Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Almal is op soek na liefde

Almal is op soek na liefde.

Daar is niks so belangrik as om lief te hê en liefgehê te word nie. Maar dikwels weet ons nie hoe om toenadering te soek tot ander nie – hetsy in ons gesin, by ’n vriend, ’n eggenoot of in ’n romantiese verhouding. In Leef in liefde bring dr. John Townsend die goeie nuus dat liefde aangeleer kan word.

Hy help die leser om die aard en sleutelbeginsels van liefde te verstaan en verduidelik die vaardighede wat mense kan aanleer om die liefdevolle mense te word wat hulle eintlik bedoel is om te wees. Aan die hand van stories en voorbeelde uit sy jare lange ondervinding bied Townsend praktiese raad oor hoe om liefdevolle verhoudings te vind, te bou en in stand te hou.Van die sleutelbeginsels wat hy bespreek, sluit in:

Konneksie: Hoe om ’n emosionele band te vorm,

Waarheid praat: Eerlikheid wat die ander persoon dien,

Genesing: Herstel wat gebreek is,

Laat los: Aanvaar wat is en gee op wat oorgegee moet word,

Romantiek: Die unieke liefde tussen ’n paartjie.

Leef in liefde, Dr John Townsend, Struik Christian Media, Afrikaanse eBoeke: R96.00

Image: FreeDigitalPhotos.net

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment