Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Die 50 Skakerings van eBoeke

Die stille eBoek -rewolusie wat die wêreld aan die gons het is slegs nog ‘n ligte briesie in Suid-Afrika!

Wie is die wenners en die verloorders in die tegnologiese wildernis wat eBoek -publikasie genoem word?

Maak dit regtig saak in watter formaat ‘n eBoek gepubliseer word? Blykbaar JA! Vir die pro en anti Kindle brigades.

EBoek-tegnologie is nog so nuut dat daar nie gepraat word van vlymskerp- tegnologie nie maar eerder van bloedskerp- tegnologie! Die eBoek omgewing verander amper daagliks en tradisionele uitgewers roep uit: “ stop die aarde ek wil afklim!”.

Tog is dit nodig om die praktiese aspekte van eBoeke te ondersoek voor hare gekloof word oor die verskillende tegnologie wat beskikbaar is. Daar is verskeie voordele en nadele wat geldig is in die eBoeke vs gedrukte boeke debat:

Die Nadele van eBoeke:

Die gewig van die eBoek is nie ‘n aanduiding van die gesaghebbendheid daarvan nie
Laas jaar het ek die handboek Comparitive Labour Law in Industrialized Market Economies bestudeer. Die gedrukte boek bestaan uit meer as as ‘n 1000 bladsye en weeg seker meer as ‘n kilogram! Deur net die gedrukte boek met ‘n slag op die tafel neer te sit sal ‘n onderhandelaar al ‘n intimidasie voordeel verskaf in loononderhandelinge.

Jy kan nie so lekker ‘n eBoek deurbaai soos ‘n gedrukte boek nie
Ek hou hoeka daarvan ‘n slapband boek van agteraf deur te kyk. Geen wonder party boeke op die CNA se rakke lyk soms al so afgeleef met sulke – soos ons dit in graad 1 genoem het – “donkieore”.

E-lesers werk met batterye
Alhoewel e-leser ongelooflike batteryleeftyd het, kan die skerm op die mees ongeleëste tyd doof. Dit was net na middernag, ek het ‘n eBoek verslint in die bed en die held het pas deur ‘n dakvenster geval en ….. my e-leser se skerm het ewe skielik in vyftig skakering van swart getransformeer.

Die afsterwe van die koffietafelboek
Iemand skryf onlangs dat nadat hy die eBoek van ‘n sekere skrywer gelees het, hy die gedrukte weergawe gekoop het omdat dit mooi op sy boekrak sal lyk. Ek lees Dana Snyman kyk altyd na iemand se boekrak om te bepaal wat se tipe mens hy is- ek sal maar my e-leser vir hom aanbied vir inspeksie die dag as hy kom koffie drink.

Die einde van die tweedehandse sagteband- boekwinkel
Die verkoop van tweedehandse sagtebandboeke is ‘n belangrike inkomstebron vir goeiedoel organisasies.

Kopieregskending
Kopieregbeheer bly ‘n kontroversiële onderwerp in die digitale wêreld. Kopieerbeskerming (drm) is duur, ongewild by gebruikers en nie 100% veilig nie.

Eboeke kan nie deur jou gunsteling outeur geteken word nie
Deon Meyer kan nie my kopie van 13 uur teken nie.

Die voordele van eBoeke

Dra ‘n biblioteek in jou sak

As jy persoon is wat graag reis, is beperkte handbagasie nie meer ‘n probleem nie. Ook nie as jy pas oor Egipte in die viegtuig jou boek klaar gelees het en nie kan slaap nie. Dit is ook ‘n uitkoms vir iemand soos ek wat graag meer as een boek gelyk lees.

Die woordeboek en wikipedia- funksie op ‘n e-leser maak jou ‘n meer ingeligte leser
Druk eenvoudig op die woord en kies tussen verskillende woordeboeke en wikipedia om die betekenis van ‘n begrip te verkry.

E-leser eienaars lees meer
Mense met e-lesers lees meer. Jy enige tyd dag of nag ‘n eBoek koop in die gerief van jou huis. Die veelbesproke boek is nooit uit voorraad of uit druk nie. My ondervinding is ook omdat die e-leser se lettergrootte en uitleg van die bladsy ingestel kan word volgens jou individuele voorkeure, die leser ook baie vinniger lees. eBoek- winkels soos myAfrikaans.com het ook baie meer spesiale aanbiedings wat gebruikers ook meer eBoeke laat koop.

eBoeke is ideaal vir studente
Handboeke word gereeld opgedateer wat beteken dat die elektroniese formaat vir hierdie doel perfek is.

eBoeke maak nuwe deure oop vir selfpubliseer skrywers
Dit maak finansiële sin vir selfpubliseer skrywers om van die eBoek formaat gebruik te maak. Meer oor selfpublikasie.

Jy boeke waaroor jy verleë is kan ongemerk gelees word
Niemand kan ‘n opinie oor jou vorm oor wat jy lees nie, eBoeke verseker anonimiteit.

Kliek hier om alles te lees oor eBoeke

eBoeke

eBoeke

Afbeelding:The Guardian

Google

 

Tuis

 

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment