DOING BUSINESS IN THE EU


Doing business in the EU

Uittreksel uit Aanstaande Jaar in Jerusalem eBoek

Aanstaande jaar in Jerusalem eBoek

Aanstaande jaar in Jerusalem eBoek

`n Rukkie later toe Aaron na buite gegaan het om nog hout vir die vuur vir die nag wat skielik koud geword het te gaan haal het sy agterna gestap om hom te gaan help. Sy het daar in die koue by hom gestaan en gesê

“Jy moenie jou pa te veel kwaad maak nie. Dit sal vir ons almal `n groot probleem wees as julle sou stry.”

“Ek weet. Soms kan dit nie verhelp word nie. Hy en jou pa vertrou te veel op die Engelse se goed gesindheid. Ek vertrou hulle gladnie, die Engelse is nie anders as die Franse, Portugese en Spanjaarde nie. Die Jode is tans nog gerieflike bronne van inkomste, dit kan nie vir altyd aanhou nie. Daar is nie `n Joodse gemeenskap of gesin wat nie baie geld aan hulle geleen het nie of aan wie hulle baie geld vir dienste gelewer skuld nie. Hoeveel skuld Richard du Bois aan jou pa? Dit sal nie betaal word nie. In elk geval as die ander gesinne eers hier is kan ons ons eie huis opsit. Dan is dit makliker om die rusies te voorkom of liewer te verhoed.”

“Ons eie huis opsit? Van wanneer af en waarom?”

“Ek het jou tog baie lief. Ek het jou vandat ons baie klein was baie lief. Dit het net al meer en meer met die jare toegeneem. Dit is vir jou wat ek leef en werk en planne maak. Ons is oud genoeg om te trou en ek het gehoop dat jy ook so voel.”

“Ek het jou lief. Nog al die jare maar ek het gewonder of jy ooit so oor my sou voel.”

“Jy is vir my die hele wêreld; die hele rede om te bestaan. Sonder jou sou die lewe, die wêreld sinneloos, doelloos en leeg gewees het. Ek wil hê, ek probeer om die lewe, die wêreld, die rede vir bestaan `n beter plek te maak sodat ons nie in die soort onsekerheid, ellende en onsekerheid hoef te leef nie. Waarom moet ons altyd, oral deur die eeue heen die hoon en haat en jaloesie van ander mense verdra. Ek wil nie hê dat jy slagoffer daarvan moet wees nie. Soos dit nou is is daar nie rus vir my siel nie. Ek het jou te lief om te aanvaar dat jy ook daaronder moet ly.”

“Ek begryp nou. Ek het jou baie, baie lief. Maar jy kan niks op jou eie verander nie. Jy kan nie optree asof ander mense nie bestaan nie en dinge doen en besluite neem sonder om ander mense te raadpleeg en in te lig nie. Almal van ons, al die Jode is in hierdie toestand; baie is in baie erger, baie moeiliker omstandighede as ons. Jy sal met ander mense moet saamwerk as enige van jou planne en drome bewaarheid moet word. Soveel ek kan sal ek jou help en bystaan. Liefde alleen, liefde op sy eie is soos `n perdeblom se saad wat op sy eie op die wind waai. Dit kan niks vermag nie. Liefde moet gedeel word, ons liefde vir mekaar op sy eie sal niks regkry nie. Dit moet met die liefde van al ons mense saamwerk dan sal ons iets kan vermag.”

Hy het haar omhels en styf teen hom vasgedruk en lank so gestaan om sy gevoelens tot bedaring te bring.

“Ek is dom; ek het nooit gedink nie, net gedoen soos ek wou en gedink dis genoeg en reg. Hoe kan ek ooit vir jou laat verstaan hoe lief ek jou het. Met jou saam om te help sal ons op hierdie grond, hierdie gemeenskap nog baie kan verrig.

“Wil jy hê dat ons ons ouers vertel, miskien met al die ander dinge wat nou gebeur moet ons eers `n bietjie wag.”

“Ek dink dat ons dit maar vir eers moet stilhou. Ons moet wag totdat die ander mense hier is. Maar noudat ons dit aan mekaar gesê het sal van die ander mense dit wel begin opmerk.”

“Dit is beter so maar noudat ons albei dit gesê het, noudat dit nie meer net stil gedagtes en drome by elkeen is nie sal dit moeilik gaan.”

Hy het na haar gekyk en sy het gevra

“Waarom het jy stilgebly, nooit gepraat nie, nooit eens gewys hoe jy voel nie?’

“Ons lewens is te onseker, al eeue lank moet ons vlug en kan nooit wortel skiet en ons eie land hê nie. Altyd op die genade van andere in hulle lande leef. En hulle genade duur net so lank as wat ons geld aan hulle kan voorskiet wat hulle nooit terugbetaal nie. Ons is hier in Engeland wyd versprei en is nêrens in genoeg getalle om enige werklike weerstand te bied nie. Is dit die soort lewe om onmoontlike drome waarheid te laat word?”

“Ja dit is. Jy droom die onmoontlike en dit is mooi. Maar die onmoontlike drome kan werklikheid word as `n mens hard daaraan werk. Jy wil dat ons mense almal moet terugkeer na Israel die land van ons voorouers en die land waarheen ons Vader ons mense deur Moses heen gelei het. Ons kan soontoe teruggaan – jou drome kan eendag waar word.”

“Wanneer?”

“Aanstande jaar in Jerusalem!”

“Aanstaande jaar in Jerusalem?! – wanneer is jou aanstaande jaar?”

Kliek op die afbeelding van die eBoek om dit aantekoop!

Afrikaanse eBoek

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

I am an International human resources consultant to multinational companies in international employment law and employee relations.

Leave a Comment