Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Die parallelstelling van die Afrikaner se posisie met die Palestyn

Die Afrikaanse eBoek is ‘n Bundel met gedigte in Afrikaans en Engels: die twee tale staan teenoor mekaar.

Breyten noem hierdie siklus verse getransformeerde ‘variasies’ van Darwish se werk, met sy eie stem daarin vervleg: “Ek beskou hierdie fragmente as lofbetuiging. Miskien ook ’n poging om die sluier te kan wegtrek van die bekende gelaat …”

Mahmoud Darwish, die vernaamste digter van die Palestynse stryd, is in 2008 oorlede. Die hooftema in sy werk is ballingskap.

’n Bundel met gedigte in sowel Afrikaans as Engels: die twee tale staan teenoor mekaar.

Mahmoud Darwish word beskou as die vernaamste digter, nie net van die Palestynse stryd nie, maar van die kontemporêre Arabiese letterkunde. Die hooftemas in sy werk is ballingskap en ontheemdheid.

Breyten noem hierdie siklus verse ’n “collage”, getransformeerde ‘variasies’ van Darwish se werk, met sy eie stem daarin vervleg:

“Magmoed Darwiesj (Mahmoud Darwish, 1941-2008) die Palestynse digter, was ’n vriend van my. … Onmiddellik na sy sterfte het ek hierdie reeks begin skryf as fragmente van ’n voortgesette gesprek met hom. … In die daaropvolgende weke sou ek noordwaarts reis – eers na Katalonië en daarna verder tot in Friesland … Die gedigte gee dit weer. … Vertaling, om oor te gaan van die een taal in ’n ander, is ook ’n reis. … Ek beskou hierdie fragmente as lofbetuiging. Miskien ook ’n poging om die sluier te kan wegtrek van die bekende gelaat wat nou stil geword het. … Die beelde, tot ’n mate selfs die ritme en die vormgewing, is syne. … Die reis gaan verder en die gesprek duur voort om tussen die woorde na hom te soek.” (Uit die skrywersnota in die bundel)

Bernard Odendaal skryf in Versindaba dat die parallelstelling van ’n/die Afrikaner se posisie in die Afrikaanse Boek met die van ’n/die Palestyn ongewoon is , juis gesien teen die agtergrond van Afrikaners se tradisionele vereenselwiging met die lotgevalle van die Oudtestamentiese Israeliete, en wat in die tweede helfte van die twintigste eeu in ’n simpatieke houding jeens moderne Israel neerslag gevind het.

ons sal ’n volk wees wanneer dit die sanger toegestaan word
om ’n vers van die soerat van Rahman by ’n gemengde troue
in die Bo-Kaap te sing soos ’n kanarie
ons sal ’n volk wees wanneer die patriot sy vierkleur nog net hys
in sportstadions en by skoonheidskompetisies
en tydens herinneringe aan die Groot Vlug – net dit net dit[.]

Uitreksel uit gedig 6

Pieter Odendaal verduidelik in sy artikel in LitNet Akademies dat vertaling word tradisioneel as die oordrag van betekendes van een taal na ’n ander beskou en hierom word betekenisekwivalensie dikwels as evaluerende maatstaf vir vertalings gebruik.

Hierdie artikel voer egter aan dat betekenisekwivalensie nie gebruik kan word om sekere vreemde vertaalkeuses in Breyten Breytenbach se  oorblyfsel/voice over te evalueer nie, juis omdat Breytenbach die tradisionele opvatting van vertaling as die oordrag van betekendes uitbrei deur “oortekening” as vertaalstrategie in te span.

Afrikaanse eBoeke: Oorblyfsel / Voice Over, Breyten Breytenbach, NB uitgewers, R136,00

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment