Kliekclick stel bekend ’n splinternuwe skryfkompetisie vir ’n baie spesiale Afrikaanse publikasie in Junie 2014.
Enige iemand van 9 tot 100 jaar kan inskryf. Ervare skrywers en splinternuwe skrywers is ewe welkom.
Vir die baie spesiale publikasie soek Kliekclick stories vir lesers van ongeveer 9 tot 12 jaar oud.
Daar is twee kategorieë:
Verhale vir insluiting in dié publikasie sal gekies word op grond van oorspronklikheid, kreatiwiteit en vermaaklikheid. Lekkerlees is die kode-woord.
Kliekclick se doelwit is tweeledig:
Lekker leespryse is op die spel wat ’n e-leser en Kalahari.com-geskenkbewyse insluit.
Die sluitingsdatum vir die skryfkompetisie is 30 April 2014. Inskrywings kan per e-pos (sam@buitendach.co.za) of facebook-boodskap (https://www.facebook.com/kliekclick) ingestuur word.
Kompetisie-kriteria volg.
Wat kan jy skryf?
Vir wie moet jy skryf?
Lesers van ongeveer 9 tot 12 jaar oud moet die stories kan geniet.
Daarom moet die karakters in die stories kinders wees en praat soos kinders vandag Afrikaans praat. Die stories moet gaan oor goed wat vir hierdie kinders lekker, snaaks of scary is.
Hoe moet jy die stories instuur?
Alle stories moet elektronies aangestuur word.
As jy ’n aanhangsel gebruik, moet dit in Word-formaat wees.
Wanneer moet die stories klaar wees?
Die inskrywings vir die skryfkompetisie sluit 30 April 2014.
Indien jy voor die tyd klaar is stuur solank jou storie per e-pos of per facebook-boodskap na sam@buitendach.co.za of https://www.facebook.com/kliekclick, saam met die volgende inligting:
Hoekom sal mens skryf?
OMDAT JY DIE WONDERLIKSTE PRYSE KAN WEN SOOS
Die beste prys van allles is natuurlik dat jou storie opgeneem word in die nuwe geheime PUBLIKASIE! Saam met jou stories sal daar ook ’n kort onderhoud met jou gevoer word en jou foto sal op sosiale media gepubliseer word.
Neem deel aan Kliekclick se skryfkompetisie vir ’n lekker lees-kick
André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”
EK HET MY STORIE GESTUUR – VAN JEANETTA GROENEVELD – SPOOKSTORIE – BANGMAAK – ±480 WOORDE.