Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Arbeidsreg: Het die einde aangebreek vir die Sosiale Europa?

Arbeidsreg: Toekoms van sosiale voorsiening

In die debatvoering rondom die uitbreiding van sosiale sekuriteit en sosiale toelaes in Suid-Afrika is dit interessant om die stand van sosiale sekuriteit in Europa te bestudeer.   Die Raad van Ministers van die Europese Ekonomiese Gemeenskap het in 1972 die beginsel aanvaar dat sosiale doelwitte net so belangrik is soos ekonomiese doelwitte. Tydens die Lissabon-beraad in 2010, word die visie deur die Europese Unie (EU) lidstate bevestig dat Europa die mees kompeterende en kennis-gebaseerde ekonomie van die wêreld moet word maar dat dit gebalanseer moet word met die sosiale doelwitte soos solidariteit en gelykheid van werkers. Wat het egter geword van Jacques Delors (voorsitter van die Europese Kommissie 1985-1995) se ideaal van ‘n sosiale Europa waar werkers se regte gewaarborg word deur internasionale reg en sosiale toelaes ‘n standaard is regdeur die EU? Volgens die internasionale arbeidsregkenner  Professor Roger Blanpair het die EU reeds tydens die Verdrag van Amsterdam in 1997 ‘n sterk ekonomiese Europa maar ‘n sagte sosiale Europa daargestel.  

Europa ervaar tans die ernstigste ekonomiese krisis van die afgelope dekades, en die vraag is of die Europese sosiale model steeds volhoubaar is. ‘n Kritikus het selfs sinies opgemerk dat Europa se hantering van die Griekse skuldkrisis neerkom op ‘n “griekse tragedie” vir  die werkersklas. Die besparingsmaatreëls (‘austerity measures’) wat deur die EU Parlement ingestel is, word deur vele beskou as ‘n burokratiese beskermingsmaatreël vir die belange van internasionale kapitaal. Wat behels hierdie beskermingsmaatreël (austerity) wat EU implementeer?  Dit word beskryf as amptelike optrede deur die owerheid wat ten doel het om die hoeveelheid geld wat spandeer word in ‘n land te verminder. Die hantering van die Europese ekonomiese krisis kan ‘n teken wees dat die Europese sosiale model ‘n mite is. Die slagspreuk van die EU is tans besparing eerste en die regte van die werkers tweede. Selfs in EU lande soos Nederland wat steeds ‘n AAA krediet gradering het, word werkers se arbeidsregte ondergeskik gestel aan die doelwit van besparing.  

Voorstanders van ‘n sosiale Europa begin al meer besef dat die EU-beleid om die finansiële krisis te hanteer neerkom daarop dat die gewone loonverdiener en die middelklas wat in pensioenfondse belê het die groot internasionale banke moet red van hul probleme. Die gewone man op straat moet die spit moet afbyt vir strukturele foute in die ekonomie. Duisende Europese werkers het in April 2011 indie Hongaarse hoofstad Budapest  betoog teen die EU se besparingsplanne.  Regoor Europa protesteer werkers teen die besparingsplanne wat gefokus is op salaris- en pensioenverminderings.  Werkers moet al meer opofferings ten opsigte van hul lewenstandaard maak om sodoende politici en bankiers uit laasgenoemde benarde posisie te red.  Werknemersorganisasies is van mening dat die planne om salarisverhogings en pesioenverbeterings te vries  ‘n negatiewe invloed sal hê op die onafhanklikheid van die kollektiewe bedingingsproses.  Die wyse waarop hierdie besparingsmaatreëls geïmplementeer word is ‘n duidelike bevestiging dat die ekonomiese markbeginsels steeds meer invloed het op politieke besluitneming as wat sosiale oorwegings het. Die Spaanse Minister van Finansies omskryf die rede waarom markoorwegings die botoon voer uitstekend in die volgende opmerking: ”The austerity measures are necessary because we need to grow and grow better and reduce our deficit to be able to continue paying for the state of well-being”.

Arbeidsreg : die toekoms van Sosiale Europa

Arbeidsreg : die toekoms van Sosiale Europa

Image: Grant Cochrane / FreeDigitalPhotos.net

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment