Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Rol van selfuitgee van eBoeke

Carrey skryf eBoek

Die uitgewersbedryf is in ‘n krisis – is eBoeke en selfuitgee dalk die rede daarvoor?

James Patterson se onlangse advertensie in die New York Times Book Review waarsku dat vele klassieke werke nie die lig sou gesien het nie, sonder die rol wat uitgewers gespeel het nie.

Hy vra “Who will save our books? Our bookstores? Our libraries?”

Volgens Futurebook.net is tradisionele uitgewers van mening dat dit immoreel is van skrywers om self hul boeke uit te gee en die uitgewer sodoende te systap. Uitgewers is van mening dat hulle die monopolie moet hê op die publikasie van boeke, want hulle ontwikkel brose nuwe talent en help arm nuwe skrywers oorleef.

Sou aspirant skrywers ooit die mark betree het as dit nie was vir die ondersteuning en mentorskap van uitgewers nie?

Die uitgewersbedryf het tradisioneel volgens 80/20 persent reël gefunksioneer. Die winsgewende 20% boeke subsidieer die 80% niewinsgewende boeke.

Suksesvolle skrywers wat hul eie eBoeke publiseer, is volgens uitgewers immoreel want nou subsidieer hulle nie meer die niewinsgewende nuwe skrywers nie.

Daar is waarheid in die argument in die ideale wêreld, maar uitgewers is besighede en die winsoogmerk is tog van kardinale belang. Skrywers ondervind dat uitgewers al meer van die skrywer verwag soos om verantwoordelikheid te aanvaar vir die taalkundige versorging van die boek en bemarking maar dat die persentasie van wins wat die skrywer ontvang al hoe kleiner word.

via myafrikaans.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment