DOING BUSINESS IN THE EU


Doing business in the EU

Nuus – Fokus op Sophia Kapp #eBoek

http://myafrikaans.com/die-verhuising.html

Sophia Kapp skryf oor die liefde, tussen die held en die heldin, maar ook liefde tussen ouers en kinders, susters, en vriendinne. En oor al die ander aspekte wat ook deel is van liefdesverhoudings – onsekerheid, hartseer, verlies, verraad, egskeiding, vertroue, vervulling, geborgenheid. Daardeur wil sy vrouekarakters skep wat vir moderne Afrikaanse lesers geloofwaardig is, mense met loopbane, geskiedenisse…

Sophia het in Durban grootgeword en het as enigste kind vroeg geleer dat boeke baie goeie geselskap kan wees. Sy het ná haar universiteitsopleiding in Bloemfontein as ’n Afrikaans-dosent begin werk, maar intussen was sy al alles, van ’n barista tot ’n persoonlike assistent tot ’n boekhouer in ’n bank. Tans is sy dosent in Vertaal- en Tolkstudie by die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit.

Uittreksel uit die verhuising

Haar selfoon vibreer teen haar heup, en dis net refleks wat haar dit laat uithaal en laat kyk wie die SMS gestuur het.

“Is j ok? Gedog j samet klasmaats, ma hul het j hie kom soek. Elz se jyt vanmiddag amper voor ha ingery e snaaks gelyk. Lt wt net asb, dan los ons j uit.”

Christine wat wil weet of sy oukei is. Is sy oukei? wonder Danelle. Sy huil nie histeries nie al wil sy, gooi nie op nie al wil sy, loop nie in die middel van die straat voor motors in nie al wil sy.

Sy laat gly die foon terug in haar sak sonder om te antwoord, deels omdat haar vingers te dom is om ‘n boodskap te tik en deels omdat sy nie weet wat om vir haar huismaats te sê nie. As oukei beteken dat jou oë knip en jou hart klop en jou longe asem in en uit laat beweeg, dan is sy oukei. Maar as oukei beteken dat jy weet wat om jou aangaan en waar jy is, is sy nie.

Sy ry al die hele aand lank met haar ma se motor deur die strate. Dis tyd om huis toe te gaan, weet sy. Dis al lank ná elf en haar laaste klas het vyfuur klaargemaak. Maar sy kan nie. Die huis waarin sy woon, het skielik vir haar afgryslik geword, die blote gedagte dat sy in die gang kan afstap en in die loodgieter met sy pens en sy olierige glimlag kan vasloop, ‘n idee wat sy nie kan begin om te verwerk nie.

Dis nou amper ‘n week sedert sy die middag onverwags by die huis opgedaag het en haar verskriklike ontdekking gemaak het. ‘n Deel van haar weet dat sy nodig het om uit hierdie emosionele lugleegte te ontsnap, maar die waarheid is dat sy haar greep op haar eie werklikheid in so ‘n mate verloor het dat sy nie eers meer weet waar om te begin soek na sin en rigting nie. Om haar oë te knip en sinvol te reageer as iemand direk met haar praat, het al die psigiese energie wat sy tot haar beskikking gehad het, opgebruik.

Haar huismaats is bekommerd oor haar. Sy weet dit, omdat hulle dit by verskeie geleenthede indirek en minder indirek vir haar gesê het: Christine op haar gewone, besorgde, taktvolle manier, Tessa met min finesse of geduld. Maar sy kon hulle nie gerusstel nie. Sy is te stukkend, te voos, om hulle kommer te besweer.

Dis eers toe sy die klein voetgangerhekkie van die Fanie eien dat sy besef waar sy is, waarheen sy blindelings gevlug het. Sy parkeer die motor teen die randsteen, maak die deur oop en klim dan stadig uit, stap nader, deur die hekkie, na die stukkie grasperk agter die krieketnette wat sy al so goed leer ken het. Sak af met haar rug teen die ogiesdraad gestut en haar skouersak tussen haar knieë.

Die ding lê daar soos ‘n siek dier, swaar gelaai met vandag se boeke, skryfbehoeftes, hoofpynpille, handeroom, lipglans, pepermentkougom.

En die bottel brandewyn wat sy vanmiddag by ‘n drankwinkel gekoop het.

via Nuus – Fokus op Sophia Kapp.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

I am an International human resources consultant to multinational companies in international employment law and employee relations.

Leave a Comment