Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Hawe vir Suid-Afrikaners in Rotterdam – Wêreldwyd

Die Koningskerk in Rotterdam is ‘n Nederlandstalige protestante kerk wat aan die Koningshaven (Koningshawe) in Rotterdam lê. Alle Suid-Afrikaners wat Suid-Holland besoek of daar woon sal tuis voel in hierdie Nederlandstalige gemeente met sy sterk Suid-Afrikaanse bande.

Rotterdam is Europa se poort na die wêreld, daarom is die Koningskerk ook ‘n hawe vir iedereen wat by die Rotterdamse hawe aandoen. Die Koningskerk is die tuishawe vir spesifiek die kosmopolitiese woonbuurte Feyenoord, de Kop van Zuid en die Noordereiland. Verder is die kerk die tuishawe vir die binnevaart. Die binnelandse waterweë word hoofsaaklik gebruik deur familieondernemings wat die groot Europese riviere met hul vragskepe deurkruis. Nederlandse riviere vervoer jaarliks nagenoeg 320 miljoen ton na die buiteland.

Die Koningshaven is ‘n Rotterdamse hawe wat die Noordereiland van die wyk Feyenoord op die eiland Ijsselmonde skei. Daar is twee brûe oor die Koningshaven: die Koninginnebrug en De Hef. De Hef is ‘n buitegebruikgestelde spoorwegbrug wat deur die ingenieur Pieter Joosting ontwerp en op 31 Oktober 1927 in gebruik geneem is. Die naam van die brug kom van die hefboommeganisme wat die brug opgelig het om skeepsverkeer deur te laat. De Hef is deesdae ‘n monument ter herinnering aan die plek waar treine die middestad van Rotterdam verlaat het. Sedert 24 September 1993 ry treine deur die Willemsspoortunnel na die Rotterdamse middestad.

Van die Koningskerk se voordeur af is die beweegbare gedeelte van die Erasmusbrug oor die Nieuwe Maas Rivier sigbaar. Die imposante Erasmusbrug lê oor die verlenging van die Koningshaven.

Die leraar van die Koningkerk is ds. Louis Krüger wat in Upington, Suid-Afrika, gebore is. Louis staan bekend as ‘n schipperspredikant (predikant vir mense in die skeepsbedryf) en is verbonde aan die Binnenvaartpastoraat (bediening vir matrose op die binnelandse waterweë) van die Protestantse Kerk in Nederland. Hy het met meer as 500 skippers in verskillende hawens aan die Rijn kontak. Louis het teologie asook Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer. In 1984 verhuis hy na Nederland waar hy as predikant van die Gereformeerde kerk in die gemeentes in Nieuwlande en Sliedrecht werk. Sedert 1994 is hy verbonde aan die Koningskerk in Rotterdam Feyenoord.

Louis is ook ‘n bekende Afrikaanse skrywer wat hom beywer vir die bevordering van Afrikaans in Nederland. Louis se eerste roman, Die skerpskutter (1981) is met die Eugène Maraisprys bekroon. ‘n Basis oorkant die grens (1984) handel oor die oorlog in die voormalige Rhodesië. Sy boeke Donkerboskind, Son op die water, Gevaarlike land en Herinnering aan Agnes is in Nederlands vertaal. Sy roman, Wederkoms – die lewe en geskiedenis van Jannes Hoop, het in 2009 by Human & Rousseau verskyn.

Die Koningskerk se bande met Suid-Afrika is verder verstewig met die implementering van die Ikusasa projek. Die Zulu woord Ikusasa beteken toekoms. Die stigting is aktief betrokke by hulpverlening aan die hulpbehoewendes van Johannesburg in Soweto. Die stigting verskaf veral hulp aan kinders in nood om dit vir hulle moontlik te maak om ‘n skool by te woon.

Die eredienste begin elke Sondag om 10:00 en na die tyd as daar geleentheid om ‘n koppie sterk Nederlandse koffie saam te drink.

Kontak gerus vir André Beukes by +31 61 34 15881 of andre@myafrikaans.com vir meer inligting oor ‘n besoek aan die kerk, ‘n Suid-Afrikaanse selgroep of uitreikaksies.

 

via Hawe vir Suid-Afrikaners in Rotterdam – Wêreldwyd.

 

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment