afgeskeep het en ek het bitter sleg gevoel daaroor. Sy het die kamer ingekom en begin gesels asof dit haar laaste geselskap was. Miskien was dit, wie weet? Sy het oor ditjies en datjies sit en praat Ilze het later gelê en slaap en so gesels die Tante net aan. Dit is toe dat sy my vertel van haar eerste toer en hoe sy haar man ontmoet het.

In die ou dae was daar maar min te doen vir die ordentlike jongmense in Pretoria. So almal het hulle geldtjies gespaar om een keer ‘n jaar goedkoop toere in Spoorweg buste te doen. Dit was maar die staat se manier om die mense aan sy land voor te stel . Hierdie bedryf het vinnig verander in ‘n aktiwitiet waar jy jou wederhelfte ontmoet het om te trou. So was die passasiers lys dat meestal ‘n jolige jonk klomp wat van een hotel na die ander gery het en dan hulle harte elke aand uitgedans het en dan ook verlief geraak het op mekaar.

Tant Stienie was maar skugter so in haar jeug, maar het haar oog op die mooie jongman met die brylcreem in sy hare gehad. Hy het half skugter heel agter in die bus gesit en elke keer bloedrooi gebloos as ‘n meisie met hom gesels. Hy kon ook nie dans nie so het maar in die aande by die kaggel loop sit en aan sy pyp gerook. So het Tant Stienie dan ook elke aand by die kaggel loop sit met haar boek en dan het die tweetjies mekaar skelmpies aan gekyk as hulle dink die een sien nie die ander nie. So sit altwee met vlak asems en skoenlappers in die maag en nie een sal reguit na die ander kyk nie.

Dit was winter en dit was blomtyd in Namakwaland en dus kon jy verstaan hoekom die Namakwalanders dit die Poorte van die Hemel noem. Die bus het in die Poorte van die Hemel aangekom. Van hier af sou dit omsit en direk terug ry Pretoria toe. En nog steeds het die tweetjies elke aand bymekaar gesit sonder moed om te begin gesels. Tot die dag toe die bus tussen die Namakwa daisies gaan stop en almal uitklim met snakkende asems vir die absolute skoonheid van die natuur. Tant Stienie het met groot ogens rondgeloop en net gekyk en gekyk. So groot was haar ervaring dat sy dit net met iemand moes deel. So, toe sy omdraai om te soek vir die man wat stil-stil in haar hartjie kom kruip het staan hy reg agter haar met ‘n bossie daisies in sy hande en ‘n vuur rooi blos op sy gesig.

Al wat Tant Stienie kon doen was om die man ‘n soen te gee wat hy nooit sou vergeet nie. Die soen wat hom genoop het om haar hand te vra en saam met haar voor die kantel te loop staan en bloos. Hulle liefde het saam met die ganse Namakwaland geblom. Die tweetjies is getroud. Het jare lank in Pretoria gewoon en as klerk by die provinsiale Administrasie gewerk. Deur die jare wat gevolg het, het die skaam man ‘n ou oompie geword. Hy is oorlede en sy vroutjie het in die hotel gaan bly.

So hier sit Tant Stienie vyf jaar na sy dood en vanaand kon jy sien hoe mooi sy was die dag toe sy die skaam man tussen die blomme gesoen het. In haar oë was trane en op haar ou gesiggie was ‘n helmelse glimlag. Langs my het Ilze lê en slaap en in my borskas het my hart swaar geklop van weemoed. Teen hierdie tyd was dit diep in die nag en die Tante het skielk na die slapende Ilze gekyk en haar hand verskrik voor haar mond geslaan. : “Kyk die tyd!” Sy het my by die deur gegroet met trane in haar oë en vir my dankie gesê vir al die kere wat ek met haar gesels het. Haar laaste sin sal my atyd bybly. “As my skip weer kom dan gaan ry ek weer die toerbus na Namakwaland”

Jare daarna het ek weer in Pretoria gegaan en die duiweltjie op my skouer het my help besluit om weer in die hotel te bly. Die naam het intussen verander na die Yellow Giraffe en het maar danig ongurig gelyk, selfs onder sy nuwe laag verf. Ou Miesies Jansen was nog altyd daar maar net baie oud. Ek het haar uitgevra na Tant Stienie en sy het my vertel dat die tante nie meer lewe nie. Ek het die dag saam met my vriend deurgebring in die stad en die aand het ons by Bubbles gaan kuier, maar my hart was nie in die die storie nie. So toe hy dan nou sy gewillige verpleegstertjie optel en ek myne versaak is ek na die hotel toe en hy na sy verpleegstertjie se woonstel toe. Ek het in die donker teekamer gaan sit en net by die venster na die stil Kerkstraat gesit en uitgestaar en die storie het na al die jare in my gemoed opgekom.

Lees verder by myafrikaans

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

I am an International human resources consultant to multinational companies in international employment law and employee relations.

1 Comment

Leave a Comment