Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Nuus – Onvergeetlike eBoek rit – Ester

 

http://myafrikaans.com/blog/es/

http://myafrikaans.com/blog/es/

Uittreksel uit ‘n resensie van  Deborah Steinmair, Netwerk24

Die boek Ester is elke bibliofiel se droom: Dit kaap jou kop en aanvaar geen losprys nie. Kerneels Breytenbach se jongste roman is ’n luukse treinrit vol intrige, kinkels en wellus. Maar veral hunkering.

Veel word gesuggereer en aan die leser oorgelaat om te ontsyfer, soos die eendersheid van mense oral. Daar is lyne deur te trek na die huidige politieke bestel: ’n leier, D.F. Malan (volgens die skone Ester het hy die oë van ’n weekdier gehad), ’n man vir wie sy makkers moet lieg en konkel om sy politieke loopbaan te red ten einde hul party aan die bewind te kry. Daar is niks nuuts onder die son nie.

Wanneer dinge een aand jolig raak in die eetwa merk Ester op dat die Afrikaners presies soos Berlyners voor die oorlog kuier: “Hier’s baie drank. Nou nie Kristall nie, maar drank. Olie die masjinerie van ontvlugting. Van vergeet. Hier’s musiek.” Ikoniese volksmusikante soos Hendrik Susan, Nico Carstens en Chris Blignaut is ook op die trein: Hulle maak ’n spoggerige buiging in ’n heerlike kamee of twee.

Hierdie roman is tydloos, universeel en behoort ’n akkoord by alle lesers raak te slaan, selfs dié wat nie ʼn duit omgee vir geskiedenis, spioenasie of stoomtreine nie. Dis louter genot, soos ingevoerde sjokolade. Breytenbach is ’n meesleurende verteller en sy woorde oorrompel en verlei soos ’n beeldskone Duitse spioen. Dis tegelyk dralend en vaartbelyn. Tergend. Die suiwer vreugde wat hy ooglopend ervaar by die weef van sy web trek die leser in en herinner soms aan Etienne van Heerden.

Watter voortreflike, wêreldklasskrywers het ons nie in Afrikaans nie. Hulle, eerder as manipulerende politici en narcistiese sangers, sal die taal laat voortleef.

via Nuus – Onvergeetlike eBoek rit.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment