Afrikaanse eBoeke

Image: Maggie Smith / FreeDigitalPhotos.net

Eboeke verkaf buigsaamheid, kostebesparings, voordele vir die omgewing, en onmiddellike beskikbaarheid – dinge wat lank reeds vir Engelse lesers ’n werklikheid is.

Besoek die opwindenste Afrikaanse eBoekwinkel hier!

Die stille eBoek -rewolusie wat die wêreld aan die gons het is slegs nog ‘n ligte briesie in Suid-Afrika!

Wie is die wenners en die verloorders in die tegnologiese wildernis wat eBoek -publikasie genoem word?

Maak dit regtig saak in watter formaat ‘n eBoek gepubliseer word? Blykbaar JA! Vir die pro en anti Kindle brigades.

EBoek-tegnologie is nog so nuut dat daar nie gepraat word van vlymskerp- tegnologie nie maar eerder van bloedskerp- tegnologie! Die eBoek omgewing verander amper daagliks en tradisionele uitgewers roep uit: “ stop die aarde ek wil afklim!”.

Tog is dit nodig om die praktiese aspekte van eBoeke te ondersoek voor hare gekloof word oor die verskillende tegnologie wat beskikbaar is. Daar is verskeie voordele en nadele wat geldig is in die eBoeke vs gedrukte boeke debat:

Die Nadele van eBoeke:

Die gewig van die eBoek is nie ‘n aanduiding van die gesaghebbendheid daarvan nie
Laas jaar het ek die handboek Comparitive Labour Law in Industrialized Market Economies bestudeer. Die gedrukte boek bestaan uit meer as as ‘n 1000 bladsye en weeg seker meer as ‘n kilogram! Deur net die gedrukte boek met ‘n slag op die tafel neer te sit sal ‘n onderhandelaar al ‘n intimidasie voordeel verskaf in loononderhandelinge.

Jy kan nie so lekker ‘n eBoek deurbaai soos ‘n gedrukte boek nie
Ek hou hoeka daarvan ‘n slapband boek van agteraf deur te kyk. Geen wonder party boeke op die CNA se rakke lyk soms al so afgeleef met sulke – soos ons dit in graad 1 genoem het – “donkieore”.

E-lesers werk met batterye
Alhoewel e-leser ongelooflike batteryleeftyd het, kan die skerm op die mees ongeleëste tyd doof. Dit was net na middernag, ek het ‘n eBoek verslint in die bed en die held het pas deur ‘n dakvenster geval en ….. my e-leser se skerm het ewe skielik in vyftig skakering van swart getransformeer.

Die afsterwe van die koffietafelboek
Iemand skryf onlangs dat nadat hy die eBoek van ‘n sekere skrywer gelees het, hy die gedrukte weergawe gekoop het omdat dit mooi op sy boekrak sal lyk. Ek lees Dana Snyman kyk altyd na iemand se boekrak om te bepaal wat se tipe mens hy is- ek sal maar my e-leser vir hom aanbied vir inspeksie die dag as hy kom koffie drink.

Die einde van die tweedehandse sagteband- boekwinkel
Die verkoop van tweedehandse sagtebandboeke is ‘n belangrike inkomstebron vir goeiedoel organisasies.

Kopieregskending
Kopieregbeheer bly ‘n kontroversiële onderwerp in die digitale wêreld. Kopieerbeskerming (drm) is duur, ongewild by gebruikers en nie 100% veilig nie.

Eboeke kan nie deur jou gunsteling outeur geteken word nie
Deon Meyer kan nie my kopie van 13 uur teken nie.

Die voordele van eBoeke

Dra ‘n biblioteek in jou sak

As jy persoon is wat graag reis, is beperkte handbagasie nie meer ‘n probleem nie. Ook nie as jy pas oor Egipte in die viegtuig jou boek klaar gelees het en nie kan slaap nie. Dit is ook ‘n uitkoms vir iemand soos ek wat graag meer as een boek gelyk lees.

Die woordeboek en wikipedia- funksie op ‘n e-leser maak jou ‘n meer ingeligte leser
Druk eenvoudig op die woord en kies tussen verskillende woordeboeke en wikipedia om die betekenis van ‘n begrip te verkry.

E-leser eienaars lees meer
Mense met e-lesers lees meer. Jy enige tyd dag of nag ‘n eBoek koop in die gerief van jou huis. Die veelbesproke boek is nooit uit voorraad of uit druk nie. My ondervinding is ook omdat die e-leser se lettergrootte en uitleg van die bladsy ingestel kan word volgens jou individuele voorkeure, die leser ook baie vinniger lees. eBoek- winkels soos myAfrikaans.com het ook baie meer spesiale aanbiedings wat gebruikers ook meer eBoeke laat koop.

eBoeke is ideaal vir studente
Handboeke word gereeld opgedateer wat beteken dat die elektroniese formaat vir hierdie doel perfek is.

eBoeke maak nuwe deure oop vir selfpubliseer skrywers
Dit maak finansiële sin vir selfpubliseer skrywers om van die eBoek formaat gebruik te maak. Meer oor selfpublikasie.

Jy boeke waaroor jy verleë is kan ongemerk gelees word
Niemand kan ‘n opinie oor jou vorm oor wat jy lees nie, eBoeke verseker anonimiteit.

Kliek hier om alles te lees oor eBoeke

eBoeke

eBoeke

Afbeelding:The Guardian

Google

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kliek hier om alles per vonkpos te ontvang

Join 326 other followers

  • Ster eBoeke van die week: 17 Mei- 2013
    20% Korting op die eBoeke wat die afgelope week die meeste besigtig is! Anderkant die scrap Agt en veertig uitgesoekte Dana-stories. Vir lesers wat wou weet wie daardie mense op die omslag van Dana se blitsverkoper Uit die binneland was, lê hy nou familie uit in die storie “Familiefoto”. Maar eintlik is al die mense in sy stories familie met dieselfde kwaal: […]
  • Nuwe Audio-boek in Afrikaans
    Spesiale Aanbieding! Bestel die volledige Audio-boek by bestelling@myafrikaans.com vir slegs R200,00! Ná sy aftrede het Frederick J. Smith (62) verveeld geraak. Toe begin hy hygromans skryf. Hoekom? Want, sê hy, Afrikaanse liefdesromans kort oemf! Sy nuutste erotiese boek, Maskers, is onlangs bekend gestel. Dit is die derde boek in die fiksie-trilogie Geen g […]
  • Volop Afrikaanse eBoeke
    Meer as 750 eboeke in Afrikaans wat by NB-Uitgewers se onderskeie drukname verskyn het, is nou ook aanlyn as e-boeke ook beskikbaar by myafrikaans.com. Dit sluit in topverkoper-boeke deur Deon Meyer, Marita van der Vyver, Anchien Troskie, Dana Snyman en Ena Murray. Die e-boeke kan op enige e-boekleser, tablet, rekenaar of slimfoon gelees word. Die volledige […]
  • Ster eBoek van die week: Steel vir my 'n dogter
      Magda Small se Afrikaanse eBoek: Steel vir my 'n dogter word met trots bekend gestel. Meer oor Magda Small: Ek het as plaaskind in die Bronkhorstspruit omgewing groot geword, vandat ek kan onthou was ek lief vir lees en Geskiedenis, ek wou altyd skryf maar dit het nooit gebeur nie. Later is ek getroud met die groot liefde van my lewe, het twee wonderl […]
  • Ster eBoek van die week: 'n Nuwe wildernis
    Gert van der Westhuizen skryf oor 'n Nuwe wildernis: Oor Suid-Afrika se Grensoorlog van 1966 tot 1989 in Namibië en Angola sal daar sekerlik nooit genoeg geskryf kan word nie. Daar is immers by die 500 000 dienspligtiges in dié tydperk opgeroep en baie – talle van hulle was destyds onwillige soldate – moet nog hul wedervaringe verwerk. Veral noudat hull […]
  • Halfprys ster eBoek 14-20 April 2013: Engele in die vreemde
    Ster eBoek deur Chris Schoeman is slegs vir die week beskikbaar teen 50% korting! Na die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog het honderde vroue hul moederlande verlaat en na Suid-Afrika gekom, sommige op soek na avontuur, ander met ’n egte begeerte om die slagoffers van die oorlog te help. Hulle het van reg oor die wêreld gekom – van Brittanje en sy kolonies, […]
  • Ster eBoek van die week: Kaalkop
    Ek het selfs al ’n boek geskryf met dié titel en voor ek eendag my laaste asem uitblaas, sal die verpleegster langs my bed se naam seker ook Dinsdag wees. Só hardloop ek op ’n Dinsdagoggend om 10:25 by ’n regeringskantoor in. Ek moet my nuwe paspoort gaan haal, daarna moet ek iewers my aansoek om ’n visum indien en daarna moet ek betyds op die lughawe wees v […]
  • Ster eBoek van die week: Wolf Wolf deur Eben Venter
      Op die skerm van die kring-TV sien hy dit: twee skerp gepunte hondeore by die voorhek. ’n Wolfhond? Hy hou die knoppie in en tuur na die blougrys nagtoneel – en die buitengewoon groot hondekop wat hom stip aanstaar. Daar is iets aan die stil blik van die donker oë wat nie heeltemal reg lyk nie, en die oomblik dat die hees stem oor die luidspreker kom, weet […]
  • Aanstaande Jaar in Jerusalem, 'n eBoek wat elke afrikaner moet lees
    Andrew Barlow skryf so oor sy nuwe eBoek, Aanstaande Jaar in Jerusalem: In die sewende eeu voor Christus was die Jode verdeel in twaalf stamme wat wydverspreid was oor `n groot gebied in die Midde Ooste. Tien van die stamme het gewoon in die noordelike gebied en slegs twee in die suidelike gebied. Hulle getalle was nie baie groot nie maar hulle was moeilike […]
  • eBoek oor die evolusie, wetenskap en geloof
    Die eBoek van Jaap Durand ondersoek die wisselwerking tussen evolusie,wetenskap,en,geloof. Hierdie eBoek word teen 'n spesiale prys van R55.08 bekend gestel.  Kliek hier om die moet-lees Boek te koop! In die tweede helfte van die 19de eeu is die evolusieleer met krag en oortuiging as ’n wetenskaplike teorie voorgedra. Met die verloop van jare het meer e […]
Pinterest

Andre Beukes

myafrikaans.com

Flickr Photos
Swartskaap

nasleep

Lig soos 'n klip

More Photos
Goodreads
No data found
Book recommendations, book reviews, quotes, book clubs, book trivia, book lists
Webring
Powered by WebRing.
This site is a member of WebRing.
To browse visit Here.
Google +
Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 326 other followers

%d bloggers like this: