http://andrebeukes.com/office-in-europe/
Nederland maak dit ‘n bietjie makliker vir ambisieuse ondernemers om ‘n onderneming in Nederland te begin.
Omdat Nederland bekend staan as die Europese Weskus vir hoë tegnologie en nuwe-besigheid-ontwikkeling is ‘n kraakvars nuwe “Start-Up” visum bekend gestel. Die nuwe visum lê die oranje mat uit vir ambisieuse ondernemers.
Nederland gee vir mense buite die Europese Unie wat besighede hier wil begin nou die geleentheid. Die “Start-up” visa word verskaf vir een jaar waarin daar van die aansoeker verwag word om onder die leiding van ‘n ervare fasiliteerder ‘n nuwe innovatiewe diens of projek te ontwikkel. ‘n Visum word gewoonlik verskaf vir ‘n tydperk tot 90 dae en ‘n verblyfspermit vir ‘n tydperk langer as 90 dae.
Hoe lyk ‘n innovatiewe diens of produk?
‘n Produk of diens kan as innovatief beskou word as daar aan ten minste aan een van die volgende drie vereistes voldoen word:
- Die produk of diens is nuut in Nederland,
- Nuwe tegnologie of ‘n nuwe tegniek van vervaardiging, verspreiding of bemarking is van toepassing,
- Innovatiewe organisasie prosedures en of metodes.
Wat gebeur as hierdie jaartydperk van die visum verby is?
Na ‘n jaar kan die verblyfspermit verleng word in terme van die skema van selfstandige ondernemers. Die skema vir immigrante met hoë vaardighede (highly skilled migrants) is hier van toepassing. Die hoë vaardighede werkspermit word vir vyf jaar verskaf en daarna kan dit gewysig word na permanente verblyfsvergunning in die EU of die persoon kan aansoek vir burgerskap.
Wat is die vereistes om as ‘n hoë vaardighede immigrant geklassifiseer te word.
‘n Salaris/wins van :
- Applikant jonger as 30 jaar : 38 466 euro per jaar,
- Applicant ouer as 30 jare 52 462 euro per jaar.
Bogenoemde salaris kan ook byvoordele insluit.
Hierdie immigrante ontvang ook ‘n 30% belastingvrye toelaag op hul bruto salaris.
Redes hoekom Nederland oorweeg moet word:
#1
Die invloedrykste en voorloper multi-nasionale ondernemings is in Nederland gevestig. Dit gee ondernemers die geleentheid om ‘n idees vinnig in Europa te toets en verskaf ‘n poort na die res van die wêreld.
#2
Waar ‘n onderneming ookal gevestig in Nederland is dit nooit meer meer as 90 minute weg van ‘n hoë tegnologie cluster af nie. Voorbeelde van die clusters is:
Den Haag: Sekuriteit
Leiden: Biotech
Utrecht: Gesondheidsdienste
Friesland: Watertegnologie
Twente: Hoë tegnologie sisteme en materiale
Delft: Industriële sisteme en inligtingstegnologie
Wageningen: Voedsel en Landbou
Rotterdam: Hawegtenologie, mediesetegnologie, energie en kos
Groningen: Data tegnologie en energie
Limburg: Logistiek, voedsel en en slim-materiale
Amsterdam: Kreatief, internet, hoë tegnologie sisteme, ekonomie en finansies
Brainport Eindhoven: Hoë tegnologie sisteme en materiale
Arnhem/ Nijmegen: Gesongheidstegnologie en energie
#3
As dit hier werk, sal dit enige plek in die wêreld werk. Omdat Nederlander “early adopters” van tegnologie is die land nog altyd gesien as as ‘n ideal toetslaboratorium vir nuwe uitvindings.
Voorbeelde van Nederlandse uivindings:
Proudly part of StartupDelta
Like this:
Like Loading...