Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Anderkant die spieël deur Melissa Scharneck – Elbie Adendorff | LitNet

http://myafrikaans.com/anderkant-die-spieel.html

Anderkant die spieël, die nuutste werk van Melissa Scharneck, bied nie net ’n blik op die lewe van Maggie, ’n huisvrou wat so pas in ’n nuwe huis op ’n nuwe dorp ingetrek het, nie, maar ook op dié van haar buurvrou, Lenta, en dié se huishulp, Anna, en op wat anderkant die spieëls in hulle lewens aangaan.

Scharneck het haarself reeds as skrywer van veral vroueverhale, sogenaamde “chick-lit” of “mommy-lit”-verhale, bewys. Sy skryf toeganklik en met humor en patos oor vrou-wees en verhoudings. Ook so in hierdie roman.

Anderkant die spieël vertel die verhaal van drie vrouekarakters, naamlik Maggie, Lenta en Anna. Deur Maggie as die ek-verteller se oë leer ons meer van haar lewe, en later, deur middel van Anna se vertellings aan Maggie, leer ons ook meer van Lenta se lewe.

Maggie bly alleen in haar nuwe luukse huis, wat sy tans besig is om te feng shui om sodoende ’n kalm, rustige en gelukkige huis te skep en sien haar man maar selde. Sy wens hy wil meer huis toe kom: “Alles moet perfek wees wanneer hy hier aankom. So perfek soos dit kan wees tussen al die bokse. Dalk bly hy ’n bietjie langer as alles mooi en lekker en reg is. Dalk is dit dan vir hom moeilik om te gaan, as ek kan bewys ek is die bly werd.” Daarteenoor wens Lenta dat haar man nié gereeld huis toe kom nie. Tussen hulle twee staan Anna, wat vertroueling en ma-figuur vir beide vroue word: aanvanklik eers net vir Lenta en daarna al hoe meer vir Maggie. Die drie vroue se stories is nie net hulle stories nie, maar verteenwoordig dít wat in baie vroue se lewens agter geslote deure aangaan.

Dit is ’n verhaal wat handel oor verhoudinge – veral die huweliksverhouding en hoe vroue hulleself in ’n huwelik kan verloor; soos wat dit op die agterblad verwoord word: “Ek weet nie wie ek is nie en iewers is daar altyd ’n man, lewend of dood, wat my aandag so beset dat ek nie tyd het om uit te vind nie.” Maar dit is ook ’n verhaal oor die vriendskap tussen vroue, en met hierdie twee temas kan baie lesers identifiseer.

Die tema van verhoudinge is een wat met hartseer en neerdrukkendheid uitgebeeld word, aangesien beide Maggie en Lenta nie gelukkig in hulle huwelike is nie. Maggie sê: “Niks is soos ek gedink het dit sou wees nie. Niks is soos ek wou hê dit moet wees nie”, terwyl Lenta sê: “Hoe wens ek nie Lodewyk wil leer om van my te vergeet nie. Jy soek jou man by die huis en ek sou myne vir ’n jaar pos as ek kon. Dis net pyn en lyding wanneer hy by die huis rondhang.” Daarteenoor is die tema van vriendskap een van genesing en hoop, en dit is veral die jonger Lenta wat vir die ouer Maggie genesing bring: “Ek soek nog die perfekte plek om dit op te hang, want ek sal Lenta de Waal altyd onthou. Sy het my die moed gegee wat sy altyd vir iemand wou gee.”

 

Koop die eBoek hier!

via Anderkant die spieël deur Melissa Scharneck – Elbie Adendorff | LitNet.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment