Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

GEE MY HOOP – selfs toe daar geen hoop meer was nie #eBoeke

http://myafrikaans.com/gee-my-hoop-selfs-toe-daar-geen-hoop-meer-was-nie.html

Die boek het sy ontstaan daarin dat die skrywer relatief onlangs self ʼn tydperk van diepe beproewing beleef het waartydens hoop ʼn sentrale rol gespeel het. In sy worsteling met vrae sonder oënskynlike antwoorde, het hy opnuut hoop ontdek in die wyse waarop God hom gelei, gedra en versterk het in die geloof.  Daar het ʼn dankbare en diepe behoefte ontstaan om hierdie hoop met ander te deel. Dit is sy ervaring as predikant dat die mensdom na ware hoop soek. Daarom is die primêre tema van die boek “hoop”.

Die boek handel oor verskeie positiewe aspekte rondom die tema, maar hanteer ook faktore wat hoop kan bedreig en selfs vernietig. Elkeen se eie aandeel in ander se belewenis van hoop word ook deurlopend onder bespreking gebring.

Wat die boek anders maak as die gewone is dat daar aan die einde van elke hoofstuk ʼn gedig van hoop en bemoediging, deur stefan s geskryf, ingesluit is wat by die tema van daardie hoofstuk aansluit.

Daar is ter wille van afwisseling, ook enkele hoofstukke wat ander relevante temas aanspreek.

stefan s is ʼn predikant wat reeds 30 jaar in die bediening staan en in die tydperk in drie gemeentes gedien het.

“Prediking en pastoraat is my passie. Ek is tans besig met twee afsonderlike kursusse in nood- en traumaberading. Ek is die trotse vader van drie dogters”.

via GEE MY HOOP – selfs toe daar geen hoop meer was nie.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment