DOING BUSINESS IN THE EU


Doing business in the EU

Nuus – Wenners van die kykNET-Rapport Boekpryse 2014

Die kykNET-Rapport Boekpryse het ten doel om leeslus aan te wakker deur groter erkenning en blootstelling te gee aan interessante en innoverende fiksie en feite in Afrikaans.

In die eerste bestaansjaar van die prys is 54 inskrywings ontvang.  Die keurders was verras deur romans wat die verbeelding aanvuur, wat in tema die nuwe aandurf en in taalgebruik die reikwydte van Afrikaans vergroot. Die verdieping en verbreding van ons begrip van die wêreld by die niefiksie-inskrywings het ook waardering ontlok.

Die wenners van die eerste kykNET-Rapport Boekpryse vir fiksie en niefiksie ontvang elk R200 000 en die wenner van die Filmprys R100 000.

Die wenners vir 2014 lyk soos volg:

FIKSIE

·         Wolf, Wolf, Eben Venter (Tafelberg)

NIEFIKSIE

·         Die oorlog kom huis toe, Albert Grundlingh & Bill Nasson (reds.) (Tafelberg)

FILM

·         ’n Ander mens, Zirk van den Berg (Kwela)

Die wenners is Vrydagmiddag, 21 November 2014 by ’n geselligheid in Kaapstad aangekondig.

via Nuus – Wenners van die kykNET-Rapport Boekpryse 2014.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

I am an International human resources consultant to multinational companies in international employment law and employee relations.

Leave a Comment