Crafford, destyds die hoof van die misdaadtoneel-ondersoekeenheid in Mpumalanga, het veral bekend geword nadat hy in ’n koerantfoto in 2012, met betraande oë die lykie van Wiehan Botes (vyf maande) by sy ouerhuis op Delmas uitgedra het. Die baba is saam met sy oppasser, Margrietha de Goede (66), vermoor. Sy ouers, Wiets (33) en Rita (32) Botes, het ná die treurspel weer ’n tweeling, Waldu en Anushka, ryker geword. Crafford het die babas vroeër vanjaar ontmoet en dié keer trane van blydskap gestort.
Crafford was een van die forensiese speurders tydens die moord en latere verkragting op Liesl Bredenhann in Februarie 1988 in Herlear, Kimberley, waar hy toe gewerk het. Hy word ook deur haar ma, Douwleen Bredenhann, in haar 2010-boek, ’n Hemelhoë hekkie, bedank vir sy knap speurwerk en empatie. “Ons het die kaalvoet-hakspoor by die heining gesien en later haar balletklere in die heining gekry. Ons het dadelik aangeneem dit was die huiswerker se kêrel. Maar hy was by die werk. Ons moes besef het die moordenaar sal nie kaalvoet rondloop nie, hy het tyd gehad om die balletklere te versteek en die honde het nie geblaf nie, want hulle het hom geken. Ons het die volgende dag na verdagtes in die buurt gekyk en die 16-jarige Piet Strydom (skuilnaam) geïdentifiseer. Hy het later gebieg. Hy is net op haar moord skuldig bevind.”
Meer oor die eBoek: ‘n Hemelhoë hekkie
Op ’n normale Vrydagaand in 1988 is Douwleen Bredenhann se dogter Liesl wreed vermoor. ’n Hemelhoë hekkie is ’n hartverskeurende ware verhaal van skok, pyn en geleidelike heling.“Eg, sober en met die krag van die waarheid … In ’n geweldsgeteisterde land soos Suid-Afrika kan hierdie ontroerende boek antwoorde bied en hoop gee.” -Maretha Maartens
via Die Burger : Keerpunt was die dra van babalykie.
André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”
Recent Comments