Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Afrikaanse eBoek gee 'n kykie in die howe

Kronkelpaaie

Andrew Barlow skryf soos volg oor sy nuutste Afrikaanse eBoek:

 

In hierdie bundel is daar twee en dertig verhale. Hulle het dit in gemeen dat almal ware gebeurtenisse is. Behalwe “Waar is Hy Nou”, “Om `n Perske te Pluk,” “Die Katedraal se Trappe,” en “`n Lamppaal As Galg” het almal in die howe afgespeel – “`n Lamppaal as Galg het wel later in die hof beland toe die betrokke persoon verhoor is. Almal het egter met die regspleging te doen al is dit in die geval van “Om `n Perske te Pluk” bloot omdat die hoofkarakter `n beampte van die hof was. Hy is nou reeds geruime tyd al dood en hy sou nie omgegee het dat die storie vertel word nie – hy kon later daaroor lag.

Ek dink dat die verhale die leser `n kykie in die gebeure in die howe sal gee. Van die berigte oor sake soos dit noodwendig in al die media oor verslag gedoen word kan daar nouliks `n beeld gegee word van wat werklik in die howe gebeur. In die verhale sal u sien dat baie meer aandag aan die mense en omstandighede gegee word as wat miskien algemeen aanvaar word.

Hierin sal u so `n kykie kry in al die dikwels, gewoonlik botsende en meermale erg botsende belange wat oorweeg moet word. U sal self kan besluit watter belange vir u die belangrikste sal wees – veral gesien in die lig van die hoë voorkoms van alle soort geweldsmisdade van die huidige.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment