Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Wêreldwyd

MyAfrikaans se voorraad bestaan tans uit 3 720 Afrikaanse en Engelse eBoeke wat die top Suid-Afrikaanse uitgewers soos NB, Lapa en Random House Struik insluit.  eBoeke het vinnig die voel-voel beginfase verbygesteek en vandag verkies miljoene lesers eBoeke bo die gedrukte boek.  Stap net in Europa en Amerika deur enige aankomssaal of koffiewinkel en sien hoe lesers die nuutste topverkoper roman, tydskrif of selfs strokiesprente geniet op hulle eLeser, Android-toestel, iPad of slimfoon.  As lesers gevra word hoekom hulle digitale teks verkies, word die volgende redes opgenoem: bekostigbaarheid, gerief, die draagbaarheid van die eLees-toestelle en toeganklikheid tot miljoene eBoeke met die druk van ʼn knoppie.  Dit is nog nie nodig om jou boekrak by ʼn motorhuisverkoping aan te bied en braaivleis met die boeke te hou nie, maar eBoeke is besig om vinnig veld te wen.

eBoeke is die medium van die toekoms en dit is die ideale kanaal om Afrikaanse boeke te verskaf aan die miljoene Afrikaanse lesers wat in die buiteland woon.  MyAfrikaans is ʼn digitale uitgewer en multimedia inhoud diensverlener wat fokus op die internasionale Afrikaanse lesersmark, laer profiel skrywers en klein projekte van hoër profiel skrywers.  Die ontwikkeling van digitale uitgewersbedryf gee nuwe moontlikhede aan skrywers om hulle boeke self as eBoeke uit te gee.  Die skrywer kan nou die dienste koop wat hy of sy spesifiek benodig.  Die dienste sluit onder meer redigering, digitale ontwerp en bemarking in.  Mark Levine, outeur van die eBoek: The Fine Print of Self-Publishing, skryf dat digitale uitgewerstegnologie die koste om ʼn boek uit te gee aansienlik verminder het.  Die ongelooflike groei van die internasionale e-leser en tablet-rekenaarmark het die vraag na eBoeke ongelooflik laat toeneem.  Skrywers van eBoeke behou gewoonlik alle regte op hulle eBoeke en hulle winsmarge is hoër as by tradisionele uitgewers.

Die onderneming ondersteun skrywers met die uitgee van hulle eBoeke met die volgende dienste: redigering, buitebladontwerp, uitleg, omskakeling na eBoek-formate, bemarking, toegang tot sosiale netwerke, die ontwerp van webtuistes en strategieë wat die eBoek voorsien van internetverkeer.  Die internasionale eBoek-uitgewers het ook gewoonlik soos MYAFRIKAANS hulle eie eBoek-winkel.

Die kardinale aspek van selfpublikasie is om aandag te vestig op die skrywer se eBoeke.

MyAfrikaans se diens word om daardie rede aangedryf deur hulle EBOEKWINKEL, blogs en sosiale netwerke.  Die bemarkingstrategie van myAfrikaans is gerig daarop om die eBoek sigbaar te maak vir internet-soekenjins.

Wat daarvan om sommer nou ʼn eBoek of twee te gaan aanskaf?

via Wêreldwyd.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment