This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.
Waar kan ek Afrikaanse digters in eboeke kry – bv van Wyk Louw, Opperman, ens?
Gert, kyk by http://myafrikaans.com/e-boeke/digbundels.html vir digbundels wat op die oomblik beskikbaar is.
Ek sit met ‘n moerse probleem. Kindle of Kobi ??
Glad nie so ‘n groot probleem nie! Lees hier: http://andrebeukes.com/afrikaanse-eboeke/die-kobo/
Gaaf. Dankie Andre. Maar ek verstaan nogsteeds nie die verskil nie ? En wat van die Gobi ? Wat sou jy aanbeveel ? Ek dink die Kindle is net verdomp te duur ?
Die ding is dat die Kindle ‘n geslote sisteem het wat beteken dat jy net by hulle boeke kan koop en jy besit nie regtig die boeke nie. Die boeke moet deur ‘n Kindle leser gelees word waar jy inteken en Amazon kan die boeke verwyder as hulle wil. Lesers is ook teleur gestel dat Kindle so min Afrikaanse boeke het. Die res van die e-lesers gebruik Adobe Digital Editions waar jy eBoeke kan koop waar jy wil en lees op jou e-leser. My raad is koop die goekoopste e-leser soos die Gobi of Kobo en bele later in ‘n tablet-rekenaar wat Adobe en Kindle kan lees.
Andre. Ek bedank jou. Jy sê presies wat ek wil hoor. 🙂 (En my sak pas).
So was ek nou by ons Pick en Pay … hulle hou nie die Kobo aan soos geadverteer nie. Dion wired het net Kindles, so ook Hi Fi corp. Tegnologie is ‘n tekort hier in Rustenburg. Swak. Kan mens nie die Kobo aanlyn koop nie ?
Het jy hier gekyk? https://shop.pnp.co.za/b2c_pnp/partner/kobo/index.html. Kalahari is dalk ook n opsie. Jammer díe Sony reader is nie beskikbaar nie.