Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Nuus – EERSTE AFRIKAANSE BLOKRAAI-TOEPASSING (App)

Tuis » Nuus » EERSTE AFRIKAANSE BLOKRAAI-TOEPASSING (App)

EERSTE AFRIKAANSE BLOKRAAI-TOEPASSING (App)

15 Nov 2013

 

Jy geniet jou gunstelingtydskrifte deesdae op jou iPad, jy lees die nuus elke dag gerieflik op jou iPhone.  Verbeel jou jy kan jou geliefde blokraaie óók nou op jou katoeter baasraak. Shine Interactive is trots om die Eerste Afrikaanse Blokraai-App vir die iPad  en iPhone beskikbaar te stel.

 

BLOKASPAAI kombineer nou op unieke wyse die vreugdes van blokraaisels met tablet-tegnologie.  BLOKASPAAI is nie ’n hulpmiddel nie, maar ’n volledige invul-applikasie wat die blokraai-entoesias die kans gee om pen en papier weg te gooi en die interaktiewe plesiere van ‘n tablet-blokraai te geniet.    Blokraaie word in ‘n hanteerbare elektroniese formaat aangebied. Met grafika wat sag op die oog val, unieke toetsbord en gemaklike hulpfunksies gaan BLOKASPAAI oor die genot van invul en nié die bemeestering van tegnologie nie.

Blokaspaai bied ’n tuiste vir verskeie blokraai e-publikasies.  Bo en behalwe ’n gratis bonusboek en ons eie Bobaas-reeks, bied ons ook die werk van Suid-Afrika se mees deurwinterde en gewildste blokraaiopstellers aan.   As jy ’n blokraai-liefhebber is, is die moontlikheid groot dat jou gunstelingraaisels opgestel is deur bekende name soos Anina Roux en haar XWord-span, of Yvonne en Heidri van Eeden van Penpret. BLOKASPAAI se verbintenis met hierdie twee top-verskaffers verseker dat die beste gehalte blokraaisels deurlopend vir aanhangers  opgestel sal  word.  Die app sluit ’n BonusBoek in met ses voorbeeldraaisels.  Alle verskaffers se boeke is maklik bekombaar deur App Store se inkooopfunksie en beslaan 24 kopkrap-lekkertes.

via Nuus – EERSTE AFRIKAANSE BLOKRAAI-TOEPASSING (App).

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment