Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Nuus – Lees Afrikaanse eBoeke maklik op jou slimfoon of tablet-rekenaar

http://myafrikaans.com/android

Kliek hier vir stap vir stap aanwysings om ‘n eBoek op ‘n slimfoon of tablet-rekenaar te lees.

Die meeste gebruikers wat die geheim van eBoeke ontdek het laai hul gunsteling Afrikaanse eBoek op hul tablet-rekenaar en slimfoon. ‘n Slimfoon word gereeld gebruik om vinnig ‘n tydjie af te knyp om die nuutste afrikaanse eBoek te lees en die tablet-rekenaar om luilekker by die huis te ontspan. In hierdie artikel gaan die eenvoudige proses om Afrikaanse eBoeke op jou Android apparaat te lees bespreek word en in deel twee sal ons meer kyk na die iPad en iPhone.

Android was tot kort voor die openbare bekendstelling op 5 November 2007 bekend as die gPhone. Dié bekendstelling het gepaard gegaan met die stigting van die Open Handset Alliance, ‘n konsortium van 47 hardeware, sagteware, en telekommunikasiemaatskappye wat belangstelling het in die bevordering van oop standaarde vir mobiele toestelle.

‘n Tablet-rekenaar is ‘n draagbare rekenaar wat groter is as ‘n mobiele foon of ‘n elektroniese dagboek, met ‘n geïntegreerde aanraakskerm wat ook as sleutelbord dien. Die meeste tablet-rekenaars gebruik die Android of die iOS bestuurstelsel van Apple. Die waarde vir geld, betroubaarheid en gerief van die Android bedryfstelsel maak tablet-rekenaars wat van die bedryfstelsel gebruik maak uiters gewild by gebruikers wêreldwyd.

Dit is ook belangrik om kennis te dra oor wat “Apps” is om ten volle die Android toestel te kan gebruik. “Apps” is programme wat toepassings het vir slimfone en tablet-rekenaars met addisionele gerieflike funksies vir die gebruiker. Een so ‘n toepassing is ‘n “App” wat die gebruiker in staat stel om eBoeke te lees en te beheer. Op die Android toestel is daar ‘n funksie waar die gebruiker verbind word met die Android Market aanlyn winkel waar toepassings afgelaai kan word en waarvan vele gratis is.

via Nuus – Lees Afrikaanse eBoeke maklik op jou slimfoon of tablet-rekenaar.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment