Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Afrikaanse eBoek oor bokke in die kombuis

Afrikaanse eBoeke: Bokke se Kombuis: Duane Heath: Random House Struik – R80.00

Bokke se Kombuis is ’n visuele feesviering van Suid-Afrikaners se liefde vir kos en rugby, hier aangebied in die gunstelingresepte van 40 voormalige en huidige Springbokrugbylegendes.

Van die beroemdste manne in groen-en-goud het hul truie vir voorskote verruil – waaronder John Smit, Kobus Wiese, Victor Matfield, Wynand Claassen, Fourie du Preez, Jan ‘Boland’ Coetzee, Bryan Habana, Chester Williams, Morné du Plessis en Bakkies Botha – om hul liefde vir kos te onthul.Weg van die rugbyveld en die fel lig van televisie­kameras, neem Bokke se Kombuis jou tot in die spelers se huise en harte, en gee ’n intieme kykie in die rol wat kos in hul private lewens speel.

Bokke se Kombuis gaan egter nie net oor ons rugbyhelde se gunstelingresepte nie – dit is ’n unieke Suid-Afrikaanse verhaal oor hoe kos ou rugbyvriende en totale vreemdelinge om braais, skottels en kombuistafels oor die hele land heen bymekaarbring.

Bryan Habana se dekadente sjokoladekoek

Huisgenoot

“My wenke vir die volmaakte koek: Gebruik dieselfde koppie om die bestanddele af te meet en gebruik eiers teen kamertemperatuur, nie uit die yskas nie. Maak ook seker dat jy twee ronde 20 cm-koekpanne gebruik. Wanneer die koek afgekoel het, moet elkeen horisontaal middeldeur gesny word sodat jy vier lae het.”

Kliek hier om in te teken op Huisgenoot

1 k (250 ml) koekmeel 
2 e (30 ml) kakaopoeier 
2 t (10 ml) bakpoeier 
1 k (250 ml) strooisuiker 
½ k (125 ml) kanola-olie 
½ k (125 ml) kookwater 
4 ekstragroot eiers, geskei 
1 t (5 ml) bakpoeier 

VERSIERSEL 

1 blikkie (360 g) karamelkondensmelk 
3 e (45 ml) appelkooskonfyt 
2 e (30 ml) droë klapper 
4 k (4 x 250 ml) versiersuiker 
¼ k (60 ml) kakaopoeier 
250 g botter, teen kamertemperatuur 
2 t (10 ml) rumgeursel (opsioneel) 
sowat 5 e (75 ml) water 
kersies en geroosterde, gevlokte amandels vir versiering

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Smeer en voer die koekpanne uit.

Sif die meel, kakao, bakpoeier en strooisuiker saam in ’n bak.

Meng die olie en water en voeg dit by die droë bestanddele.

Klits die eiergele en voeg dit by die mengsel.

Meng goed.

Gebruik ’n skoon klitser en klits die eierwitte en bakpoeier saam tot styf.

Vou dit liggies by die beslag in.

Verdeel die beslag tussen die twee voorbereide panne.

Bak 20-25 minute of tot die koeke van die panne se kante af loskom.

Keer dit op ’n afkoelrak uit en laat afkoel voor jy dit in vier lae verdeel.

VERSIERSEL 

Meng die caramel en appelkooskonfyt.

Verdeel die mengsel in die helfte en voeg klapper by die een helfte.

Sif die versiersuiker en kakao saam.

Klop die botter tot romerig en voeg die versiersuikermengsel geleidelik by.

Voeg die rumgeursel (indien gebruik) en water by en klits.

Voeg nog ’n bietjie water by as dit te styf is.

Sit die onderste laag op ’n opdienbord.

Smeer ’n kwart van die versiersuikermengsel oor.

Sit die tweede laag op en smeer die karamel-en-klappermengsel daaroor.

Sit die derde laag op en smeer met nog ’n kwart van die versiersuikermengsel.

Sit die laaste laag op en smeer die karamel- en-konfytmengsel daaroor.

Versier die koek se kante met die oorblywende versiersuikermengsel.

Versier met kersies en geroosterde amandelvlokkies.

Kliek hier om die Afrikaanse eBoek te koop!

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment