Android

Alhoewel e-lesers dalk nog nie so bekend is om Afrikaanse eBoeke te lees nie, beskik die meeste huishoudings wel oor ‘n Android toestel,’n iPad/iPhone of oor ‘n Blackberry slimfoon.

Met ‘n mobiele toestel soos ‘n selfoon is dit moontlik om jou versameling gunsteling Afrikaanse eBoeke in jou broeksak of handsak te hou. Nooit weer hoef jy die ou tydskrifte te lees in die dokter se wagkamer nie! Of om te sukkel om jou elmboë in ‘n vliegtuigsitplek tussen jou medepassasiers se ribbes te posisioneer om ‘n boek te lees nie. Kry jy nie kans om die nuutste Afrikaanse boek te koop in ‘n boekwinkel nie, laai dit eenvoudig af op jou selfoon of tablet-rekenaar! Wat ‘n uitkoms vir die besige sakeman wat nie tyd kry om die nuutste Afrikaanse boek oor bestuursbeginsels te lees nie, wat vinnig ‘n paar bladsye op sy slimfoon kan verorber waar hy wag op sy volgende afspraak.

Die meeste gebruikers wat die geheim van eBoeke ontdek het laai hul gunsteling Afrikaanse eBoek op hul tablet-rekenaar en slimfoon. ‘n Slimfoon word gereeld gebruik om vinnig ‘n tydjie af te knyp om die nuutste afrikaanse eBoek te lees en die tablet-rekenaar om luilekker by die huis te ontspan. In hierdie artikel gaan die eenvoudige proses om Afrikaanse eBoeke op jou Android apparaat te lees bespreek word en in deel twee sal ons meer kyk na die iPad en iPhone.

Android was tot kort voor die openbare bekendstelling op 5 November 2007 bekend as die gPhone. Dié bekendstelling het gepaard gegaan met die stigting van die Open Handset Alliance, ‘n konsortium van 47 hardeware, sagteware, en telekommunikasiemaatskappye wat belangstelling het in die bevordering van oop standaarde vir mobiele toestelle.

‘n Tablet-rekenaar is ‘n draagbare rekenaar wat groter is as ‘n mobiele foon of ‘n elektroniese dagboek, met ‘n geïntegreerde aanraakskerm wat ook as sleutelbord dien. Die meeste tablet-rekenaars gebruik die Android of die iOS bestuurstelsel van Apple. Die waarde vir geld, betroubaarheid en gerief van die Android bedryfstelsel maak tablet-rekenaars wat van die bedryfstelsel gebruik maak uiters gewild by gebruikers wêreldwyd.

Dit is ook belangrik om kennis te dra oor wat “Apps” is om ten volle die Android toestel te kan gebruik. “Apps” is programme wat toepassings het vir slimfone en tablet-rekenaars met addisionele gerieflike funksies vir die gebruiker. Een so ‘n toepassing is ‘n “App” wat die gebruiker in staat stel om eBoeke te lees en te beheer. Op die Android toestel is daar ‘n funksie waar die gebruiker verbind word met die Android Market aanlyn winkel waar toepassings afgelaai kan word en waarvan vele gratis is.

Afrikaanse eBoeke kan eenvoudig met die Aldiko Book Reader toepassing gelees word op Andriod toestelle. Die Aldiko sagteware kan gratis verkry word by die Android Winkel.

Om Afrikaanse eBoeke op jou Android toestel te lees is die volgende sagteware nodig:

-  Die Aldiko Book Reader App (wat op jou Android toestel gelaai is)

-  Adoby Digital Editions.

Kliek hier oor meer inligting oor wat Adoby Digital Editions is.

Volg die volgende maklike stappe om Afrikaanse eBoeke op jou slimfoon te lees. Die stappe hoef slegs die eerste keer gevolg te word, daarna is kan eBoeke moeitevry op jou slimfoon gelees word.

Stap 1

Installeer die gratis Aldiko Book Reader App op die Android toestel van jou keuse. Kliek op die Android Market/Google play toepassing op die Andriod toestel en soek na “Aldiko Book Reader App” of kliek hier om die gratis toepassing te installeer om Afrikaanse eBoeke te lees.

Stap 2

Instaleer Adobe Digital Editions  op jou persoonlike rekenaar of op jou tablet-rekenaar.

Kliek hier vir ‘n stap vir stap verduideliking oor hoe om Adobe Digital Editions af te laai.

Tydens die installasie van Adobe Digital Editions sal die gebruiker gevra word om sy rekenaar te magtig om eBoeke af te laai (Authorize Computer). Skep ‘n Adoby ID indien jy nie reeds een het nie.

Nadat jou rekenaar gemagtig is, gaan dan na die Aldiko toepassing op die tablet-rekenaar of slimfoon en magtig dit met jou Adoby ID. Dit is baie eenvoudig om die Aldido toepassing te magtig om die Afrikaanse eBoeke te lees wat jy by myafrikaans.com gekoop het en jou rekenaar en slimfoon hoef net die eerste keer gemagtig te word!

Kliek op die Aldiko toepassing (Aldiko app) op die toepassingsbladsy (device applications menu) van die Android toestel.

Kliek dan op die keuse-knop (menu button) van die toestel en kies instellingskeuses (settings).  Kies Adobe DRM en voer jou persoonlike Adobe ID in. Hierna is jou Android toestel gemagtig om die Afrikaanse eBoeke van myafrikaans.com te lees.

Stap 3

Koop Afrikaanse eBoeke by myafrikaans.com en stoor dit op jou persoonlike rekenaar of tablet-rekenaar. Nadat ‘n Afrikaanse eBoek by myafrikaans.com gekoop is, sal jy ‘n aflaai-skakel ontvang. Die Afrikaanse eBoek kan ook afgelaai word deur te kliek op “my digitale produkte” by jou rekening by myafrikaans.com. Die lêer wat afgelaai word het ‘n .acsm-formaat wat beteken dat dit slegs gelees kan word met ‘n rekening by Adobe. Adoby Digital Editions sal dadelik die .acsm lêer, outomaties oopmaak. Die lêer kan gelees word met Adoby Digital Editions of oorgedra word na ‘n ander toestel. Om die eBoek oor te dra van ‘n persoonlike rekenaar na ‘n slimfoon kan die dokument gevind word in die sub-lêer “my digital editions” onder die lêer “mydocuments”. (Windows: your-home-directory/My Documents/My Digital Editions). As die eBoek opgespoor is, kan die leer oorgedra word na die interne geheue of SD kaart van die slimfoon.

Stap 4

Dra jou Afrikaanse eBoek oor na jou slimfoon. Verbind jou slimfoon met die rekenaar en vind die interne geheue of SD kaart van die toestel.

Gaan na die “eBooks” lêer op die slimfoon. Die “eBooks” lêer  word outomaties geskep as Aldiko geïnstalleer word.  Sleep die Pdf of ePub lêer vanaf  ”my digital editions” na die slimfoon se geheue.

Ontkoppel die slimfoon van die rekenaar. Open Aldiko e-leser op die slimfoon.

Kies “files” by Aldiko en open die Afrikaanse eBoek by “eBooks”. Die Afrikaanse eBoek is nou gereed om gelees te word.

Ek het ook ‘n baie nuttige toepassing ontdek waarmee jou slimfoon draadloos gesinkroniseer kan word met jou rekenaar. Kyk gerus na die AirDroid toepassing.

Lees verder oor die onderwerp.

Junie is lees-maand. 20% afslag op alle eBoeke! Besoek myafrikaans.com nou! Gebruik koeponkode “leesjuni ” om die afslag te ontvang.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kliek hier om alles per vonkpos te ontvang

Join 326 other followers

  • Ster eBoeke van die week: 17 Mei- 2013
    20% Korting op die eBoeke wat die afgelope week die meeste besigtig is! Anderkant die scrap Agt en veertig uitgesoekte Dana-stories. Vir lesers wat wou weet wie daardie mense op die omslag van Dana se blitsverkoper Uit die binneland was, lê hy nou familie uit in die storie “Familiefoto”. Maar eintlik is al die mense in sy stories familie met dieselfde kwaal: […]
  • Nuwe Audio-boek in Afrikaans
    Spesiale Aanbieding! Bestel die volledige Audio-boek by bestelling@myafrikaans.com vir slegs R200,00! Ná sy aftrede het Frederick J. Smith (62) verveeld geraak. Toe begin hy hygromans skryf. Hoekom? Want, sê hy, Afrikaanse liefdesromans kort oemf! Sy nuutste erotiese boek, Maskers, is onlangs bekend gestel. Dit is die derde boek in die fiksie-trilogie Geen g […]
  • Volop Afrikaanse eBoeke
    Meer as 750 eboeke in Afrikaans wat by NB-Uitgewers se onderskeie drukname verskyn het, is nou ook aanlyn as e-boeke ook beskikbaar by myafrikaans.com. Dit sluit in topverkoper-boeke deur Deon Meyer, Marita van der Vyver, Anchien Troskie, Dana Snyman en Ena Murray. Die e-boeke kan op enige e-boekleser, tablet, rekenaar of slimfoon gelees word. Die volledige […]
  • Ster eBoek van die week: Steel vir my 'n dogter
      Magda Small se Afrikaanse eBoek: Steel vir my 'n dogter word met trots bekend gestel. Meer oor Magda Small: Ek het as plaaskind in die Bronkhorstspruit omgewing groot geword, vandat ek kan onthou was ek lief vir lees en Geskiedenis, ek wou altyd skryf maar dit het nooit gebeur nie. Later is ek getroud met die groot liefde van my lewe, het twee wonderl […]
  • Ster eBoek van die week: 'n Nuwe wildernis
    Gert van der Westhuizen skryf oor 'n Nuwe wildernis: Oor Suid-Afrika se Grensoorlog van 1966 tot 1989 in Namibië en Angola sal daar sekerlik nooit genoeg geskryf kan word nie. Daar is immers by die 500 000 dienspligtiges in dié tydperk opgeroep en baie – talle van hulle was destyds onwillige soldate – moet nog hul wedervaringe verwerk. Veral noudat hull […]
  • Halfprys ster eBoek 14-20 April 2013: Engele in die vreemde
    Ster eBoek deur Chris Schoeman is slegs vir die week beskikbaar teen 50% korting! Na die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog het honderde vroue hul moederlande verlaat en na Suid-Afrika gekom, sommige op soek na avontuur, ander met ’n egte begeerte om die slagoffers van die oorlog te help. Hulle het van reg oor die wêreld gekom – van Brittanje en sy kolonies, […]
  • Ster eBoek van die week: Kaalkop
    Ek het selfs al ’n boek geskryf met dié titel en voor ek eendag my laaste asem uitblaas, sal die verpleegster langs my bed se naam seker ook Dinsdag wees. Só hardloop ek op ’n Dinsdagoggend om 10:25 by ’n regeringskantoor in. Ek moet my nuwe paspoort gaan haal, daarna moet ek iewers my aansoek om ’n visum indien en daarna moet ek betyds op die lughawe wees v […]
  • Ster eBoek van die week: Wolf Wolf deur Eben Venter
      Op die skerm van die kring-TV sien hy dit: twee skerp gepunte hondeore by die voorhek. ’n Wolfhond? Hy hou die knoppie in en tuur na die blougrys nagtoneel – en die buitengewoon groot hondekop wat hom stip aanstaar. Daar is iets aan die stil blik van die donker oë wat nie heeltemal reg lyk nie, en die oomblik dat die hees stem oor die luidspreker kom, weet […]
  • Aanstaande Jaar in Jerusalem, 'n eBoek wat elke afrikaner moet lees
    Andrew Barlow skryf so oor sy nuwe eBoek, Aanstaande Jaar in Jerusalem: In die sewende eeu voor Christus was die Jode verdeel in twaalf stamme wat wydverspreid was oor `n groot gebied in die Midde Ooste. Tien van die stamme het gewoon in die noordelike gebied en slegs twee in die suidelike gebied. Hulle getalle was nie baie groot nie maar hulle was moeilike […]
  • eBoek oor die evolusie, wetenskap en geloof
    Die eBoek van Jaap Durand ondersoek die wisselwerking tussen evolusie,wetenskap,en,geloof. Hierdie eBoek word teen 'n spesiale prys van R55.08 bekend gestel.  Kliek hier om die moet-lees Boek te koop! In die tweede helfte van die 19de eeu is die evolusieleer met krag en oortuiging as ’n wetenskaplike teorie voorgedra. Met die verloop van jare het meer e […]
Pinterest

Andre Beukes

myafrikaans.com

Flickr Photos
Swartskaap

nasleep

Lig soos 'n klip

More Photos
Goodreads
No data found
Book recommendations, book reviews, quotes, book clubs, book trivia, book lists
Webring
Powered by WebRing.
This site is a member of WebRing.
To browse visit Here.
Google +
Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 326 other followers

%d bloggers like this: