DOING BUSINESS IN THE EU


Doing business in the EU

Nuus – Mistiek van die Waterbobbejaan

http://myafrikaans.com/blog/bob/

Solet Scheeres skryf in die Maandblad Zuid-Afrika.In 2009 verskyn daar ʼn heruitgawe van Waterbobbejaan deur Ben Venter by Protea Boekehuis. Dit is die laaste boek wat my aandag trek in die kelderrakke van Zuid-Afrikahuis.Dié legende uit die Marico is een van die boeke wat die heel grootste indruk op my as kind gemaak het. Die moontlikheid dat daar in ons eie land ʼn mensdier kon woon wat die Yeti opdraande kan gee, het my gedagtes dae aaneen besig gehou. Dit het die eerste keer in 1968 verskyn en is sedertdien vier keer her-uitgegee.

Die uitgawes is menige keer herdruk. P.G. du Plessis sê in sy nawoord: “Binne bladsye het ek vas in Waterbobbejaan geglo, onder andere oor die uitasem verteltrant van Ben Venter, en die pragtige Boere-Afrikaans wat in sin na sin opslaan van die blad.” Buitendien verduidelik die redigeerder voor in die boek hoe hy met die dinge omgegaan het in die boek wat nou kwetsend en onaanvaarbaar is: “Hierdie verhaal speel af in 1898 en insidente wat aanstoot gee, moet in die konteks van daardie tyd beskou word. Woorde en insidente wat aanstoot gee, is vervang of weggelaat maar dit kon nie in alle situasies gedoen word nie, want dit sou die verhaalgang versteur.”Oor Waterbobbejaan sê hulle: “As jy hom soek, sal jy hom nooit kry nie. Maar as jy hom nie soek nie, sal jy op hom afkom.”

via Nuus – Mistiek van die Waterbobbejaan.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

I am an International human resources consultant to multinational companies in international employment law and employee relations.

Leave a Comment