Dié karakter is fiktief, het sy in onderhoude gesê. Maar die afgelope week het sy aan Rapport erken: “Ek, Odette Schoeman, is eintlik Claudie. Ek is as vierjarige deur ’n kêrel van my ma gemolesteer.” Swartskaap is op haar lewe gegrond, het sy in ’n telefoniese onderhoud gesê. Telefonies, want oor aangesig tot aangesig praat, moet sy eers nadink. Sy verbreek nou haar stilswye, want sy het die man opgespoor wat dit gedoen het. Jare lank het sy na hom gesoek en noudat sy weet waar hy is, kan sy oor hom en die aaklige gebeure praat, al is dit oor ’n afstand. Haar nagmerrie het begin toe haar ma “eendag met dié man by hul huis” in Boksburg gekom het, sê sy sag, huiwerig, asof sy nie woorde, taal, vertrou om haar pyn te dra of oor te dra nie.
Nuus – Afrikaanse eBoek: 'Jý het met my gelol toe ek 4 was’.
André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”
Recent Comments