DOING BUSINESS IN THE EU


Doing business in the EU

Woudfontein #eBoek

WoudfonteinWoudfontein #eBoekToe luitenant Roelf Bester die Wiskunde-onnie Tron Marais byna kat­swink slaan het hy geweet daar kom moeilikheid … Wat hy nie geweet het nie, is dat dié moeilikheid ’n verhoging en ’n verplasing sou insluit. Skielik is hy nou kaptein Bester, bevelvoerder van die piepklein polisiestasie op Woudfontein, naby Knysna. Hier moet hy en sy twee kollegas na vermiste luislange soek, spanning tussen die pater en pastoor ontlont en ou tannies wat groot rewolwers rondswaai paai. Totdat Tron Marais as moontlike psigopaat in die Pik Botha Sanatorium, net buite Woudfontein, opgeneem word. Tron is verbitterd en woedend oor die onreg wat Roelf hom aangedoen het. Hy is geslepe en hoogs intelligent. En hy is besig om sy wraakplan vir kaptein Roelf te verfyn …

Kry nou 'n kantoor vir jou besigheid in Europa!

Kry nou ‘n kantoor vir jou besigheid in Europa!


Koop die eBoek hier! 

Resensie JB Roux 

Hannes Haasbroek het, volgens die flapteks van sy debuutroman, onder meer tydskrifverhale en ’n biografie oor Bram Fischer, ’n Seun soos Bram (2011), gepubliseer. In Woudfontein: ’n spanningsverhaal, maak luitenant Roelf Bester moles en word vir sy moeite beloon deur tot kaptein bevorder en na ’n piepklein polisiestasie op die piepklein dorpie Woudfontein, buite Knysna, gestuur te word.

Hy word deur die pittige konstabel Woody Forrest en die bekkige Fien Le­patle bygestaan en maak kennis met Veronica, met wie hy meer as vriende sou wou wees. Wat bronstigheid betref, hoef Roelf nie vir ander helde in dié genre terug te staan nie. Wat maak dit tog saak dat haar ma ’n selferkende alkoholis is?

’n Kliniek vir geestesversteurdes – om die een of ander rede genoem na Pik Botha – het onlangs naby Woudfontein geopen. Tron Marais, Roelf se nemesis, is in dié kliniek opgeneem. Marais is ’n moorddadige psigopaat en hy het sy mes in vir die jong polisieman omdat hy (Roelf) die onaangename gewoonte het om Marais met ’n almagtige vuishou plat te slaan. Dié vyandigheid is wedersyds: Roelf hou selfs minder van Marais nadat dié gesorg het dat Roelf na ’n gehuggie gepos word.

’n Russiese femme fatale, ’n bliksem met ’n masjiengeweer, is versot op Marais en moet hom help ontsnap. Dié spulletjie word deur ’n eksentrieke sekte met ’n eksentrieke pastoor, ’n Knysna-olifant, ’n tantetjie wat booswigte met ’n enorme pistool platskiet, twee houtkappers uit ’n vergange era, ’n ontsnapte luislang en ’n drankverslaafde psigiater aangevul.

Lesers kan nie verkwalik word as hulle, nadat hulle met die karakters en agtergrond van die verhaal kennis gemaak het, agteroor sit om ’n vrek lekker storie te geniet nie.

’n Storie – of ’n sirkus?

Lees verder.

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

I am an International human resources consultant to multinational companies in international employment law and employee relations.

Leave a Comment