Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Bloed op haar hande: Vroue agter tralies

via netwerk24

Resensie deur Marietie Louw-Carstens Maandag 31 Augustus 2015
Koop die eBoek HIER!

Niefiksie

Bloed op haar hande

Carla van der Spuy

LAPA, R185

Slegs R135,23 by myAfrikaans.com

Indien jy belang stel in boeke oor ware misdaad en hou van DStv se Crime Channel, is Bloed op haar hande ’n moet-lees.

Van der Spuy is vir navorsing na onder meer die Pollsmoor-gevangenis in die Wes-Kaap en die vrouegevangenisse in Middelburg, Mpumalanga, en in Johannesburg, waar sy met vrouegevangenes wat weens onder meer moord, winkeldiefstal, bedrog en dwelmmisbruik tronkstraf uitdien, onderhoude gevoer het.

Die boek volg op Van der Spuy se Mens of monster: Die psige van ’n misdadiger, wat in 2012 verskyn het. In dié omvattende boek praat sy met kriminoloë en sielkundiges oor verskillende aspekte van misdaad.

In Bloed op haar hande verwys sy gereeld na Mens of monster en dit kan hinderlik wees vir lesers wat nie die eerste boek gelees het nie.

“Daar is altyd ’n storie agter die storie. Mense oordeel graag, maar wat weet hulle van misdadigers se lewens? Dis hoekom ek die boek skryf. Ek wil weet hoekom vroue in gevangenisse beland,” skryf Van der Spuy.

Skuilname word gebruik vir die meeste van die vroue, van wie sommige tronkstraf uitdien en ander op parool is. Die vroue vertel van die lewe agter tralies – waar lesbiese verhoudings en gevegte in oorvol tronkselle deel is van hul daaglikse bestaan – en hoe hulle die meeste na hul kinders verlang.

In die eerste drie hoofstukke praat Van der Spuy met vroue van die Kaapse Vlakte wat van jongs af aan geweld, aanranding deur hul gesin, dwelms en seksuele molestering blootgestel is.

Twee van die vroue het mesmoorde gepleeg. Een het haar aanneemma en die ander haar man doodgesteek.

Die 44-jarige Saafia Alberts (skuilnaam) is vals deur haar werkgewer se vrou van ’n verhouding met hom beskuldig. Sy het “net dik geraak” en die vrou met ’n mes gesteek – 36 keer . . .

Van die interessantste verhale is van ’n polisievrou wat haar man doodgeskiet het en nou teologie studeer sodat sy ná haar vrylating ’n pastoor kan wees.

Die veralgemening dat al die vroue agter tralies verslons is, word verkeerd bewys met beskrywings van vroue met “lang, pienk naels”, “pienk lippe” en “silwerblink-en-turkoois oogskadu”.

Die streng tronkroetine waar aandete al 15:30 be­dien word en waar tot 40 vroue ’n sel moet deel, maak ’n mens dankbaar vir jou vryheid.

Sielkundiges en kriminoloë gee aan die einde van elke hoofstuk hul professionele mening oor wat aanleiding kon gee tot elk van die vroue se misdrywe.

Bloed op haar hande is nie ligte leesstof nie en glad nie vir sensitiewe lesers nie.

 Marietie Louw-Carstens is ’n joernalis in Beeld se Limpopo-buro.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment