Pine Pienaar, Kat Harmse, die kleurryke Freislichs van Virginia ... Piet Steyn se aanhangers ken die meeste van die hoofkarakters in sy jongste polisieroman. En weer is dit ’n verhaal barstens vol aksie en raaisels en . . . hormone! Propvol dwelms ook, want hierdie keer is dit die landwye toename van tik-verslawing wat ons polisiemane hoofbrekens besorg. Die tik-epidemie is so ’n onvoorsiene vloedgolf wat van die Wes-Kaap na Gauteng oorgespoel het dat niemand minder nie as kolonel Kat Harmse van die Valke na Potchefstroom gestuur word om aan die Noordwes-universiteit ‘n internasionale kongres oor tikverslawing by te woon. Lesings en referate en toesprake? Beslis nie Kat se gunsteling-tydverdryf nie. As dit nie was dat die forensiese patoloog dr. Annie de Villiers (Mooi Annie!) ook die kongres moes bywoon nie, en dat daar intussen in die Vredefortkoepel ’n reeks erg raaiselagtige moorde plaasgevind het nie, sou hy daar en dan almal in hul koepel ingestuur het. Maar toe is Potch nie so sleg nie. Annie bly in die bungalow net langs Kat s’n, hy loop sy ou pel Kris Freislich in die kroeg raak, en sien met naakte bewondering hoe mooi groot Kris se dogter, Baby, geraak het. Wat nie vir Kat so ooglopend soos Baby se kaal midderif is nie, is dat die Vredefortkoepel – ’n wêrelderfenisgebied – die sentrum geword het vir die verspreiding van tik. Die bron daarvan is ’n geheimsinnige plaas in die distrik Vrede, nie ver daarvandaan nie. Dit is hier waar ’n charismatiese godsdiensleier sy onderdane met die Bybel en tik onder sy duim hou. En dit is van hierdie plaas met sy permanent bedwelmde kultusgroep dat ene Charlie Stevens, ’n ou bekende in die Johannesburgse onderwêreld, in die koepel aangeloop kom. Wat is Charlie se verhaal? Hoe hou dit verband met die een lyk na die ander wat in die Vaalrivier afgedryf kom? Eers toe Kat net-net daarin slaag om te keer dat Charlie self in ‘n watergraf beland, begin iets van die misterie deurskemer: Die kultusleier van Vrede oefen sy mag uit deur jong kinders gyselaar te hou. As hulle nie gou speel nie, sterf ‘n seun. En as hý reeds dood is, het hulle nou ook vir Baby!
via Tik – eBoeke.
Misdaadskrywer oorlede
2013-05-10 12:53 Rapport
Piet Steyn se eerste manuskrip het in 2007 by my beland, en ondanks ’n obskure Bybelse titel en ’n woordverwerkerstyl wat ’n mens seker as oud-Vrystaats kan bestempel, is ek aangegryp. Uit die staanspoor was die elemente daar wat sy Pine Pienaar-reeks so ’n sukses gemaak het: ’n Meesleurende storie en ’n baie fyn oor vir dialoog. Een ding het Piet geweet en dit is hoe sy karakters klink, daarvan kon g’n redakteur hom enigiets leer nie. Hy het sy karakters geken en vir hulle omgegee. Hy het veral mynwerkers geken, dit is waarom byvoorbeeld die Freishlich-gesin in sy boeke sulke onvergeetlike mense is.
Piet het ook gesorg vir die lekkerste oorvertelstories – die soort goed waarmee ek my werk interessant kan laat klink. Byvoorbeeld: Toe hy en sy vrou, Annie, eenmaal kom kuier, vertel hulle dat hy sy manuskripte met ’n potlood skryf en sy tik dit dan oor. Maar sekere woorde verseg sy om te tik, en ons weet mos as daar polisiemanne in ’n storie is, dan kan dit mos maar soms soos ’n Lister-enjin klink. En as Annie by so ’n woord kom, roep sy hom, dan moet hy dit self tik, oor haar skouer leun hy dan en soek eers ’n rukkie na die f-sleutel . . .
Snoeiskêr, Bottelnek, Tou en Tik. Piet Steyn se nalatenskap is dat ons kinders se kinders nog vasgenael sal bly lees.
André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”
Recent Comments