Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Nuus – Tien Stories – Naomi Maritz

    

Afrikaanse eBoek

 Anna

Anna se hart voel swaar, seer. Dit het weer gebeur. Sy leer nooit haar les nie. Verlede jaar was dit so. Vier jaar gelede was dit so, en wragtig, nou weer. En elke keer beleef sy die pyn van voor af. Elke keer is die emosie meer intens. Mens sal nou dink dat sy immuun sal raak teen die tyd, maar nee, sy lê nog snags wakker en wonder hoe dit kon gewees het.

Sien, Anna raak vir elke bakatel halsoorkop verlief, elke keer. En elke keer loop sy ‘n bloutjie en met ‘n gekneusde ego. Dan slaap sy nie, eet sy nie vir dae aaneen. Sy praat met niemand nie en isoleer haar geheel en al. Anna het geleer die liefde is ‘n nare ding. Jy druk hom dood, maar as jy weer kyk is daar ‘n uitloopsel. Dis wat nou weer met Anna gebeur het.

Vier jaar gelede het Andries haar gelos. Net so, sonder om te verduidelik. Anna was gebroke. Soveel so dat sy in die hospital beland het – post-traumatiese stress. Anna het vreeslik gehuil. Toe het Anna ‘n eed geneem: nooit weer sal sy toelaat dat haar hart op haar mou gaan sit nie. Toe sy uit die hospitaal kom, het sy opgepak en die stad agter gelaat. Sy wou nooit weer teruggaan nie. Sy wil nie weer daardie pad loop nie. Anna het druipstert op die plaas aangekom. Haar ma was bekommerd, want alhoewel Anna goed gelyk het, was sy stiller, haar oë agter in haar kop, haar hare vaal en kleurloos. Haar ma het haar maar gelos en geglo die plaaslug en boerekos sal Anna weer laat opstaan. Die dae het weke geword en die weke maande.

So het vier jaar verbygegaan en Anna het weer opgestaan.Een aand op ‘n kontrei boere-opskop ontmoet Anna vir Kallie. Pragtige seun van nuwe intrekkers in die distrik. Eers steur Anna haar nie aan die man nie. Sien, sy hou nog vas aan haar innerlike belofte: geen man sal weer haar so leer ken nie. Maar Kallie was gedetermineerd. Hy wou haar beter leer ken. Haar ma het die situasie dopgehou, gesug en melktert gebak vir elke kuier van Kallie, want sien, hy was dan so ‘n ordentelike mannetjie en hy was lief vir melktert. Anna het haar ma betig en gesê sy mors haar tyd. Sy wat Anna is, stel nie belang nie. Maar toe Kallie nie nee vir ‘n antwoord vat nie, het Anna maar ingegee en toegelaat dat Kallie kom kuier. So het sy die melktert saam met hom begin geniet en later toe tog ook sy sêgoed. Kallie was wel belese, so slim en Anna het na ‘n paar maande aan sy lippe gehang. Haar ma kon sien hier kom ‘n ding, want Anna het begin blom. Sy het ook spraaksamer geword. Tot daardie aand in Julie.

via Nuus – Tien Stories – Naomie Maritz.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment