Maak jou droom waar om die internasionale handel te betree met ‘n webwerf

‘n Webwerf is onontbeerlik indien jy ‘n eBoek of enige ander produk suksesvol wil bemark.

‘n Eie webwerf vir jou produk het die volgende voordele:

- Kredietwaardigheid, Kredietwaardigheid, Kredietwaardigheid,

- Kliënte en besigheidsvennote sal jou ernstiger opneem,

- Die eBoek, produk of diens sal gelys word deur Internet- soekmasjiene wat beteken jy word vinnig en maklik deur bestaande en nuwe kliënte gevind.

- Internasionale kliënte kom op jou voorstoep.

Die wegspringplek is om ‘n domeinnaam en diensverskaffer te vind. MyAfrikaans se dinamiese internasionale span kan jou sonder enige inspanning van jou kant af met beide behulpsaam saam wees. ‘n Gevatte, maklik vindbare domeinnaam is natuurlik ontsaglik belangrik in die sukses van jou webwerf. Baie mense dink dat al die beste domeinname al beset is maar dit is nie so nie! Kreatiwiteit moet aan die dag gele word met die keuse van ‘n domeinnaam. ‘n Kwaliteit domeinnaam is net so belangrik soos die “regte” adres is vir byvoorbeeld ‘n bekende advokate kantoor.

‘n Betroubare Internet-gasheer is ‘n moet want die webwerf moet 24 uur van die dag beskikbaar wees vir kliënte in alle wêrelddele.

Myafrikaans maak van uiters effektiewe en professionele web-gashere gebruik in Duitsland. MyAfrikaans het kantore in Rotterdam, Frankfurt en San Diego wat Afrikaanssprekendes bemagtig om die dinamiese internasionale Internet-tegnologie gemeenskap te betree.

Die wêreld ekonomie het die afgelope dekade oor geskakel van ‘n diensgedrewe ekonomie na ‘n kennis-ekonomie. Skaars kennis vloei oor die internetbane en word nie beheer deur doeanebeamptes of korrupte regeringsamptenare nie. Die internasionale mark is so naby soos jou naaste internet aansluiting. Met uitstekende aanlynbetalingsplatforms soos Paypal of Moneybookers is ‘n transaksie met die Oekraïne makliker as met die kafee op die hoek!

Die fasilitering van die ontwikkeling Afrikaanse eBoek sektor is een van myAfrikaans se primere doelwitte. Dit net nie meer geregverdig dat die Suid-Afrikaanse gebruiker aan die agterspeen moet suig as dit dinamiese eBoek tegnologie kom nie. Vir die eerste keer is daar in 2012 meer eBoeke in die VSA verkoop is gedrukte boeke! Net ter illustrasie hoe Suid-Afrika agter geraak het met internasionale neigings is dat daar maandeliks 27100 gebruikers in Nederland na die term “eBoeken” op Google soek.

MyAfrikaans fokus op vier hoof dienste:

- Om Suid-Afrikaanse en Afrikaanse skrywers te bemagtig om self hul eBoeke te publiseer (selfpub),

- Bemarking van Suid-Afrikaanse eBoeke,

- Webwerf ontwikkeling en generering van web-verkeer,

- Bemagtiging van Suid-Afrikaanse entrepreneurs om die dinamiese mark van internasionale handel te betree.

Kontak ons vandag:  mail@myafrikaans.com

Image: FreeDigitalPhotos.net

Met betrekking tot

http://linkd.in/HxkpjJ

Posted in Afrikaanse eboeke

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kliek hier om alles per vonkpos te ontvang

Join 336 other followers

  • Anna Esteen se Afrikaanse Resepte eBoeke
    Anna Eksteen het vir baie jare in ’n restaurant gewerk en net soos wat sport, brei, kralewerk vir mense ’n stokperdjie is, is die samestelling van resepte boeke as eBoeke haar stokperdjie.  Dit gebeur so dikwels dat vroue 'n aanloklike resepte sal sien by familie of vriende, dan skryf hulle dit gou neer vir die resepteboek wat hulle "eendag" g […]
  • Ster eBoeke van die week: 17 Mei- 2013
    20% Korting op die eBoeke wat die afgelope week die meeste besigtig is! Anderkant die scrap Agt en veertig uitgesoekte Dana-stories. Vir lesers wat wou weet wie daardie mense op die omslag van Dana se blitsverkoper Uit die binneland was, lê hy nou familie uit in die storie “Familiefoto”. Maar eintlik is al die mense in sy stories familie met dieselfde kwaal: […]
  • Nuwe Audio-boek in Afrikaans
    Spesiale Aanbieding! Bestel die volledige Audio-boek by bestelling@myafrikaans.com vir slegs R200,00! Ná sy aftrede het Frederick J. Smith (62) verveeld geraak. Toe begin hy hygromans skryf. Hoekom? Want, sê hy, Afrikaanse liefdesromans kort oemf! Sy nuutste erotiese boek, Maskers, is onlangs bekend gestel. Dit is die derde boek in die fiksie-trilogie Geen g […]
  • Volop Afrikaanse eBoeke
    Meer as 750 eboeke in Afrikaans wat by NB-Uitgewers se onderskeie drukname verskyn het, is nou ook aanlyn as e-boeke ook beskikbaar by myafrikaans.com. Dit sluit in topverkoper-boeke deur Deon Meyer, Marita van der Vyver, Anchien Troskie, Dana Snyman en Ena Murray. Die e-boeke kan op enige e-boekleser, tablet, rekenaar of slimfoon gelees word. Die volledige […]
  • Ster eBoek van die week: Steel vir my 'n dogter
      Magda Small se Afrikaanse eBoek: Steel vir my 'n dogter word met trots bekend gestel. Meer oor Magda Small: Ek het as plaaskind in die Bronkhorstspruit omgewing groot geword, vandat ek kan onthou was ek lief vir lees en Geskiedenis, ek wou altyd skryf maar dit het nooit gebeur nie. Later is ek getroud met die groot liefde van my lewe, het twee wonderl […]
  • Ster eBoek van die week: 'n Nuwe wildernis
    Gert van der Westhuizen skryf oor 'n Nuwe wildernis: Oor Suid-Afrika se Grensoorlog van 1966 tot 1989 in Namibië en Angola sal daar sekerlik nooit genoeg geskryf kan word nie. Daar is immers by die 500 000 dienspligtiges in dié tydperk opgeroep en baie – talle van hulle was destyds onwillige soldate – moet nog hul wedervaringe verwerk. Veral noudat hull […]
  • Halfprys ster eBoek 14-20 April 2013: Engele in die vreemde
    Ster eBoek deur Chris Schoeman is slegs vir die week beskikbaar teen 50% korting! Na die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog het honderde vroue hul moederlande verlaat en na Suid-Afrika gekom, sommige op soek na avontuur, ander met ’n egte begeerte om die slagoffers van die oorlog te help. Hulle het van reg oor die wêreld gekom – van Brittanje en sy kolonies, […]
  • Ster eBoek van die week: Kaalkop
    Ek het selfs al ’n boek geskryf met dié titel en voor ek eendag my laaste asem uitblaas, sal die verpleegster langs my bed se naam seker ook Dinsdag wees. Só hardloop ek op ’n Dinsdagoggend om 10:25 by ’n regeringskantoor in. Ek moet my nuwe paspoort gaan haal, daarna moet ek iewers my aansoek om ’n visum indien en daarna moet ek betyds op die lughawe wees v […]
  • Ster eBoek van die week: Wolf Wolf deur Eben Venter
      Op die skerm van die kring-TV sien hy dit: twee skerp gepunte hondeore by die voorhek. ’n Wolfhond? Hy hou die knoppie in en tuur na die blougrys nagtoneel – en die buitengewoon groot hondekop wat hom stip aanstaar. Daar is iets aan die stil blik van die donker oë wat nie heeltemal reg lyk nie, en die oomblik dat die hees stem oor die luidspreker kom, weet […]
  • Aanstaande Jaar in Jerusalem, 'n eBoek wat elke afrikaner moet lees
    Andrew Barlow skryf so oor sy nuwe eBoek, Aanstaande Jaar in Jerusalem: In die sewende eeu voor Christus was die Jode verdeel in twaalf stamme wat wydverspreid was oor `n groot gebied in die Midde Ooste. Tien van die stamme het gewoon in die noordelike gebied en slegs twee in die suidelike gebied. Hulle getalle was nie baie groot nie maar hulle was moeilike […]
Pinterest

Andre Beukes

myafrikaans.com

Flickr Photos
More Photos
Goodreads
No data found
Book recommendations, book reviews, quotes, book clubs, book trivia, book lists
Webring
Powered by WebRing.
This site is a member of WebRing.
To browse visit Here.
Google +
Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 336 other followers

%d bloggers like this: