Pick n Pay het in die begin van November ‘n vennootskap met Kobo aangegaan om die Kobo Touch e-leser as alternatief tot ander e-lesers in Suid-Afrika bekend te stel.
Kobo, ‘n Kanadese maatskappy is ‘n voorstander van oop-platform eBoeke. Volgens News24 verduidelik Todd Humphrey van Kobo, dat die verskil tussen die Kobo-leser en ander e-lesers is dat Kobo oop-platform eBoeke bevorder.
Kom ons gebruik die hipotetiese geval van Anita wat belangstel om ‘n e-leser aanteskaf. Sy koop ‘n e-leser en besluit om ook ‘n eBoek te koop by die selfde handelaar waar sy die e-leser gekoop het. Sy lees die eBoek en geniet dit, maar sien daar is ander eBoekwinkels wat ook interessante aanbiedings het. Dit is hier waar die probleem inkom, die e-leser wat sy gekoop het laat haar nie toe om eBoeke by ‘n ander eBoekwinkels soos myAfrikaans.com te koop nie.
Kobo gebruik die vergelyking van ‘n persoon wie se boeke aan ‘n boekrak vasgeketting is en nie op ‘n ander plek gelees kan word nie. Die eBoeke is ook nie regtig jou eiendom om mee te maak wat jy wil nie. Die Kobo -leser gee die eBoek -leser vryheid om ePub eBoeke te koop waar die beste en interessantste aanbiedings bestaan en dit dan eenvoudig te laai op die Kobo-leser. Die Kobo-leser stel ook die leser in staat om eBoeke te leen by ‘n plaaslike biblioteek wat die diens aanbied.
Verkry ‘n Adobe Digital Editions (ADE) id en wagwoord. Kliek hier om te kyk hoe om dit te doen. Kliek hier om meer inligting van Kobo te verkry oor ADE.
Magtig die Kobo- leser met jou Adobe Digital Editions (ADE) id en wagwoord
Koppel die eLeser met jou rekenaar kies “Manage Library” op die e-leser
Open ADE jou rekenaar, as jy reeds ADE gebruik sluit dit en gebruik die “Device Setup Assistant” funksie.
Kies matig toestel “Authorize Device”
Bevestig dan met “Finished” en jou e-leser is gemagtig.
Jou e-leser sal verskyn as een van jou boekrakke in ADE.
Nadat jy ‘n Afrikaanse eBoek gekoop het by myAfrikaans.com, gaan eenvoudig na myeprodukte by jou rekening by myafrikaans.com en kliek op die PDF of ePub skakel.
Die eBoeke van myAfrikaans.com sal verskyn in jou ADE biblioteek en sleep dan eenvoudig die eBoeke oor van die biblioteek na die Kobo -leser boekrak.
Ontkoppel die e-leser en jou eBoeke is gereed om gelees te word.
André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”
Hierdie is beslis n goeie stap in die regte rigting.Ken n paar mense wat baie tevrede is met Kobo.Ek dink dit sal goed afgaan by die algemene publiek!
Sent via my BlackBerry from Vodacom – let your email find you!
Dit msak baie sin. Die lleesapparaat behoort gestandaardiseer te word, so ook die e-boeke , sodat almal dit kan lees.. Die e-boek biblioteek is interessant