Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Moord in die beloofde land – Riette Rust | LitNet

Afrikaanse eBoek

Koop die eBoek hier!

Met byna 20 romans vir volwassenes agter sy naam is François Bloemhof een van die produktiefste skrywers in Afrikaans. Sy gruwelverhale laat jou ril en gril soos geen ander nie en die spanningslyne laat jou behoorlik wakker lê.

Wat opval van Moord in die beloofde land,is die diggeweefde storielyn. Nes jy dink jy het al die drade bymekaar, is daar nog (skokkende) verrassings.

Die verhaal speel hoofsaaklik tussen die 1970’s en 1990’s af. Die Smit-gesin lyk van buite doodgewoon: pa is ’n dokter, ma ’n huisvrou en hulle het twee seuns. Gaandeweg besef jy egter dat hulle swaar dra aan die erfenis van geweld. Ook dat die beloofde land met sy wit ideale midde-in apartheid onder die oppervlak seer is en wil oorkook.

Samuel lei ’n skynbaar doodgewone lewe van skool, universiteit, weermag en trou. Die gebeure word nie chronologies aangebied nie en juis dít skep spanning. Samuel se seksuele ontwaking en geestelike volwassewording word met deernis geskets en Bloemhof kry dit goed reg om vuurwarm sekstonele te skryf.

Ook in dié huis, met sy “modeldokter” aan die hoof, word die teenwoordigheid van ’n bose mag wat letterlik swaar op skouers rus, aangevoel. Dis een van die redes waarom Samuel nie sy onskuld verlóór nie, maar dat dit van hom weggeneem word, soos die buiteblad sê.

Saam met dié donker ding in die huis ontwikkel die hoofkarakter ’n obsessie met die destydse skêrmoordenaar, Marlene Lehnberg. Sy word nie net deel van sy seksuele fantasieë nie, maar is ook die stem in sy kop wat hom tot gruweldade aanmoedig. Ly hy aan skisofrenie? wonder jy aanvanklik. En sal die hoofkarakter toegee aan die stem? Lees maar self.

Nicolette, Samuel se vriendin, is reeds as skooldogter in die roman teenwoordig. Deurentyd wonder die leser: Is sy of Lehnberg die eintlike liefde van Samuel se lewe?

Die verhouding tussen Samuel en sy broer, Erik, word realisties, maar empaties  uitgebeeld. Dié twee is totale teenpole. Erik is die studerende, presterende een. Ma se witbroodjie wat later teen homself beskerm moet word. Samuel stel weer meer in die lewe en fliek as in skoolwerk belang. Sal hy, soos baie gemiddelde presteerders, later tog ’n sukses van sy lewe maak?

Hulle ma is die mooi huisvrou wat alles reg doen. Maar dan verskyn die letsels van mishandeling op haar lyf. Samuel kan dit nie kleinkry hoekom sy ma nog by sy pa bly nie. Maar ook hiervoor is daar ’n goeie rede. Knap uitgedink!

Bloemhof kry dit ook netjies reg om die tagtiger- en neëntigerjare te laat herleef en die leser met nostalgie te vervul. Dit was die tyd van inryteaters, TV-reekse soos Vyfster, skouerkussings, Phil Collins se St Elmo’s fire. Maar ook van afgryslike rassisme en moord (op die grens).

via Moord in die beloofde land – Riette Rust | LitNet.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment