Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Nuus – Kattebak Luistervinke

Lees gerus ‘n verhaal uit Andrew Barlow se bundel: Kronkelpaaie.

Is dit moontlik vir `n regering; vir enige staat; om die sedes en moraliteit van sy burgers met wetgewing te beheer? Wat is die redes en oorsake van onsedelikheid en immoraliteit? Behalwe vir `n paar ondersoeke na sekere aspekte daarvan is daar al ooit  deurtastende navorsing daaroor gedoen? Ek weet nie, ek het nog nie so iets teëgekom nie. As dit gedoen was, lê dit seker en stof vergader in `n universiteit se argiewe waar niemand of baie min mense daarvan weet en waarvan min of geen gebruik gemaak word nie.

Dit is ongelukkig die lot van te veel van die kennis wat deur universiteite tydens die verloop van die eeue vergader het. Dit geld sekerlik vir die sosiale wetenskappe. Met die ander vakgebiede soos die ingenieurswese en medisyne is dit anders, daar word die kennis bekend en word dit gebruik. Waarom is die verskil daar?

Prostitusie kom wêreldwyd voor. Dis glo die oudste beroep in die wêreld. Wat is die oorsake daarvan? In sommige gevalle is dit omdat die vrouens geen ander ‘werk’ kan kry nie, in ander is dit omdat hulle verlei was deur geskenke te kry, selfs om na `n rolprent vertoning te gaan kyk saam met `n man of omdat `n vrou te veel aandag in die werksplek van mans gekry het. Dis so maar dit kom my voor dat daar `n dieper, grondliggender, oorkoepelende oorsaak moet wees. Ek is nie seker nie omdat ek nooit navorsing daaroor gedoen het nie en grond die gedagte slegs op die waarneming van die betrokke mense in baie strafsake waarmee ek te doen gehad het.

En dan hang die verbod op geslagsverkeer tussen mense van verskillende rasse nou hiermee saam. Artikel sestien van die Ontugwet wat so berug was en deur die Nasionale Party Regering op die wetboek geplaas was, was ook `n poging om op idealistiese en ideologiese gebied aan die mens voor te skryf wat hy mag doen en wat nie.

Waarom dink regerings dat hulle deur wetgewing sulke goed kan beheer?

Kliek hier om verder te lees.

via Nuus – Kattebak Luistervinke.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment