Working in the Netherlands


Working in the Netherlands

Warmgemaakte eBoeke

Nou het ek alles gehoor!

Hoe sal jy daarvan hou om ‘n eBoek soos Kringe in ‘n bos te lees en te hoor hoe die olifante trompetter en die wind deur die bos waai. Uitgewers stel nou eboek weergawes vry van gewilde werke met ‘n klankbaan van klassieke musiek en klankeffekte soos die klank van reën op ‘n sinkdak.

Afrikaanse eBoek

Die stelsel gebruik tegnologie om te bepaal hoe vinnig ‘n leser lees en speel dan ‘n klankbaan wat pas by die storielyn. Die aangrypende geluide word weergegee soos die storielyn ontvou. Die eerste multimedia eboek is laas week in die Verenigde Koninkryk vrygestel.

Die Engelse The Adventures of Sherlock Holmes: The Adventure of the Speckled Band het agtergrondgeluid van stortreën,  donderslae en bloedstollende gegil.

Sjoe! So kry die lees ‘n riller van François Bloemhof alleen in jou kamer op ‘n spookagtige nag nuwe mening. Ek sien al hoe moet ek net keer om nie my my e-leser van skrik op die grond neer te goei as iemand met ‘n byl aangeval word en ek hoor die klank van byl op kopbeen en bloed wat spat. Natuurlik luister jy met ‘n oorfoon na die klankbaan van die Afrikaanse eBoek wat bydra dat jy al kaar afgesonder is van die wêreld en die effek net nog meer intens maak. Natuurlik sal daar ‘n waarskuwing moet wees op die Afrikaanse eBoek, dat dit nie bedoel is vir mense met ‘n swak hart nie!

Romeo and Juliet  deur William Shakespeare is die volgende eBoek wat gaan volg met ‘n klankbaan. Die nuwe tegnologie is bekend gestel in die Verenigde Koningryk deur Booktrack. Peter Thiel wat ‘n medestigter is van Booktrack, is ook ‘n raadslid van Facebook en die man agter die PayPal konsep.

Kyk gerus na die YouTube video, die lees van so ‘n eboek soos volg beskryf:  “totally immersive experience that pulls the reader into the author’s world and allows the real world to melt away”. Die klankbaan van hierdie eboeke word aangedryf deur tablet-rekenaars soos die iPad. As die leser ‘n oomblik sy lees wil onderbreek hoef hy net aan die skerm te raak en die klankbaan word onderbreek. Die Universiteit van New York het bevind dat tegnologie soos die aandag span van die leser verbeter. Dit is letterlik dat die leser net nie die boek kan neersit nie! Ek kan nie wag om ‘n Afrikaanse eBoek te lees met hierdie tegnologie nie!

Bron: www.telegraph.co.uk

Google

Andre Beukes LLM

Andre Beukes LLM

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

  • Facebook
  • LinkedIn

1 Comment

  •    Reply

    wow! Ek het al lankal gedink dat dit gaaf sou wees om agtergrond geluide( bv die ruis vd see ens te hoor…..) nou moet hulle nog net reukaktiveerders ook bysit: plantereuke vir die bos, seereuke, parfuum, en lekker gebraaide tjips….. so nou en dan ‘n bietjie sweet….!

Leave a Comment