Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Wie is God?

Afrikaanse eBoeke: Wie is God regtig? Darin Hufford, Struik Christian Media, R67.20

Daar is sekere goed wat ons oor God geleer is en wat ons oor Hom glo. Is dit noodwendig waar?

In die Afrikaanse eBoek Wie is God regtig? ondersoek Darin Hufford sogenaamde eienskappe van God om te bepaal of dit wel so is.

Hy vra byvoorbeeld:

• Is God kwaad?

• Veroordeel God mense?

• Is Hy teleurgesteld?• Hou God lysies?

• Is Hy onbetroubaar?

Een vir een weerlê Hufford hierdie leuens wat ‘godsdiens’ons geleer het.

En uiteindelik kom hy uit by die ware God –die God van liefde.

Die God van 1 Korintiërs 13. Hy kom totdie gevolgtrekking dat die meeste mense geleer het om aanGod te dink as die teenoorgestelde van liefde. Die gevolg isdat hulle verward en onseker is oor God se ware aard.

Wie isGod regtig? los die verwarring op en vervang dit met diewonderlike wete wat sin maak – dat God liefde is!

 

Bestaan God? Lees hoe antwoord www.GotQuestions.org

Is daar bewyse dat God bestaan?” Dit is baie interessant dat so baie aandag aan hierdie vraagstuk gegee word. Jongste meningspeilings dui daarop dat 90% van die wêreld se bevolking in die bestaan van God of ’n groter mag, glo. Op een of ander manier word verwag dat diegene wat glo in die bestaan van God, bewyse moet lewer dat Hy wel bestaan. Ek dink dit moet eerder andersom wees. Die bestaan van God kan egter nie as waar of onwaar bewys word nie. Die Bybel sê ons moet deur geloof die feit dat God wel bestaan, aanvaar, “Dit kan nie gebeur as ’n mens nie op God vertrou nie. En daar is goeie rede voor: ’n mens sal God net soek en na Hom toe gaan as jy oortuig is en vertrou dat Hy dáár is en dat Hy mense wat na Hom toe kom met oop arms ontvang” (Hebreërs 11:6). Indien God dit so wil hê, kan Hy net verskyn en sodoende aan die wêreld bewys dat Hy wel bestaan. As hy dit egter sou doen, sal daar geen nodigheid vir geloof wees nie. “Jesus sê vir hom: ‘Is jy oortuig omdat jy My gesien het? Wel, die mense wat My nie soos jy sal sien nie, maar My tog met oorgawe aanvaar, gaan van geluk oorloop” (Johannes 20:29). Dit beteken egter nie dat daar nie bewyse vir God se bestaan is nie. Die Bybel sê: “As jy opkyk na die hemel, sien jy hoe mooi God se handewerk alles rondom ons versier. Alles wat Hy gemaak het, vertel hoe belangrik Hy is. Dis of die een dag met die volgende dag praat en die een nag vir die volgende nag fluister. Hulle dra die boodskap van God se eer en grootheid vêrder oor. Maar jy hoor geen geluid nie; hulle praat nie met mensewoorde nie. Hulle boodskap word versprei sonder klanke” (Psalm 19:1-4).

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

Leave a Comment