Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Nuus – die DIEPTE van SKARLAKEN : Afrikaanse eBoek

http://myafrikaans.com/blog/skarlaken1/

LIDIA die PURPERVERKOOPSTER

Lees gerus ‘n uittreksel uit hierdie nuwe Afrikaanse eBoek:

EEN

~ So rooi soos purper ~

Lidia se besigheid het floreer, en ander mense se probleme het haar glad nie geraak nie.

Veral noudat haar stoorkamers gevul is met rolle en rolle geweefde en gekleurde materiaal. Sy was bevoorreg genoeg om met die vroue, wie se mans by die stadspoorte koukus, te sit en kuier oor fyn versierde silwer wynkelke.

Kommerloosheid was oor haar hele gelaat te lees terwyl sy die armbande om haar arm rinkel en haar voet met die edelgesteentes op haar sandaal gevleg, tevrede heen en weer swaai. Die glimlag van tevredenheid is nog om haar mond toe sy verskoning maak om te gaan.

~ MΩB ~

Lidia kies koers oor die geplaveide strate en pleine in die rigting van die westelike uitgang van die stad. Sy loer kort-kort oor haar skouer of ‘n vriendin haar dalk dophou.

Ligvoets stap sy tot by die poortboog wat oor die Via Egnatia staan, en loer vir die laaste keer oor haar skouer op pad na die oewer van die Gangites.

Lidia het behoefte daaraan om alleen te wees.

Sy glip haar sandale se bandjies oor haar enkels en gly haar voete in die koel water van die smal Gangites rivier. Die oewer is verlate want die meeste mense is alreeds huistoe na ‘n dag se harde werk.

Dan steek sy haar hand diep in haar kleed se sak, haar vingers vou rondom die parirus rol. Versigtig bring sy die gedeelte van die boekrol van Jesaja te voorskyn.

Sy haal diep asem, en kyk weer ‘n keer om haar rond.

Die man op die plein, het aan Lidia vertel dat sy oupagrootjie se oupa, driehonderd jaar gelede, die profeet Jesaja se boekrol vertaal het vanuit Hebrews na Grieks. Lidia se moedertaal.

Gelukkig kon sy hom oorreed kry om haar die papirus-rol te ruil vir haar duursame en skaars purperkleursel.

Lidia maak die rol stadig en met verwagting oop. Waar het sy dit nou weer gelees? Hier is dit, sommer so aan die begin:

“Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitpraat,” sê die Here: “Al was julle skarlaken rooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol.”

“Maak nie saak hoe diep die vlek van julle sonde is nie, Ek kan dit verwyder. Ek kan julle so skoon maak soos sneeu wat pas geval het. Selfs al is die vlek so rooi soos purper, Ek kan julle wit maak soos wol.”

“As julle my maar net gehoorsaam, en toelaat dat Ek julle help.”- Jesaja.1:18

Die woorde kom nogmaals fluisterend oor haar lippe: “Kom tog Lidia, dat ons die saak met mekaar uitpraat,” sê die Here: “Al is jy skarlakenrooi van die sonde, jy sal wit word soos sneeu.

Al was jy purperrooi sal jy wit word soos wol. As jy my maar net sal gehoorsaam en toelaat dat ek jou help.”

“Sonde – purperrooi – gehoorsaam – en dan – sal Hy – my help.” Haar lippe beweeg geluidloos, die woorde en die wete sink diep tot in haar hart.

Hoe goed verstaan sy nie hierdie woord: ‘purperrooi’, nie. Want sy sien die hande wat die purperslak teen mekaar wring en stamp, en slaan en breek, en nog stamp en stamp en dan: Die swart bloed van die purperslak wat op die pan uitloop om later die kleur purperrooi aan te neem.

Haar, Lidia, se duursame duur purperkleursel – waarvoor net die rykstes onder die rykes kan betaal.

~ MΩB ~

Lidia lig haar kop op vanuit haar geboë gebeds-houding. Verbeel sy haar of hoor sy voetstappe? Lieflike dansende voetstappe. Voetstappe wat die belofte van God voortdra. Sy draai haar kop verwonderd, terwyl sy afwagtend luister na die tintelinde opwelling in haar binneste.

‘n Duifie se koer ruk haar gedagtes terug .”Dit was net my verbeelding,” dink sy.

Sy besef die son het lankal reeds gesak, sy kies haastig koers terug huistoe. Na die ‘Huis van Purper’ soos haar tuiste bekendstaan.

via Nuus – die DIEPTE van SKARLAKEN : Afrikaanse eBoek.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment