Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

eBoek oor "Desperate Housewive"

 

Resensie J.B. Roux – Beeld

Koop die eBoek hier!

Ná Talia vat grond (2011) en Alles wat blink (2012) looi Melissa Scharneck die Afrikaanse leserspubliek met Anderkant die spieël.

Hierdie Desperate Housewives-tipe verhaal is die storie van Maggie, wat meestal alleen in ’n luukse huis woon en haar man toenemend haat omdat sy hom al hoe minder sien. Sy smag dat hy tussen sy ­sakereise deur vir haar sal tyd maak, terwyl Lenta, haar jonger buurvrou, smag dat háár man liewer nie tussen sy werkbedrywighede sy opwagting moet maak nie.

Dan is daar Anna, Lenta se “ma”, eerder as haar huishulp. Dié drie vroue wroeg, kook en filosofeer met oortuiging.

Tussendeur probeer Maggie om haar nuwe huis feng shui-vriendelik in te rig en lees sy skelm die dagboeke wat deur haar man se eerste vrou bygehou is. Julia (die eerste vrou) se huwelik met Mark was allermins maneskyn en rosegeur. Daarmee kan Maggie haar vereenselwig, maar hoe akkuraat is die ongure vermoedens wat Julia oor haar man gehad het?

via Nuus – eBoek oor “Desperate Housewive”.

 

Publiseer jou eie eBoek

Publiseer jou eie eBoek

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment