Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Abel trilogie

Die langverwagte derde en laaste boek in Chris Karsten se spannende Abel-trilogie, Die afreis van Abel Lotz, is vandeesmaand op die rakke.

Die polisie word ontbied na ‘n kamer in die Sleep Inn in Bez Valley. Bloed en hare in die bad dui op ‘n slagting, maar daar is geen lyk nie. Wanneer ‘n gelooide en onthaarde vel in formalien gevind word, weet Ella Neser sy is weer op Abel Lotz se spoor. Abel bevind hom in Brugge, by sy vriend Ignaz Bouts.

Kort voor lank soek hy weer na velle met tatoes vir die omslae van die tien volumes van sy Kosmiese Reise, hierdie keer met die hulp van Ignaz. Hy het twee velle en kort nog agt. Intussen word die lyk van ‘n amptenaar van Binnelandse Sake kaal en bevrore langs ‘n dam gevind, sy keel afgesny. Dit blyk dat ‘n joernalis op sy spoor was, nadat ‘n Suid-Afrikaanse paspoort aan die lyk van ‘n meesterbrein van Al-Kaida gevind is.

Abel se ontwaking

R120,00

 

Abel Lotz bewerk die velle van diertjies om te verruil vir die maskers en tsantsas uit Afrika en Suid-Amerika wat hy in sy galery in Johannesburg verkoop. Vir sy vyftigste verjaarsdag soek Abel ontwerpe vir die omslae van sy Kosmiese Joernale. En ’n nuwe gesig.

Abel se lot

R120,00

 

Boek twee in die Abel-trilogie.Ella Neser is met verpligte siekverlof na haar noue ontkoming aan Abel Lotz se skalpel. Tussen beradingsessies en harplesse, peins sy oor die foto’s van Abel se vier slagoffers, vasberade om hom te vang voor hy weer moor. Wanneer ’n inbraak uitloop op ’n sterfgeval, keer Ella terug om die skuldiges aan die pen te laat ry. Sy is egter nie die enigste een op hulle spoor nie. Is Abel Lotz terug, of is daar ’n nuwe moordenaar in Doradopark?

Oor die outeur

Chris Karsten is op 9 November 1947 op Morgenzon in Mpumalanga gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Hoogenhout op Bethal en behaal ’n BA-graad met Afrikaans-Nederlands en Sielkunde aan die Universiteit van Pretoria (1970). Hy werk daarna as koerantjoernalis by Volksblad, Beeld en Rapport. Karsten is die skrywer van twee kinderboeke, Floris sapiens (1985) en Die jokkie wat met perde kon praat (1997). Hy ontvang die Sanlamprys vir jeuglektuur (silwer) vir Floris sapiens. Sy eerste roman, Frats, het in 2007 verskyn, en is ’n jaar later met die ATKV-prosaprys bekroon. As koerantman was hy in verskillende joernalistieke hoedanighede gemoeid by baie van die stories wat in sy Ware Misdaad-reeks opgeneem is. Van die titels wat sedert 2007 in dié reeks verskyn het, sluit in Riller in die raaisel, Opspraak deur moord, Dodelike vroue, Verlore onskuld en Boos en bisar. Sy boek oor aktrise Charlize Theron verskyn in Mei 2009 en is in Afrikaans (Charlize: Ek leef my droom) en Engels (Charlize: Life’s One Helluva Ride) beskikbaar. Karsten se eerste Abel-boek, Abel se ontwaking, verskyn in 2010. Dit is verlede jaar met beide die ATKV-Prosaprys en Prys vir Spanningslektuur bekroon. In 2011 verskyn die tweede boek, Abel se lot, en die derde boek in die trilogie, Die afreis van Abel Lotz, is nou beskikbaar. Karsten woon in Kanada.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment