Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Nuus – Stop die veldtog teen selfpubliseerders #eBoeke

Selfpub eBoeke

Deesdae is dit vir aspirant-skrywers maklik om die tradisionele hekwagters te omseil. Hans Pienaar pleit vir ’n einde aan die veldtog teen selfpublikasies

Maar nuwe tegnologie –  en opsies –  ontwikkel by die dag. Die jongste produk is Megabooks, ’n eenheid van die drukkers Megadigital in Kaapstad.

Dit laat jou toe om jou boek se meesterblaaie by hulle te hou, en daarna enkele eksemplare te laat druk en aflewer soos die bestellings inkom. Die proses help ook met bemarking – lesers wat iets anders wil hê om te lees kan aanlyn deur Megabooks se katalogus soek (hoewel die eenheid in sy kinderskoene is, en die aanbod nog nie so groot is nie).

Die establishment trap klei hiermee. Pleks van maniere probeer ontwikkel om die verskynsel te bestudeer, is selfpublikasies uit die staanspoor afgemaak.

Soos Henning Pieterse, skrywer en akademikus dit gestel het by die oorhandiging van die Ingrid Jonker-prys verlede jaar: “Net hier en daar is ’n ou waaraan jy aandag kan gee.”

Die probleem is die “hier en daar”. Pieterse hoef net oor die grasperk by Tukkies te stap na die departement van statistiek om uit te vind as iets hier is, en daar ook, is dit genoeg om statistiese relevansie te hê.

Die feit is hoofstroomuitgewers lewer ook maar net hier en daar werke van gehalte. As jy die magdom swak geskrewe selfpublikasies wil gebruik om die enkele diamante ook af te skiet, moet jy dieselfde met die hoofstroom doen.

Dit beteken jy moet al die tranetrekkers, flou jeugboeke en swak rillers insluit in jou statistiese basis. Dan is jou meesterskrywers soos Ingrid Winterbach ook maar net hier en daar te vind – en verkoop hulle ook nie juis nie.

Selfpublikasies is ’n manier om die denkruimtes van Afrikaans te verruim. Net om dié rede behoort akademici neutraal te bly en dit op ’n meer wetenskaplike wyse te benader.

Kliek hier vir SelfPub eBoeke wat by myAfrikaans verskyn het.

Lees verder in die Burger.

via Nuus – Stop die veldtog teen selfpubliseerders #eBoeke.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment